Previous Page  12 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 84 Next Page
Page Background

Boere kom besoek Terratill

Implemente by Nampo 2018. Kom

kyk na die nuwe FIM-A uit Australië.

Vloeibare kunsmistegnologie vir die

nuwe era.

WORTELSONE PH BEHEER

VERSEKER VROEË SAAILING-

ONTWIKKELING.

Terratill Implemente het die oplossing

vir ondergrondversuring, die alkaliese

produk CalSap, uit Australië.

CalSap® Furrow

Management Systems

Navrae kontak Henry van Vuuren

henryvv@terratill.co.za www.optimaagriculture.com.au

SONDER CALSAP

MET CALSAP

Implements

(Pty) Ltd

“Furrow Injection Module”

word gebruik om vloeibare kunsmis

entstof en CalSap akkuraat toe te

dien.

Kom kyk na die baie akkurate weerstand

vloei toediening (friction flow) van

vloeibare kunsmis, chemiese middels en

spoorelemente. Gebruik die geleentheid

om met internasionale kundiges te gesels

oor suur probleem oplossings in die

wortelsone. Praktiese demonstrasies om

grondsuurheid eenvoudig te verduidelik

sal elke dag gedemonstreer word. Kom

kyk gerus hoe eenvoudige toerusting op

die plaas gebruik kan word om jou grond

se pH-profiel te bepaal.

Kom besoek ons by Nampo

standplaas nommer F23 en F28 vir

meer besonderhede.

Kontak Henry van Vuuren

Tel.

+27 79 997 8938

Tel. 018 788 2457

Voorloper in bestuur van

wortelsone- en ondergrondsuurheid

C

alSap® is ‘n alkaliese reagens wat heelwat voordele

vir plantontwikkeling inhou wanneer dit in suur- en

hoënatriumgronde toegedien word. Dit het ‘n hoëvlak-

oplosbare kalsium, vinnige reaksie met suur en is hoogs

oplosbaar in water.

Dit is sedert 2004 ‘n gevestigde produk in Australië en is wyd in

die landbousektor beproef – veral met die fokus op rygewasse.

Deur die plasing van reagense in die wortelsone, waar en wanneer

dit benodig word, word kunsmiseffektiwiteit verhoog, natriumvlakke

verlaag, flokkulasie en wortelontwikkeling deur gelokaliseerde

pH-regstelling bevorder.

CalSap is nie ‘n nuwe produk in Suid-Afrika nie. Tsama Agric het

Optima Landbou in Australië, wat die houermaatskappy en

vervaardiger van CalSap is, in 2010 genader om dit in te voer en

in Suid-Afrika te registreer. Tsama Agric was ‘n gepaste vennoot

vir Optima weens hulle fokus op mikro-elemente en die sterk

ondersteuning wat hul op grondvlak aan verspreiders en agente

bied. Die verspreiding van die produk is na ander Afrikalande

uitgebrei bloot op grond van die resultate wat gelewer is.

Vir die toediening van CalSap in landbou, word vloeibare spuit-

toerusting, wat ‘n aaneenlopende stroom onder die saad plaas,

vereis. Huidige stelsels is verouder en voldoen nie hieraan nie:

Dit verstop maklik en is onakkuraat tydens planttyd. Furrow

Management Systems Australia (FMSA) het TerraTill in 2015 genader

en hulle voorgestel aan wrywingsvloei (

friction flow

) plastiese pyp

en

furrow injection

-modules om hul huidige planters met vloeibare

spuittegnologie toe te rus. Wrywingsvloeipype is die hart van

hierdie vloeibare toedieningstelsel en het die vloeibare kunsmis-,

plantstimulante-, plantbeskermings- en grondverbeteringsindustrieë

in Australië, Afrika en Amerika verander.

FMSA het die afgelope twee jaar met die ondersteuning van

TerraTill en Tsama Agric verskeie vloeibare toedieners in Suid-

Afrika, Zambië en Zimbabwe geïnstalleer. Nuwe markte gaan

vinnig oop vir dié unieke oplossing vir ‘n ou probleem in die

droëlandsektor, die sogenaamde “ondergrondsuurheid in die ry”,

wat uiteindelik loog na die ondergrond. CalSap word met planttyd

onder die saad toegedien om suurheid wat in die ondergrond as

gevolg van kunsmisbandplasing ontwikkel te neutraliseer, oplosbare

aluminium op te hef, wortelontwikkeling te stimuleer en opname van

voedingstowwe te bevorder. Besoek TerraTill tydens NAMPO vir

meer inligting.

BURT NAUDÉ,

Optima Agriculture

Produk-inligting

Graan SA/Grain SA