

Junie 2018
22
Terugblik
Graan SA/Grain SA
Voermol voorsien lekke en voerkraalrantsoene vir al jou wintervoe
dingsbehoeftes. Voermol Premix 450 en Voermol Dundeelekkonsen-
traat is die ideale winterlekke vir die beesprodusent wat optimale
vleisproduksie nastreef. Voermol se SB100 en SB200 is dié voerkraal-
konsentrate vir bees en skaap. Renier Muller (Voermol), het aan ‘n
kliënt, Tiesie Muller (produsent van Frankfort), middel, verduidelik
watter voordele dit vir hom inhou en Sas le Roux (Voermol) het hom
ondersteun.
Rolfes Agri is daartoe verbind om hul doelwit met betrekking tot
die ontwikkeling, formulering en vervaardiging van innoverende
landboukundige produkte van konsekwente hoogstaande gehalte vir
beide plaaslike en internasionale markte gestand te doen. Deur dit te
doen, gebruik Rolfes Agri die nuutste tegnologiese ontwikkeling om
te verseker dat waarde tot die produkte en besigheid van hul kliënte
toegevoeg word. Leoné Vermaak (Rolfes Agri) was hier in gesprek
met Gerrie Ludick (‘n kliënt en ook van Inteligro) en Pieter Peacock
(Rolfes Agri).
Gerrie Ludick (Inteligro) is hier by Anton Barnard (produsent en kliënt
van Thabazimbi), wat van Inteligro se chemikalieë vir bosindringing
en die skoonmaak van lyndrade gebruik. Inteligro doen, plantvoeding
en gewasbeskerming.
RCL Foods: Animal Feeds (Molatek en Epol) se tegniese adviseurs
staan hier by ‘n kliënt, Pieter van Wyk (derde van regs) tydens
NAMPO: Koos van Rensburg, Gerrit Venter, Espee Olivier, Pieter van
Wyk (produsent, Riversdal), Kobus Gerber en Neale White. Molatek
het spesifieke produkte op spesiale aanbod vir elke area in die land
tot en met einde Junie. Kontak gerus die tegniese adviseur in jou
gebied om meer uit te vind.
Inteliseed versprei Syngenta-groentesaad en -sonneblomsaad,
Southern Hemisphere Seeds se soja- en sonneblomsaad en Brazseed
se weidingsaad. Kontak agente landswyd of besoek
www.inteli-
chem.co.za
. Op die foto is Tiaan de Waal en Lenie Verster (albei
van Inteliseed).
Yara Crop Nutrition bied nou ook hul wye reeks kwaliteitprodukte
aan alle produsente in die noorde van die land. Die reeks sluit in
Procote™ as ‘n vloeibare kunsmis-
coating
met sekere spoorelemente.
Toediening van spoorelemente as ‘n vloeistof op korrelkunsmis het
nie net groot agronomiese waarde vir plante nie, maar verhoog ook
vryvloei van kunsmiskorrels en afname in stof. Petro Gnäde (Yara
Crop Nutrition) het meer hieroor aan Francois Smit (‘n produsent en
kliënt van Derby) vertel, met die ondersteuning van Chrisna Heuer en
Pieter Brink (albei van Yara Crop Nutrition).
Stewige NAMPO-bywoning