Previous Page  6 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 6 / 52 Next Page
Page Background

d

ie jaar 2018 sal in georganiseerde landbou bekend

staan as die jaar wat grondhervorming op die spits ge-

dryf is. Die beeld wat leiers moet voorhou, is een van

’n beter toekoms. Dit is presies waarmee georgani-

seerde landbou hom dié jaar besig gehou het.

Onteiening sonder vergoeding verteenwoordig beslis nie vir

enigeen ’n beter beeld van die toekoms nie. Dalk vir sommige van

die elite, maar beslis nie vir die miljoene stedelinge wat elke dag

supermark toe moet gaan om kos te koop nie. Die voorbeelde tydens

die Bela-Bela-konferensie het ’n prentjie van ’n beter toekoms

geskep. Ons hoop steeds dat dié prentjie sal realiseer.

Terwyl die stropers in die suide dreun (nadat die wind byna die

helfte van die oes weggewaai het), het die optimisme van graanpro-

dusente weer eens die asems van elke pessimis in die land wegge-

slaan met die eerste intensies om te plant: Die oppervlakte wat met

somergraan beplant gaan word, is ’n hele 182 190 ha

meer as verlede jaar. Wáár die hektare is, maak seker

nie saak nie, maar dít is nou vir jou optimisme!

Die winsgewendheid van die graansektor bly ’n rede

tot groot kommer. Dit kan maar net nie volhoubaar

wees om te hoop dat daar “iets” op internasionale

vlak sal gebeur wat winsgewendheid sal verbeter nie:

Iets soos ’n hoër olieprys wat die etanolbedryf in die

VSA weer laat kop optel, of ’n negatiewe uitkoms

ten opsigte van die handelsgevegte tussen die VSA

en China.

Dit mag dalk op die kort termyn vir Suid-Afrika se pro-

dusente voordele inhou, maar ons sal na iets meer

volhoubaars moet soek. Ons Graan SA-spanne is nog

volstoom besig om nuwe markte te vind, maar dit

neem aansienlik tyd om deur al die administratiewe

rompslomp te werk. Dit is veral vir die sojaboonbedryf

wat daar na nuwe markte gesoek word.

Om die jaar mee af te sluit, deel ek graag ’n paar

sentimente wat op georganiseerde landbou-vlak

tog ’n verskil maak en optimisme aanwakker: Die

onlangse gesprekke met ons top politieke leiers is

op ’n toon gevoer wat verskil van die gewone bakleiery

oor die verlede en die hede. Daar is hande van hulp

en samewerking uitgesteek – wat nie op al die vlakke

afwaarts in die hiërargie ervaar word nie. Ek het beleef

dat daar na oplossings gesoek word, wat ons nie net

moet ontwikkel en oorhandig nie, maar waarvan ons

ook in die toekoms deel moet wees. Dit gee hoop.

Laastens wil Graan SA ook graag vir oom Vic Mouton,

wat ons vooruitgegaan het, groet. Hy het bitter diep

spore in Graan SA gestap. Ons wil sy bydrae ook

graag op hierdie wyse eer.

Beeld van ’n beter toekoms

JANNIE DE VILLIERS,

HUB/CEO

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA