Previous Page  22 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 22 / 84 Next Page
Page Background

Junie 2018

20

Terugblik

Graan SA/Grain SA

Waheed Dawood (Klerksdorp) en sy twee seuns, Mohammad en

Taahir, het by die LNR-Kleingraan-uitstalling meer oor koring en die

gebruik van ander wintergewasse kom uitvind. Die LNR-Kleingraan

het onlangs ‘n nuwe kultivar, Tredou, vir voorlopige vrystelling

voorgelê. Dit het ‘n medium- tot langgroeiseisoen en beskik oor

effektiewe strooisterkte, pitvastheid en uitloopweerstand.

Cor, Cornu en Robert Cross (almal van Ohrigstad) saam met Vlam

Barnard (Northmec) by die Case IH Acial Flow 7140-stroper. Die

Klas 7-enkelrotorstroper het ‘n 280 kW-enjin en ‘n 10 600 liter-

graantenk en kan teen 113 liter/sekonde uitlaai.

PAN 5R-801BR is Pannar se nuwe witmieliekultivar wat die

MON89-geen bevat. Dit is ‘n mediumgroeier en is veral geskik vir

watertafelgronde. Die kultivar het ‘n sterk opkoms – veral in sand-

gronde wat baie waai. Jacques Odendaal en DW de Villiers (albei van

Senwes Bultfontein) het by Stefan Prehn, links en Martin Bullock,

regs (albei van Pannar) kom kers opsteek oor die saadmaatskappy se

nuwe kultivars.

Mary James (LNR-Graangewasse), Hestia Nienaber en Chrissie Miles

(albei van LNR-Kleingraan) deel ‘n ligte oomblik tydens die Oesdag.

Die drie dames het die Dinsdag by die LNR-stalletjie diens gedoen en

besoekers se vrae oor graangewasse beantwoord.

Robert Paver (OMB Landini) vertel vir Willem Kirsten (Makwassie)

meer oor die McCormick X8.680. Die trekker het ‘n maksimum

enjinkrag van 224 kW teen 1 900 revolusies. Dit kom standaard met

‘n voorhyser en is toegerus met ‘n Isobus-

ready

, standaardgeveerde

vooras met ‘n hidroulies-geveerde kajuit.

Pioneer is bitter trots op hul nuwe kultivars P 3058 WY en P 2864 WBR.

Volgens Heinz Oellerman (Pioneer), regs, is P 3058 WY aanpasbaar

vir die westelike dele en word dit veral aanbeveel vir die droë dele en

westelike watertafelgronde. P 2864 WBR bevat die MON810-geen,

terwyl P 2865 WBR die MON89-geen bevat. Saam met hom is Kobus

van Rooyen, Rohann Havenga en Jacques Havenga (almal van Delmas).

Stewige NAMPO-bywoning