Previous Page  27 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 27 / 84 Next Page
Page Background

25

June 2018

Isuzu, wat tradisioneel vir sy KB-bakkies en vragmotors bekend is,

se nuwe MU-X is ‘n sportnutsvoertuig (SNV) met sewe sitplekke.

Hier is Craig Uren (Isuzu Motors Suid-Afrika) by dié een wat vanjaar

vir die eerste keer by NAMPO te sien was. Dit word deur ‘n 3 liter-

turbodieselenjin aangedryf.

Monosem se Quad-Max-presisieplanter is ‘n skyfplanter wat kon-

vensioneel of met geenbewerking en oor 12- tot 36-rye kan plant. Dit

word vir ‘n groot verskeidenheid rywydtes gebou en dien korrelkuns­

mis en saad met swaartekrag toe. Die een model is vir rywydtes

van 45 cm tot 60 cm ontwerp en die tweede vir rywydtes van

60 cm tot 152 cm. Beide word in Suid-Afrika deur Monotec vervaar-

dig, met planteenhede uit Frankryk. Johan Grobler het die uitstalling

help beman.

Een van die grootste werktuie op vanjaar se Oesdag was die Ver-

satile DeltaTrack 620-model, wat deur die Suid-Afrikaanse JWL uit

Kanada ingevoer word. Dit het ‘n luukse, besonder gerieflike en ruim

kajuit met meer as 8 m

2

se vensters. Hoewel dit ongeveer 27 ton

weeg, kan dit ‘n pad-spoed van tot 35 km/h haal. Van links is Werner

Nel (JWL), Pavel Titov (Versatile in Kanada), Michelle Mostert en

Hennie van der Walt (albei van JWL).

Tekenend van die groei in die op-die-plaas-opberging van graan, het

GSI ‘n stewige span op die Oesdagterrein gehad. Agter: Tony Clouston,

Natasha Coleman, Lanus Meyer, William Lucas en Dwight Botha.

Voor: Jaco Barnard en Phillip Wessels.

Jupidex het twee nuttige nuwe masjiene vir Suid-Afrika se groeiende

aantal pekanneut-produsente bekend gestel, wat vanaf die Franse

vervaardiger AMB Rousset ingevoer word. Dié R19-oesmasjien oes

tussen 45 minute en een en ‘n kwart uur per hektaar. Die tweede is

‘n skudmasjien, die VHT. Hiermee kan ‘n trekker reg langs ‘n ry bome

verbyry terwyl elke boom geskud word om die neute te laat val. Vir

jong boorde kan die veërs voor op die trekker geïnstalleer word. By

die R19 is Jose de Nobrega (Jupidex in Suid-Afrika) en Renaud

Rousset (AMB Rousset in Frankryk).

Cerealis het Precision Planting se jongste verbeterde 20/20-data­

stelsel vir die eerste keer tydens NAMPO gedemonstreer. Dit behels

‘n raakskerm waarop al jou belangrikste plantinligting, soos plant-

digtheid, plantplekke wat oorgeslaan is en die konstante handha­

wing van die korrekte afwaartse druk, digitaal en intyds in die kajuit

aangedui word. Johan Reichel (links) is van die Cerealis-groep se

tegniese dienste-afdeling en Frikkie Boshoff behartig onderdele en

bestellings.