Previous Page  128 / 143 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 128 / 143 Next Page
Page Background

126

Jaarverslag 2018

annual report 2018

Finansiële instrumente teen geamortiseerde koste

Hierdie sluit in lenings, handelsdebiteure en handelskrediteure. Daardie

skuld-instrumente wat voldoen aan die kriteria in Artikel 11.8(b) van die

Standaard, word daarna teen geamortiseerde koste gemeet deur gebruik

te maak van die effektiewe rentekoersmetode. Skuld-instrumente wat as

bedryfsbates of -laste geklassifiseer is, word gemeet teen die onverdiskon-

teerde bedrag van die kontant wat verwag word om ontvang of betaal te

word, tensy die ooreenkoms effektief 'n finansieringstransaksie uitmaak.

Op elke verslagdoeningsdatum, word die drabedrae van bates

wat in hierdie kategorie gehou word, hersien om te bepaal of daar

enige objektiewe bewyse van waardedaling is. Indien daar objektiewe

bewyse is, word die verhaalbare bedrag beraam en met die drabedrag

vergelyk. Indien die beraamde verhaalbare bedrag laer is, word die

drabedrag verminder na sy beraamde verhaalbare bedrag, en 'n

waardedalingsverlies word onmiddellik in wins of verlies erken.

Handelsdebiteure

Handelsdebiteure word met aanvanklike erkenning teen billike waarde

gemeet en daarna teen die geamortiseerde koste bereken deur die effek-

tiewe rentekoersmetode te gebruik. Toepaslike voorsiening vir beraamde

onverhaalbare bedrae word in wins of verlies erken wanneer daar objek-

tiewe bewys is dat die bate oninbaar is. Beduidende finansiële probleme

van die debiteur, die waarskynlikheid dat die debiteur bankrot verklaar

sal word of finansiële herorganisasie sal ondergaan en wanbetaling of

agterstalligheid van betalings word as aanduiders beskou dat die handels-

debiteure aan waardedaling onderhewig is. Die erkende voorsienings

word bereken as die verskil tussen die bate se drabedrag en die huidige

waarde van die beraamde toekomstige kontantvloei, verdiskonteer teen

die effektiewe rentekoersmetode met aanvanklike erkenning.

Die drabedrag van die bate word verminder deur die gebruik van

’n voorsieningsrekening en die bedrag van die verlies word in die

wins of verlies in bedryfskoste erken. Wanneer ’n handelsdebiteur

oninvorderbaar is, word dit afgeskryf teen die voorsieningsrekening

vir handelsdebiteure. Bedrae wat voorheen afgeskryf is en daarna

ingevorder word, word as ander inkomste erken.

Kontant en kontantekwivalente

Kontant en kontantekwivalente bestaan uit kontant voorhande en

aanvraagdeposito's en ander hoogs likiede korttermynbeleggings wat

geredelik in ’n bekende kontantbedrag omskepbaar is en aan nietige

risiko's ten opsigte van waardeverandering onderhewig is. Dit word

aanvanklik en daarna teen billike waarde erken.

Finansiële instrumente teen billike waarde

Alle ander finansiële instrumente word deur wins en verlies teen

billike waarde gemeet.

Handelskrediteure

Handelskrediteure word aanvanklik teen billike waarde gemeet

en daarna teen geamortiseerde koste bereken deur die effektiewe

rentekoersmetode te gebruik.

1.5 Hure

’n Huur word as 'n bruikhuur geklassifiseer as dit aansienlik al

die risiko's en belonings verbonde aan eienaarskap aan die huurder

oordra. Alle ander hure is bruikhure.

Financial instruments at amortised cost

These include loans, trade receivables and trade payables.

Those debt instruments which meet the criteria in Section 11.8(b)

of the Standard, are subsequently measured at amortised cost

using the effective interest method. Debt instruments which are

classified as current assets or current liabilities are measured at

the undiscounted amount of the cash expected to be received or

paid, unless the arrangement effectively constitutes a financing

transaction.

At each reporting date, the carrying amounts of assets held in this

category are reviewed to determine whether there is any objective

evidence of impairment. If there is objective evidence, the recoverable

amount is estimated and compared with the carrying amount. If the

estimated recoverable amount is lower, the carrying amount is reduced

to its estimated recoverable amount, and an impairment loss is

recognised immediately in profit or loss.

Trade receivables

Trade receivables are measured at initial recognition at fair

value and subsequently calculated at amortised cost using the

effective interest rate method. Appropriate provisions for estimated

irrecoverable amounts are recognised in profit or loss when there

is objective proof that the asset is unreachable. Significant financial

problems of the debtor, the likelihood that the debtor will be declared

bankrupt or undergo financial restructuring and default or arrears

of payments are considered as indicators that trade debtors are

subject to impairment. The recognised provisions are calculated as the

difference between the asset's carrying amount and the present value

of the estimated future cashflow, discounted at the effective interest rate

method with initial recognition.

The carrying amount of the asset is reduced by the use of a pro-

visioning account and the amount of the asset loss is recognised in

profit or loss in operating expenses. When a trade debtor is irrecover-

able, it becomes written off against the provisioning account for trade

debtors. Amounts previously written off and thereafter are recognised

as other income.

Cash and cash equivalents

Cash and cash equivalents include cash on hand, demand deposits

and other short-term highly liquid investments with original maturities

of three months or less. Bank overdrafts are shown as a current

liability on the statement of financial position.

Financial instruments at fair value

All other financial instruments are measured at fair value through

profit and loss.

Trade payables

Trade payables are recognised initially at the transaction price and

subsequently measured at amortised cost using the effective interest

rate method.

1.5 Leases

A lease is classified as a finance lease if it transfers substantially all

the risks and rewards incidental to ownership to the lessee. All other

leases are operating leases.