Previous Page  12 / 143 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 143 Next Page
Page Background

10

Jaarverslag 2018

annual report 2018

Die kompetisie om swart graanboere te verteenwoordig en te befonds,

is besig om toe te neem in intensiteit, maar of dit in belang van eenheid

in landbou is, is debatteerbaar. Graan SA verwelkom enige inisiatief

om ons opkomende boere te ondersteun en ʼn beter afskop te gee. Die

organisasie het ook kennis geneem van die stigting van ’n nuwe swart

graanprodusent-vereniging. Dié ontwikkeling beïnvloed in geen mate

Graan SA se volgehoue toewyding en inklusiewe bediening van alle

graan- en oliesadeprodusente nie. Graan SA se fokus sal steeds wees

om ontwikkelende boere te ondersteun, ontwikkel en by te staan.

Leierskap

Goeie korporatiewe bestuur is van deurslaggewende belang in

die suksesvolle bestuur van die organisasie en ’n nuwe, onafhanklike

voorsitter van die Ouditkomitee het hom dié jaar by die leierskap van

Graan SA aangesluit. André Hanekom, ’n voormalige besturende

direkteur uit die voedselbedryf wat op die direksie van verskeie

maatskappye dien, het die leisels oorgeneem by Fanie van Zyl wat

in 2018 uitgetree het.

Ek bedank die lede van die Dagbestuur en Hoofbestuur vir hul

insette en bydrae tot Graan SA se doeltreffende funksionering. Ons

gekose leiers dra die vaandel in hul streke, maar werk ook dikwels

hand aan hand met Jannie de Villiers en sy uiters bekwame personeel.

Om die graanprodusente van ons land op verskeie forums binne en

buite die landbousektor te verteenwoordig, verg die aflê van duisende

kilometers, reistyd – en dikwels heelwat daarvan na-ure.

Namens die lede van Graan SA dra ek ons dank oor aan die

Uitvoerende Hoofbestuurder en personeel van Graan SA wat die

graanbedryf en ons as produsente deur hulle harde werk dien.

Die graanbedryf het vanjaar ’n paar strydrosse finaal gegroet. Ons

dink met leedwese aan Schalk Pienaar, voormalige voorsitter van Agbiz,

en Niel Giliomee, voorsitter van NAMPO Kaap, se afsterwe. Vic Mouton,

’n mielielegende en onder andere ook die laaste voorsitter van die Mie­

lieraad, is ook oorlede. Ons opregte meegevoel ook aan elke produsent,

plaaswerker en hul naasbestaandes wat in die afgelope jaar ons vooruit

gegaan het.

Vooruitsigte

Ons in landbou is in die afgelope jaar reeds gekonfronteer met die

onsekerheid van grondonteiening sonder vergoeding. Met ’n nasionale

verkiesing wat voorlê, is die kans skraal dat daar nie nog politieke

rukwinde gaan wees om te trotseer nie, terwyl die ongunstige klimaat

en ingetoë graanmarkte steeds ’n realiteit is.

Winsgewendheid en klimaatstoestande het die langtermyn volhou­

baarheid van graanproduksie in gedrang gebring en ons fokus sal

steeds wees om produsente met hierdie uitdagings by te staan.

Dink steeds strategies en toekomsgerig oor jou boerdery en kies

vennote wat waarlik waarde kan toevoeg. Ek bid vir U die Here se seën

en voorsienigheid toe vir die tye wat voorlê.

The competition to represent and fund black grain farmers is

intensifying, but whether this is in the interest of unity in agriculture

is debatable. Grain SA welcomes any initiative to support our emerg-

ing farmers and give them a better start. The organisation has also

taken cognisance of the establishment of a new black grain producer

association. This development in no way affects Grain SA’s sustained

commitment and inclusive service to all grain and oilseeds produc-

ers. Grain SA’s focus will still be to support, develop and assist

developing farmers.

Leadership

Good corporate governance is vital to the successful management

of the organisation and a new, independent chairperson of the Audit

Committee joined the leadership of Grain SA this year. André Hanekom,

a former managing director from the food industry who serves on the

boards of various companies, took over the reins from Fanie van Zyl,

who retired in 2018.

I would like to thank the Executive Committee and the Executive

for their inputs and contribution to Grain SA’s efficient functioning. Our

elected leaders bear the standards in their regions, but often work

hand in hand with Jannie de Villiers and his extremely competent staff.

Representing the grain producers of our country in various forums

inside and outside the agricultural sector requires travelling thousands

of kilometres, travelling time – and often a considerable part of this

after hours.

On behalf of the members of Grain SA, I would like to convey

thanks to the CEO and personnel of Grain SA who serve the grain

industry and us as producers through their dedicated work.

The grain industry took its final leave of a few veterans this year.

We think with deep regret of the passing of Schalk Pienaar, former

chairperson of Agbiz, and Niel Giliomee, chairperson of NAMPO Cape.

Vic Mouton, a maize legend and also – among other things – the

last chairperson of the Maize Board, also passed away. Our sincere

condolences to every producer, farmworker and their relatives who

preceded us during the past year.

Prospects

In the past year we in agriculture have already been faced by the

uncertainty of expropriation of land without compensation. With a

national election in the offing, the chances are slim that there will be

no further political squalls for us to weather, while the unfavourable

climate and timid grain markets remain a reality.

Profitability and climatic conditions have jeopardized the long-term

sustainability of grain production and our constant focus will be to still

assist producers with these challenges.

Continue to think strategically and with an eye to the future about

your farming operation, and choose partners who can truly add value.

May the Lord bless you and keep you in the times ahead.

Jaco Minnaar

Chairperson

Voorsitter