Previous Page  6 / 92 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 92 Next Page
Page Background

4

d

ie dringendheid verbonde aan die snelheid waarmee

die einde van die jaar naderkom en alles wat voor

dan gefinaliseer moet word, hou al die kerse hier by

Graan SA aan die brand. Met die skrywe hiervan was

die reën in die noorde skaars en wou die produsente in

die suide begin stroop om seker te maak dat al die graan

so spoedig moontlik in die silo’s beland.

Dit is ook ’n tyd van uiterstes – wat net al meer onsekerheid by al-

mal meebring. Hier en daar ontvang ons goeie nuus – wat ons

opgewonde maak – en dan weer is daar blatante vyandigheid jeens

die organisasie en sy lede wat ’n mens nie kan verstaan nie.

Een so saak was die onlangse stigting van nog ’n organisasie

vir graanprodusente deur ’n voormalige lid van Graan SA se Hoof-

bestuur. Dit is beslis nie in belang van eenheid in landbou nie en

dit is net logies dat ’n rasgebaseerde organisasie nie ’n toekoms in

die land kan hê nie.

Dit voel soos planttyd in georganiseerde landbou. Dit dreun in elke

enjinkamer en die rook trek. Die ligte brand laat en ons eet in die

hardloop. Diesel is duur en tyd is min. Almal stap ’n ekstra myl of

selfs twee. Daar word ’n groot aantal vergaderings op grondvlak

gehou en emosies loop hoog. Mense raak krapperig met mekaar.

In al die geharwar kom die wysheid van Salomo na ons: “’n Gedul-

dige mens het meer waarde as ’n bedrewe vegter; ’n mens met self-

beheersing meer as iemand wat ’n stad inneem.” Die uitdaging is:

Hoe bly ’n mens kalm en pas selfbeheersing toe as dit só gaan? Dit

klink bomenslik. Tog is dit moontlik.

My raad aan jou is dat jy na daardie plek toe gaan waar jy kan

stil word en van alles om jou kan afskakel sodat jy kan onderskei tus-

sen feit en flater. Dan neem jy die feite en bepaal jou rigting vir die

toekoms. Dít is nie iets wat van nature gebeur nie. Die meeste van

ons wil net vinniger en harder werk om al die balle in die lug te hou.

Stop en dink is ’n groter uitdaging as om sommer net weer ’n rigting

in te slaan sonder om deeglik te besin oor die koers wat jy kies.

Die Agri SA Kongres was een so ’n ligpuntjie in die afgelope tyd.

’n Netjiese opsomming van al die Kongresbesluite oor grond wat

ons sedert 2001 geneem het, is verskaf. Wat vir my uitgestaan het, is

die feit dat ons deur die jare, ten spyte van al die druk, uiters konse-

kwent was. Ons leiers het ons netjies in die middel van die pad gehou.

Die uitdaging is nou om vir ander ook te wys waar die middel van

die pad is en só ’n bydrae te lewer om implementering op ’n vol-

houbare wyse te laat geskied. Dit is sodanige konsekwentheid wat

respek vir ’n organisasie in die hand werk en wat veroorsaak dat

die land se politieke leiers met ons wil saamwerk in hul soeke na

oplossings.

Dit is hier waar geduld inkom: Ons moes geduldig wag totdat al

die geraas verbygewaai het (ons mog nie saam raas nie). Eers daarna

het oproepe vir samewerking na vore gekom. Dit bly ’n uitdaging,

maar dit bly ook die regte ding om te doen.

Prof Quinton Johnson (voorsitter: Suid-Afrikaanse Instituut vir

Grond, Erfenis en Menseregte) het ook ’n belangrike waarheid aan

ons as lede van die kongres voorgehou toe hy die volgende gesê

het: “Nothing about us, without us!” Hierdie sêding is waarskyn-

lik gebore uit die vakbondwese ’n klompie jare gelede, maar dit is

vandag nog net so van toepassing – en seer sekerlik geld dit vir

ons as georganiseerde landbou ook.

Agri SA het homself as organisasie uitstekend geposisioneer om

deel te hê aan die soeke na oplossings vir die toekoms. Dit gaan

beslis nie maklik wees nie, maar my geloof in dít waarvoor ons staan

en dít wat Louw Steytler (voormalige Graan SA-voorsitter) soveel

maal vir ons gesê het: “The centre will hold” is weer bevestig

.

’n Tyd van UITERSTES

JANNIE DE VILLIERS,

HUB/CEO

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

November 2018

Ons leiers het

ons netjies in die

middel van die

pad gehou

.