Previous Page  3 / 52 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 52 Next Page
Page Background

1

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Dr Maryke Craven, Mariëtta Cronjé, Jannie de Villiers, dr Jan Dreyer, Hanlie du Plessis, Leon du Plessis, Jan Greyling, dr Julian Jaftha, dr Belinda Janse van Rensburg,

Gerrit Jansen van Vuuren, Mmatlou Kalaba, ds Koos Kirsten, Louise Kunz, Corné Louw, Jaco Minnaar, Loureine Muller, Charné Myburgh, Owen Rhode,

dr Jeanetta Saayman-du Toit, Gerrie Smit, dr Dirk Strydom, Luan van der Walt en dr Marinda Visser

v

ir my is daar min dinge wat ’n mens so melankolies en ter-

neergedruk kan laat voel, soos

Carte Blanche

se kenwysie

op ’n Sondagaand. Met dié televisieprogram of sy deuntjie

skort daar niks nie – ek ervaar dit net as ’n hartelose aan-

duiding dat die naweek amptelik verby is.

Dit is omtrent soos die Kersversierings wat aan die einde van Oktober

in die winkels opgesit word, want dan weet jy die jaar lê op sy rug. Jy

sal moet spring as jy nog al jou Nuwejaarsvoornemens wil afmerk. Ai

tog, hoe het die tyd dan so gevlieg?! Elke jaar voel of dit vinniger as

die vorige een verbysnel.

In sy Kersboodskap op bladsy 8 skryf Graan SA se Jaco Minnaar:

Things happen so fast nowadays that we struggle to keep up. As pro-

ducers we particularly experience this during planting and harvest

time. This involves managing the one important process after the oth-

er, long hours and hard work

…”

Die einde van die jaar beteken ook om oor die afgelope jaar, te re-

flekteer. 2018 sal onthou word as die jaar waarin “onteiening sonder

vergoeding” hoogty gevier het.

“By die onlangse Grondberaad in Bela-Bela het die gewilligheid van

produsente en die innoverende planne waarmee hulle vorendag ge-

kom het, my en ander aanwesiges verbaas. Dit is ongelooflik om te sien

hoe ver ons mense sal gaan om hul medelandsburgers te help – en ook

om te aanskou watter verskil dit in gemeenskappe maak,” aldus Jaco.

Jannie de Villiers verwys ook hierna in sy boodskap: “Die debatte oor

grondhervorming het diep emosies ontlok. Daar was dié wat kwaad

is en wat met diep gewortelde pyn sit oor die onreg van ’n plaas wat

van hulle weggevat is en dan is daar dié wat elke dag met vrees moet

saamleef weens ’n swaard wat oor hulle koppe hang omdat hulle plase

dalk weggevat gaan word.”

Ek dink ons almal wonder wat 2019 vir ons gaan inhou. Gaan ons maar

net weer op ons hamsterwieletjie spring en voort hardloop? Dr Koos

Kirsten se boodskap op bladsy 7 laat ’n mens hieroor nadink: “Die

Here leer ons egter in sy Woord dat ons nie ’n sikliese geskiedenisbe-

skouing moet hê nie. Alles word nie jaar na jaar herhaal sonder doel of

rigting nie. Die Here is met ons op pad na die eindtyd en ons moet elke

geleentheid gebruik om ons en ons kinders daarvoor voor te berei.”

Geniet die Kerstyd saam met jou geliefdes.

Groete

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

S

ojaboonproduksie in Suid-Afrika het geduren-

de die afgelope aantal jare deur ’n hele paar

stroomversnellings gegaan. Met die sojaboon-

tonnemaat nou op koers, word al hoe meer klem

op die kwaliteit van sojabone geplaas. Hierin speel

proteïen- en olie-inhoud ’n groot rol.

DR JAN

DREYER

(namens die Proteïennavorsingstigting)

kyk op

bladsy 28

na wat hierdie kwaliteitseien-

skappe beïnvloed en tot watter mate die produsent

iets daaraan kan doen.

N

o information was previously available regard-

ing the resistance of commercial cultivars to

charcoal stalk rot. On

page 25

DR BELINDA JANSE

VAN RENSBURG

(ARC-Grain Crops) tells us more

about a project funded by the Maize Trust, where

30 commercial maize cultivars were screened for

resistance during the 2017/2018 maize growing

season.

M. phaseolina

resistance information

generated, can now for the first time assist produc-

ers with cultivar choices for the management of

charcoal stalk rot.

D

ie statutêre heffing op koring en gars wat deur

die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye

met ingang van 1 Oktober 2016 ingestel is met

die doel om telers van koring- en garskultivars

te ondersteun, is onlangs deur die Minister tot

30 September 2020 verleng. Op

bladsy 46

ver-

skaf

LEON DU PLESSIS

(L&L Landboudienste)

die belangrikste besonderhede van die heffing

en heffingstariewe.

T

he development of new export markets is

becoming increasingly important for grains

and oilseeds. Grain SA and Sacota have been

in discussion with the technical directorates at

DAFF to start a formal process of engagement on

establishing new and maintaining existent markets

for grains and oilseeds. On

page 40

DR MARINDA

VISSER

(Grain SA) and Dr Julian Jaftha outline the

processes involved in market access.

M

ARIËTTA CRONJÉ

het in ver-

skillende dele van ons pragtige

land, asook Namibië, grootge-

word. Daarna het sy haar by

Tukkies as ’n musiekonderwyseres be-

kwaam en ’n BA Honneurs in Kommuni-

kasiekunde aan UNISA behaal.

Haar loopbaan is vol hoogtepunte. Sy was onder meer parle-

mentêre skakelbeampte, redaktrise van ‘n Arabiese en Engelse

gesinstydskrif in Bahrain, asook bemarkingsbestuurder vir BDO:

Bahrain. Sy het ook vir ’n wyle politieke wetenskap gedoseer.

Mariëtta verkies egter om haar vermoëns binne die landboubedryf

uit te leef: Sy tree deesdae op as kommunikasiekonsultant vir ver-

skeie maatskappye en organisasies in die landboubedryf. Sy was

ook verbonde aan

Landbouweekblad

en redakteur van etlike pu-

blikasies. Sy is ma vir haar tweelingseuns, Heinrich en Francois,

en haar dogter, Brigitte. Haar twee kleinseuns in Latvia is egter

haar hart se punt.

Mariëtta woon as medewerker gereeld funksies in Gauteng na-

mens

SA Graan/Grain

by – sy was onder andere by Pannar se 60ste

verjaardagvieringe (

bladsy 37

) en die Agri SA Kongres (

bladsy 42

)

.

December 2018