Previous Page  3 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 84 Next Page
Page Background

1

May 2018

MEDEWERKERS

vir hierdie uitgawe

Thandeka Bepete, Wilma Bezuidenhout, Pietman Botha, Valerie Cilliers, Mariëtta Cronjé, Jannie de Villiers, Ziyaad Dockrat, Jonathan Ducie, dr Jan du Preez, prof Bradley Flett,

Nico Groenewald, dr Ian Heyns, dr Willem Hoffmann, dr Belinda Janse van Rensburg, ds Koos Kirsten, Louise Kunz, dr Robbie Lindeque, Corné Louw, Hamish McBain,

Burt Naudé, Jolanda Nortjé, Rory O'Moore, dr Goddy Prinsloo, Janse Rabie, Gerrie Smit, dr Dirk Strydom, Adri Theron, Luan van der Walt en Jurgen van Onselen

h

oe op dees aarde het ‘n mens voorheen sonder ‘n GPS

‘n nuwe bestemming gevind? Veral in die stad?! Ons het

onlangs ‘n familietroue in Johannesburg bygewoon...en

vir die ooms en tantes wat van die platteland af gekom het

(sonder ‘n GPS) was dit nogal ‘n skrikwekkende gedagte.

(En moenie van

Google Maps

op ‘n selfoon probeer ver-

duidelik nie...) Ons het omtrent gelag vir hul wedervaringe en die drie

keer wat hulle verby dieselfde vrugtesmous is voordat hulle uiteindelik

by die lodge waar almal tuisgegaan het, uitgekom het. Na en van die

troue af, is daar ewe plegtig in ‘n stoet gery sodat niemand langs die

pad verlore kon raak nie.

Dit het my laat dink aan dié keer toe ek nog op laerskool was, wat my

ouers my na ‘n spesialis in Johannesburg geneem het – lank voor

die tyd van GPS’e. Ons het só verdwaal dat ons gedink het ons gaan

nooit weer die huis sien nie. En hoe meer ons verdwaal het, hoe meer

histeries het ek en my ma gelag. My pa was sooooo kwaad...hy het net

kort-kort gesê: “As ek nou ‘n Vrystaat-bord sien, is dit reguit huis toe!

Te dinges met die dokter!” (

Okay

, hy het nie “dinges” gesê nie...)

Ek dink ‘n mens kan net so verdwaald en rigtingloos in jou boerdery

voel as die bankbestuurder by die voordeur aanklop en die gesaaides

verdroog op die land staan. In dié uitgawe het ons juis ‘n spesiale mini-

fokus op geldsake en finansiële dienste om as GPS vir ons produsen-

te te dien. Soos wat Pietman Botha (

SA Graan/Grain

medewerker) op

bladsy 18 in sy artikel “Finansiële krisisse – wees voorbereid en be-

stuur dit self” verduidelik:

Finansies kan tot intense spanning lei. Gaan dit voor die wind, moet die

belastinggogga bestuur word; gaan dit ellendig, moet die uitdagings

wat voorlê bestuur word. Dit maak nie saak wat jy doen nie: Daar moet

aandag aan die finansies gegee word. Die vooruit bestuur en beplan-

ning van finansies is krities. Sonder ontledings en beplannings is die

voorkoming van uitdagings bykans onmoontlik.

‘n Manier om hierdie onnodige spanning hok te slaan, is om die fi-

nansies gereeld te ontleed, die beplanning op te gradeer en sodoende

die uitdagings vroegtydig te identifiseer. Deur net bewus te wees van

uitdagings wat voor die deur lê, lewer geen bydrae nie. Reageer daarop

en maak planne om dit te bestuur.

Lees gerus ook die artikel wat hy in samewerking met dr Willem Hoff-

mann (Universiteit Stellenbosch) geskryf het oor hoe jy moet fokus en

koers hou in uitdagende omstandighede – bladsy 12.

Sterkte vir die Kapenaars wat midde in hul plantseisoen is en die pro-

dusente in die somersaaigebied wat begin stroop het – mag julle (en

die bankbestuurder) hierdie seisoen breed glimlag.

Mooi loop!

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur

VOORPUNT

Ontmoet ons

medewerkers...

P

ROF BRADLEY FLETT

and

DR BELINDA JANSE

VAN RENSBURG

(both from ARC-Grain Crops)

take a closer look at Gibberella root, crown and

stalk rots on

page 38

. It is caused by the

Fusarium

graminearum

species complex. Of the 16 species

belonging to the

Fusarium graminearum

spe-

cies complex worldwide, only three are found on

maize in South Africa. These rots are widespread

throughout the South African maize production

area, but are particularly common in irrigated

maize fields. It can cause extensive economic

losses due to premature plant death and interfer-

ence with translocation of water and nutrients

during grain fill, resulting in lodging of plants due

to weakened stems.

W

hat seems to be a few yellow larvae inside a

wheat leaf in the year 2000, was the start of a

new pest on wheat and barley. The insect, identi-

fied as

Agromyza ocularis

, is an indigenous grass

leaf miner fly that was originally described from

natural vegetation in the Ceres, Giant’s Castle and

Maseru areas. On

page 42

DR GODDY PRINSLOO

(ARC-Small Grain) explains what producers should

do about this pest.

P

roducers and miners in South Africa have been

at loggerheads with one another since dia-

monds and gold were first discovered in this coun-

try towards the end of the 19th century. According

to

JANSE RABIE

(Agri SA) –

page 54

– these

historical tensions have had significant direct and

indirect effects on the socio-economic and socio-

political development of South Africa and continue

to this day. Simmering tensions remain, however,

particularly in light of seemingly ever-expanding

mining activities into high-value agricultural areas.

d

R IAN HEYNS

(LNR-Klein-

graan, Stellenbosch) is op

Moorreesburg in die Swart-

land gebore, maar die Heyns-

gesin het later na Bellville

verhuis, waar hy gematrikuleer

het. Hy het BSc (met genetika en biochemie

as hoofvakke) aan die Universiteit Stellen-

bosch aangepak en later ook sy BSc(Hons)-,

MSc- en PhD-graad in genetika (op koring)

by dieselfde universiteit voltooi. Nadat hy sy PhD in 2010 verwerf het,

is hy by die LNR as koringteler vir die Wes-Kaap aangestel.

“Ek is ‘n natuurmens en die hoogtepunt van my werk is om in die

natuur te wees en die Skepping te waardeer. Ek spesialiseer in ko-

ring en my uitdaging is om die beste genetika in een kultivar saam

te vat, om sodoende vir produsente daardie ekstra ton per hektaar

te gee,” vertel hy. Ian is met Carina getroud. Hy hengel graag en hou

van bergklim en stap in die natuur.