Previous Page  3 / 92 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 92 Next Page
Page Background

1

November 2018

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Conrad Basson, Brett Binnekade, Willem Botes, Pietman Botha, dr Maryke Craven, Mariëtta Cronjé, prof Chris S Dannhauser, Jannie de Villiers, Alzena Gomes,

Jan Greyling, Simon Hodgson, dr Willem Hoffmann, Paul Janse van Rensburg, ds Koos Kirsten, Raylene Kleinhans, Helenus Kruger, Louise Kunz, Corné Louw,

Karina Muller, Charné Myburgh, Owen Rhode, Francois Rossouw, dr Jeanetta Saayman-du Toit, Nadine Schutte, prof Stefan Siebert, Douw Steyn, George Steyn,

dr Johann Strauss, Liana Stroebel, Gerrie Trytsman, prof Johnnie van den Berg, Luan van der Walt en Petrus van Rooyen

m

y swaer-hulle se dogter – die oudste kleinkind in ons

familie – skryf vanjaar matriek. Die matriekafskeid-

rok was skaars in die kas weggepak of daar moes

agter die boeke ingeskuif word. Dit het my sommer

aan my skooldae herinner.

Voor ’n eksamen moes ek altyd eers my kamer skoonmaak en my

lessenaar en notas organiseer, regpak en netjies maak voor ek kon

begin studeer. (Miskien was dit ’n bietjie van ’n uitsteltegniek...?) Ek

kan steeds nie behoorlik funksioneer as dit rondom my deurmekaar is

nie…’n Geordende chaos werk net eenvoudig nie vir my nie.

Dit is een van die dinge waaroor ek en my huismense – veral tydens

’n naweek (wanneer hulle net ’n bietjie wil ontspan en nie noodwendig

wil opruim nie) – die heel meeste vassit. Dit is vir my ontspannend

om na organiseerwenke op Pinterest te soek en televisieprogramme

te volg waar ’n span inwals en iemand se huis van bo tot onder

regpak en organiseer...Nie vir my huismense nie! En met dié dat die

einde van die jaar naderspoed, is dit mos nou juis die ideale geleent-

heid om orde in jou huis en werksplek te skep – voor die nuwe seisoen,

nuwe jaar en nuwe skooljaar begin.

Maar voor dan moet ’n mens seker ook vakansie gaan hou. In ons

kollig op buitelewe en reis vertel Francois Rossouw, aanbieder van

4x4SPORT op RSG, meer van die toere wat hulle na die mooiste, mees

afgeleë en ongeskonde plekke onderneem – en wat ’n mens nét met

’n 4x4 kan bereik. Volgens hom kan jy sonder ’n gids wat die omge-

wing ken, maklik verdwaal of bitter naby aan die natuurskatte verby

ry sonder om daarvan te weet. Op bladsy 48 verduidelik hy onder an-

dere hoe hulle die roetes beplan.

Dink jy daaraan om ’n 4x4 te koop? Lees op bladsy 49 watter as-

pekte om in ag te neem wanneer jy besluit watter 4x4 om te koop.

Francois sê daar is nie meer ’n ding soos ’n slegte 4x4 nie, maar wel

voertuie wat swak diens lewer, “omdat dit vir ’n doel aangewend word

waarvoor dit nie geskik is nie”.

En van matriek gepraat...Deesdae is daar mos maar min geleenthede

waarheen jy kan optof soos wat ons na die matriekafskeid van ouds

gedoen het. Een só ’n geleentheid waarna ons dames jaarliks uitsien,

is die Graan SA Toekenningsgeleentheid, waarvoor manlief sy manel-

pak uit die kis moet haal en jy jou behóórlik kan uitvat vir dié skit-

tergeleentheid. Baie geluk aan elke produsent wat tydens die aand ’n

toekenning ontvang het. Julle maak ons trots! Kyk gerus op bladsy 13

tot bladsy 22 wie toekennings ontvang het.

Lekker lees (en regpak) tot aanstaande maand.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

W

eidingsgewasse word al meer as dekgewasse

aangewend – veral waar lewende hawe as

laaste element in ’n siklus op dié dekgewasse

geplaas word. Daar is verskillende opsies en

verskillende stelsels wat deel vorm van bewarings-

landbou, wat oorweeg kan word. Op

bladsy 28

tot

bladsy 37

kyk

PROF CHRIS S DANNHAUSER

(emeritus professor: Weidingkunde) in drie artikels

na die gebruik van weidingsgewasse as dekge-

wasse in bewaringslandbou.

’n

Nuwe NAMPO-seisoen het aangebreek. Toe

die helder Overbergson in September oor die

groen koring- en die goudgeel kanolalande digby

Bredasdorp Park kop uitsteek, het Graan SA se

werk in die suide ’n nuwe era begroet. Altesaam

16 245 besoekers het die eerste NAMPO Kaap van-

jaar bygewoon.

JAN GREYLING

(vryskutjoernalis)

het die geleentheid namens die tydskrif bygewoon

en lesers kan van

bladsy 23

af loer wie almal

daar was.

D

ie genoomvolgordebepaling van broodkoring

is uiteindelik afgehandel. Op

bladsy 77

verduidelik

WILLEM BOTES

(Universiteit van

Stellenbosch) wat dit beteken. “Soos wat ons as

navorsingsgemeenskap voortbou op die werk,

gaan ons meer effektief met die identifikasie

van gene word. Ons sal ook volgordebepaling

geroetineerd vanaf ons eie programme se

teelmateriaal doen.”

I

n the article on

page 40

,

GERRIE TRYTSMAN

(independent researcher) discussed the following

CA aspects under investigation at the cover crop

screening trial on the farm Humanskraal, Ottosdal

area: Maize grain yields and water use efficiency

and soil organic matter and the role it fulfils in

regenerating the soil with the co-operation of

microorganisms.

H

ELENUS KRUGER

se liefde

vir fotografie het reeds op

skool wortel geskiet. “Die

aanvoeling daarvoor het ek

sekerlik by my kunstige ma

geërf. Ek het vinnig besef

dat ek my sakgeld kan aanvul deur foto’s

aan my maats te verkoop. Nadat ek op

Harrismith gematrikuleer het, het ek fotografie by Central University

of Technology (wat toe bekend was as Vrystaat Technikon) studeer,”

vertel hy. “Ek het ’n paar jaar as fotograaf by die Departement van

Landbou gewerk, wat aan my ’n agtergrond in landboufotografie

besorg het. Landbou is tans steeds ’n omgewing waarin ek lief is

om te werk.”

Sy gunsteling tydverdryf is reis en die Karoo is een van sy voorkeur-

bestemmings. Hy doen graag reis- en dokumentêre fotografie vir ont-

spanning; is getroud met Carien, ’n joernalis by

Landbouweekblad

en

hulle het twee hondekinders, die Skotse Terriërs Bika en Teran.

Helenus is een van die beoordelaars in ons fotokompetisie en het

ook die foto’s by die Graan SA Toekenningsgeleentheid in Oktober

geneem. Foto’s van dié geleentheid is op

bladsy 13 tot bladsy 22

te sien.