Previous Page  9 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 9 / 84 Next Page
Page Background

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

o

ns het die gewoonte om meegevoel met mekaar te be-

toon wanneer iemand in die familie dood is, of wanneer

iemand hoor dat hy terminaal siek is. Dit is goed as ons

dit in opregtheid doen. Dit toon dat ons vir mekaar omgee

en mekaar se hartseer en pyn ken en verstaan.

Wanneer ons aan die ontvangkant van meegevoel, simpatie en

medelye is, beteken dit soveel meer as dit van iemand kom wat al

dieselfde paadjie geloop het. Jy weet dan dat hy werklik begrip vir

jou hartseer en pyn het.

In Hebr. 4:14 - 16 lees ons dat ons ‘n groot Hoëpriester het wat

vir ons by die Vader intree, naamlik Jesus Christus. Die werk van

‘n hoëpriester in die Ou Testament was dat hy vir die gelowiges

moes offer en vir hulle by God in gebed moes intree. Hy moes vir

hulle by God pleit omdat hulle in swakheid sonde gedoen het en

ongehoorsaam aan die Here was. Omdat hierdie priesters almal

gewone mense was, het hulle geweet wat dit beteken om ‘n swak

en nietige mens te wees. Hulle het dus simpatie met die ander

gelowiges gehad. Hulle kon hulself in die skoene van die gewone

mense van hulle tyd plaas. As ons aan die Here Jesus dink, dan

moet ons besef dat Hy volmaak gehoorsaam aan die Vader was en

geen enkele sonde gedoen het nie. Hoe kan Hy dan nou medelye hê

met ons wat vol sonde is? Hy kan, want Hy was in alle opsigte mens

net soos ons is. Hy was volkome mens en moes alle versoekings

wat elke dag na ons toe kom, ook ervaar. Hy weet dus presies wat dit

behels ommens te wees. Hy was net soos ons elke dag gekonfronteer

met die aanslae van die duiwel en die wêreld. Hy weet wat dit bete-

ken om in uitdagende omstandighede steeds gehoorsaam te bly.

As daar dan iemand is wat regtig meegevoel en medelye met ons

kan hê, dan is dit Hy. Daarom kan ons met vrymoedigheid na

Hom gaan met al ons hartseer, pyn en worstelinge. Hy verstaan

en sal vir ons by die Vader intree en die Vader sal op die regte tyd

barmhartigheid en genade aan ons betoon.

Baie geluk aan

Elizabeth Shezi van

Bothaville wat vir

die April-uitgawe van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen

het.

7

May 2018

KANTLYN

Op die

Dankie vir die waterskenking

Beste Graan SA-vriende

Hoe sê ‘n mens dankie? Miskien moet ek die atmosfeer probeer beskryf van hoe

‘n groepie mense wat mekaar glad nie geken het nie, vir die vragmotor met die

kosbare vrag water van Graan SA af gestaan en wag het? Uit verskillende oorde

het ons, as deel van die netwerk wat geskep is nadat ons van die donasie gehoor

het, op die afgespreekte tyd en plek byeengekom. Onbekend aan mekaar, maar

saamgebind deur ‘n glimlag op almal se gesigte. Ons glimlag, want op een of

ander manier voel ons almal dieselfde: Oorweldig, aangeraak, vol afwagting.

Dit is op hierdie presiese punt van ontmoeting wat die waarde van ‘n gebaar

soos julle skenking lê. Dit wat gegee word, is maar een deel van die storie. Dit

is hoe mense aan mekaar verbind word, van mekaar bewus raak, wat eintlik die

grootsheid vervat. Die eerste ontmoeting is dié tussen Graan SA en die mense

van die Wes-Kaap. Die aanvanklike oproep om te sê dat julle ons met hierdie

geskenk wil seën, was alreeds kosbaar. Hierna het die water ‘n ontmoetings-

geleentheid geskep tussen lidmate van die NG Gemeente Bellville-Wes en die

VGK Delft. Van hier af het die kontakgeleenthede onmeetbaar uitgekring, want

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estie@infoworks.biz

083 490 9449

nou het die gemeentes van Bellville en die gemeentes van Delft, Elsiesrivier en

Belhar iets fisies in die hand gehad om mee van deur tot deur te gaan en te be-

moedig. Buiten die genoemde areas, sal 4 000 tieners op Bredasdorp eersdaags

ook hoor van die groot geskenk, want 3 000 liter van die water sal gebruik word

vir 'n byeenkoms daar.

Ons woon in ‘n wonderlike land met wonderlike mense. Die welwillendheid van

Suid-Afrikaners is net oorweldigend. Ons hier in die Wes-Kaap staan tans aan

die ontvangkant van hierdie welwillendheid en daarom wil ons uit ons harte

dankie sê.

Mag julle harte verwarm word deur ons dankbaarheid, net soos ons harte

verwarm is deur julle vrygewigheid.

Vriendelike groete en seënwense

Nioma Venter

NK Kerk in Suid-Afrika; Sinode van Wes-Kaapland

Op die foto is

Nioma Venter,

Sedric Heare (VGK

Delft), Lene Novem-

ber (VGK Delft) en

Willie Badenhorst

(NG Bellville-Wes).