Previous Page  12 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 52 Next Page
Page Background

Desember 2018

10

NAMPO Kaap se toekoms lyk blink

L

oer wie was nog by die eerste NAMPO Kaap in September

vanjaar. Lees gerus ook die artikel “Nuwe Overbergse

gebeurtenis voeg groot waarde toe” op bladsy 13 oor die

nuwe NAMPO-seisoen wat aangebreek het.

GRAAN SA

Terugblik op NAMPO Kaap

JAN GREYLING,

SA Graan/Grain

medewerker

Deel 2

1: Fynbos en veldblomme is eie aan die Overberg se landboubedrywe. Fynbosprodusente en

-verwerkers verdien wêreldklas-inkomste deur blomproduksie en -verwerking. Marlene Vermeulen

van Bredasdorp het die proteas by NAMPO Kaap geniet.

2: Vroue is geestelik, intellektueel en kreatief verryk met ’n daaglikse program, wat deur Retha

de Villiers geopen is en wat kosvoorbereiding met Carmen Niehaus, Pedro Kruger se musiekver-

maak en tuiskuns met Tjhoko Paint ingesluit het. Hier is Dale Niehaus (links) en Marina Smith van

Chisel & Chalk (Durbanville) by Pedro Kruger.

3: Hierdie groot yster van Western Cape Lubricants se houding, astrantheid en brul het menige

NAMPO Kaap-besoeker laat stilstaan. Hier geniet Erenous Mawuyz, Brian Pearman en Keith Terry

die

Bigfoot

-bakkie.

4: Deelnemers en organiseerders van die OVK NAMPO Kaap Jeugskou: Skaaphantering: Cobus

Uys, Falan en Alfreda Mars (Middelpos), Gavin Jaars (Agri Dwala), Naomi Michaels (Goedgeloof),

Erik Simon (Kleinhawe), Tommy van Heyden (Kleinhoutkloof), Jacques Swart, Brian Michaels,

Erël Davids, Jannie Fourie (NWKV) en Frans Hugo (CMW).

5: Deelnemers in die junior-junior kategorie vir perdehantering by die NAMPO Kaap Jeugskou

was die kleingoed Zoon Jacobs (agter links) en Mabet Jacobs.

6: Pietie Groenewald (links) van Napier en Benjamin Simons van Bredasdorp het onderskeidelik

deelgeneem aan die senior en die junior Suiwelbees-kategorieë by die NAMPO Kaap Jeugskou.

7: Talle nuwe wiele van die land se voorste vervaardigers is tydens NAMPO Kaap bekend gestel.

Beide Ford en Toyota het ook met die 4x4-vernuf van hul nuutste modelle gespog.

1

2

3

5

6

7

4