Previous Page  10 / 92 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 92 Next Page
Page Background

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Swartlandskou bring

mense bymekaar

L

andbouers en landbousektor-rol-

spelers het van regoor die Wes-

Kaap – en ander provinsies – gereis

om die jaarlikse Swartlandskou

op Moorreesburg by te woon. Hierdie

geleentheid bied aan plaaslike produsente

en insetverskaffers die geleentheid om

hul produkte, asook nuwe tegnologie, aan

mede-landbouers en die publiek ten toon

te stel.

Graan SA het ons lede by hierdie intieme

plattelandse landbouskou, wat vanaf

5 tot 8 September plaasgevind het, by ’n

gemaklike ledelokaal ontvang waar hulle

die geleentheid gehad het om met ons

Graan SA-bestuurslede, bemarkers en

ekonome te gesels.

Die algemene gemoedstemming onder

produsente was, met die goeie jaar op

hande, besonder positief. Graan SA het by

die skou ook, in samewerking met Kaap

Agri en Nedbank, ’n insiggewende paneel-

bespreking aangebied met die tema “Die

kwynende winsmarges in die graanbedryf”.

Sprekers het mnr Jaco Minnaar (voorsitter

van Graan SA), dr Dirk Strydom (bestuurder:

Graanekonomie en Bemarking, Graan SA),

prof Ferdi Meyer (Buro vir Voedsel- en Land-

boubeleid) en mnr Sean Walsh (HUB van

Kaap Agri) ingesluit.

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder, Graan SA

Die Swartlandskou op Moorreesburg groei elke jaar, maar behou steeds

die karakter van ’n intieme plattelandse skou.

8

November 2018