Previous Page  9 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 52 Next Page
Page Background

Kontak gerus ons kliëntediens by:

011 790-8200 of customercare.sa@monsanto.com

DEKALB®

is

n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC.

Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Ons wens jou en jou geliefdes

’n feestyd gevul met liefde, lag en saamwees.

Mag elke dag vreugde inhou en die nuwe jaar geseën wees

met nuwe geleenthede en die geesdrif om die meeste van

elke dag te maak. Ons hier by

DEKALB®

sien daarna uit om

elke geleentheid saammet jou aan te pak.

FEESTYD IS FAMILIETYD!

uppemarketingA18732

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

d

it is al amper weer Kersfees en daar moet nog so baie

gedoen word! Die jaar is verby – en vir die meeste

mielieprodusente in die noorde is planttyd ook amper

verby. So stap die jare aan en so gaan ons voort van

een seisoen na die volgende.

Die Here leer ons egter in sy Woord dat ons nie ’n sikliese

geskiedenisbeskouing moet hê nie. Alles word nie jaar na jaar

herhaal sonder doel of rigting nie. Die Here is met ons op pad na

die eindtyd en ons moet elke geleentheid gebruik om ons en ons

kinders daarvoor voor te berei.

So kan Kersfees ’n wonderlike geleentheid wees om ons gereed

te maak vir die dinge wat kom. Die Here het die Israel van ouds

beveel om sekere instellings te onderhou. Hulle moes bakens en

gedenktekens oprig en sekere feeste op vasgestelde tye vier. In

Deuteronomium 6:20 en 21 lees ons dat hulle hierdie geleenthede

moes gebruik om hul kinders te onderrig om die Here te ken en

te dien.

Dit bring ons by Kersfees en ’n paar vrae daaroor. Seker die twee

belangrikste sake oor Kersfees is waarom en hoe dit gedoen moet

word. Waarom vier ons die geboorte van ons Here Jesus? Hy is as

mens in hierdie wêreld gebore – om as mens in ons plek te kom staan

en die oordeel van God oor ons sonde te dra. As Hy nie gekom het

nie, was daar geen hoop op redding en saligheid vir enige mens nie.

Dit bring ons dan ook by hoe ons Kersfees behoort te vier. Wat

behoort voorop te staan in die wyse waarop ons dit doen? Geskenke

en lekker eet en drink?

Geskenke en lekker eet hoef nie uitgesluit te word nie, want dit is

hoe ’n mens fees vier. Dit moet egter nie die belangrikste sy van

Kersfees wees nie. Die boodskap van Kersfees is veel belangriker

as geskenke en kos. Ons moet dit só doen dat ons kinders en ons

werksmense die boodskap van Christus se koms daarin kan sien.

Elkeen van ons het daarom die verantwoordelikheid om ons ook

tydens die Kersseisoen só te gedra dat Christus in ons optrede

gesien kan word. ’n Opregte vreugde en rede tot feesviering moet

in ons lewens sigbaar wees. Uiteindelik moet alles, ook hoe en

waarom ons Kersfees vier, tot eer van die Here wees.