128
Jaarverslag 2018
annual report 2018
1.8 Waardedaling van bates
Die entiteit evalueer op elke verslagdoeningsdatum of daar enige
aanduiding is dat eiendom, aanleg en toerusting se waarde mag daal.
Indien daar enige sodanige aanduiding is, word die verhaalbare
bedrag van enige geraakte bate (of groep van verwante bates) beraam en
met sy drabedrag vergelyk. Indien die beraamde verhaalbare bedrag laer
is, word die drabedrag verminder na sy beraamde verhaalbare bedrag, en
'n waardedalingsverlies word onmiddellik in wins of verlies erken.
Indien ’n waardedalingsverlies daarna omswaai, word die drabedrag
van die bate (of groep van verwante bates) verhoog na die hersiene
beraming van sy verhaalbare bedrag, maar nie meer as die bedrag wat
bepaal sou word indien geen waardedalingsverlies vir die bate (of groep
van bates) in die vorige jare erken is nie. ’n Omswaai van waardedaling
word onmiddellik in wins of verlies erken.
1.9 Werknemervoordele
Korttermynwerknemervoordele
Die koste van korttermynwerknemervoordele (daardie wat betaalbaar
is binne twaalf maande nadat die diens gelewer is, soos betaalde
verlof en siekverlof, bonusse en nie-monetêre voordele soos mediese
sorg) word erken in die tydperk waarin die diens gelewer is en word nie
verdiskonteer nie.
1.10 Voorsienings en gebeurlikhede
Voorsienings word erken wanneer die entiteit ’n verpligting het op
die verslagdoeningsdatum as gevolg van ’n gebeurtenis in die verlede;
dit waarskynlik is dat die entiteit vereis sal word om ekonomiese
voordeel oor te dra in vereffening; en die bedrag van die verpligting
betroubaar beraam kan word.
Voorsienings word gemeet teen die huidige waarde van die bedrag
wat na verwagting nodig sal wees om die verpligting te vereffen deur
gebruik te maak van ’n voorbelaste koers wat die huidige markevalu-
ering van die tydwaarde van geld en die risiko’s eie aan die verpligting
weerspieël. Die styging in die voorsiening weens tydsverloop word as ’n
rente-uitgawe erken. Voorsienings word nie vir toekomstige bedryfsver-
liese erken nie.
1.11 Inkomste
Inkomstes word gedefinieer as bestuursfooie, huurinkomstes en
ledebydrae. Ander inkomste bestaan uit borgskappe, kommersiële
inkomste en ander diverse inkomstes.
Inkomste word bereken teen die billike waarde van die teenprestasie
wat ontvang is of ontvangbaar is en verteenwoordig die ontvangbare
bedrae vir dienste wat in die normale gang van sake verskaf word, na
aftrekking van belasting op toegevoegde waarde.
Wanneer die uitslag van die transaksie wat dienslewering behels,
nie betroubaar bereken kan word nie, word inkomste slegs erken ten
opsigte van die erkende uitgawes wat verhaalbaar is.
Ledebydrae is vrywillig van aard en word verantwoord wanneer die
fondse ontvang word.
Huurinkomste word op 'n toevallingsgrondslag in ooreenstemming
met die wese van die toepaslike ooreenkomste erken. Huurinkomste
word op 'n reguitlyngrondslag oor die huurtydperk erken, selfs al
word die betalings nie op 'n reguitlyngrondslag ontvang nie, of waar
betalings gestruktureer is om in lyn met inflasie toe te neem.
Rente word erken in wins of verlies deur gebruik te maak van die
effektiewerentekoersmetode.
Dividende word erken in wins of verlies wanneer die entiteit se reg
om betaling te ontvang, gevestig is.
1.8 Impairment of assets
The entity assesses at each reporting date whether there is any
indication that property, plant and equipment may be impaired.
If there is any such indication, the recoverable amount of any
affected asset (or group of related assets) is estimated and compared
with its carrying amount. If the estimated recoverable amount is lower,
the carrying amount is reduced to its estimated recoverable amount,
and an impairment loss is recognised immediately in profit or loss.
If an impairment loss subsequently reverses the carrying amount of
the asset (or group of related assets) is increased to the revised estimate
of its recoverable amount, but not in excess of the amount that would
have been determined had no impairment loss been recognised for
the asset (or group of assets) in prior years. A reversal of impairment is
recognised immediately in profit or loss.
1.9 Employee benefits
Short-term employee benefits
The cost of short-term employee benefits, (those payable within
twelve months after the service is rendered, such as leave pay and
sick leave, bonuses, and non-monetary benefits such as medical
care), are recognised in the period in which the service is rendered
and are not discounted.
1.10 Provisions and contingencies
Provisions are recognised when the entity has an obligation at the
reporting date as a result of a past event, it is probable that the entity
will be required to transfer economic benefits in settlement and the
amount of the obligation can be estimated reliably.
Provisions are measured at the present value of the amount
expected to be required to settle the obligation using a pre-tax rate that
reflects current market assessments of the time value of money and
the risks specific to the obligation. The increase in the provision due to
the passage of time is recognised as interest expense. Provisions are
not recognised for future operating losses.
1.11 Income
Income is defined as management fees, rental income and member
contributions. Other income consists of sponsorships, commercial
income and other sundry income.
Income is calculated at the fair value of the consideration received
or receivable and represents the receivables for services provided in
the normal course of business, after deduction of value added tax.
When the outcome of the transaction involving service delivery can
not be calculated reliably then revenue is recognised only in respect of
recognised expenses recoverable.
Membership contributions are voluntary and are accountable when
the funds are received.
Rental income is calculated on an accrual basis in accordance with
the essence of the applicable agreements recognised. Rental income
is recognised on a straight-line basis over the rental period, even if
payments are not made on a straightforward basis, or where payments
are structured to increase in line with inflation.
Interest is recognised in profit or loss using the effective interest
rate method.
Dividends are recognised, in profit or loss, when the entity’s right to
receive payment has been established.




