Previous Page  10 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 10 / 84 Next Page
Page Background

1-"/5 130%6$5*0/

1SFTFOUFE QBSU UJNF PWFS NPOUIT

&OUSZ SFRVJSFNFOU JT (SBEF

5JNF TQFOU JO 1SBDUJDBM TFTTJPOT

/P GPSNBM XSJUUFO FYBNT

2VBMJmDBUJPO OS

/2' MFWFM

$SFEJUT

$PNNFODFNFOU EBUF

$MPTF PG SFHJTUSBUJPO

-BUF SFHJTUSBUJPOT

"DDFQUJOH

FOSPMMNFOUT

GSPN 0DUPCFS

5FM

& NBJM JOGP!QFSJUVNBHSJ DPN

XXX GBDFCPPL DPN 1FSJUVN"HSJ

8FC XXX QFSJUVNBHSJ DPN

"QQMJDBUJPOT BOE &ORVJSJFT

D

ie NAMPO Oesdag 2018-enjin staan in die wegspringblokke

en dreun in gereedheid op dié toonaangewende land-

bouskou wat op 15 tot 18 Mei buite Bothaville aangebied

word.

Met nagenoeg 740 uitstallers en ‘n verwagte bywoningsyfer wat

verlede jaar se 78 648 besoekers kan oortref, word Graan SA se

NAMPO Oesdag gereken as die hartklop van landbou in Suid-Afrika.

“Suid-Afrikaanse landbouprodusente se ontvanklikheid vir nuwe

tegnologie is een van die hoofredes waarom die land kan roem

op volhoubare voedselproduksie. ‘Effektiwiteit met tegnologie’

is vanjaar se tema en dit vind groot byval by produsente,” sê

mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA.

NAMPO 2018 bied ‘n gediversifiseerde tentoonstelling met ‘n

verskeidenheid van nuwe tegnologie, produkte en dienste op een

terrein. Produsente kan vergelykings tref en ingeligte besluite neem

met die oog op volhoubare produktiwiteit en winsgewendheid.

“Graan SA se fokus op ‘n beter, eerder as ‘n groter NAMPO Oesdag,

sal ook deurgaans nagestreef word om ‘n landboufamilie-gevoel te

behou en uit te bou,” het De Villiers gesê.

Graan SA-lede

Opbetaalde lede van Graan SA ontvang hul gratis kaartjies vooraf

elektronies en word met trots by NAMPO Park se eksklusiewe

ledeparkeerarea verwelkom en met gholfkarretjies na die ledelokaal

vervoer. Die ledelokaal bied vroegoggend boeretroos en ‘n wel-

kome rusplek gedurende die middaghitte, lafenis vir die droë kele

en ‘n lekker stoep om waardevolle produksiekennis uit te ruil.

Nie-lede en besoekers drink egter nie aan die agterspeen nie. Die

vergrote skouterrein het daartoe gelei dat daar aansienlik meer

sitplekke aangebring is, waar moeë bene kan rus. Nie-winsgewende

organisasies in die gemeenskap sal ook weer eens die restaurante

en kosstalletjies hanteer. Sodoende word noodsaaklike befondsing

in die gemeenskap teruggeploeg.

Meer inligting

Koop jou NAMPO-kaartjies vooraf aanlyn by

www.ticketpros.co.za .

Vir meer inligting, besoek

www.nampo.co.za

of laai die NAMPO

Oesdag-toep van jou toepstoor af. ‘n eBlaaiboek van

SA Graan/Grain

-

tydskrif se NAMPO-uitgawe (April 2018) verskyn op die webtuiste

by

www.grainsa.co.za .

Skakel ook in op Graan SA Radio wat direk

van die terrein af by 99.2 FM uitsaai.

JOHAN SMIT,

besturende redakteur,

SA Graan/Grain

Ander hoogtepunte

In die nuwe Wildlife Ranching SA-saal, naby die 4x4-

baan, sal 14 wild- en wildverwante uitstallers gehuisves

word.

Die Standard Bank 4x4-baan en die Maxxis Adventure

Track vir motorfietse beloof ‘n onvergeetlike ervaring vir

adrenalienliefhebbers.

Altesaam drie nuwe voertuie van vervaardigers word

tydens NAMPO 2018 aan die publiek bekend gestel.

By die veevertonings sal tien skaaprasse, vyf bokrasse

en 28 beesrasse te sien wees. Die Saalperdgenootskap

doen ‘n tentoonstelling van saalperde, die Varktelersge-

nootskap is op hul pos en ‘n Jeugskou word daagliks

aangebied.

Die Graan SA/Omnia Boerepatentekompetisie vier

30 jaar van innoverende planne en boere-planmakers.

Die rol en bydrae van landbou in die verdieping van ons

demokrasie en die versterking van die ekonomie as te-

mas tydens vanjaar se

Nasie in Gesprek

beloof weer

eens om interessante debatvoering te stimuleer.

Ons Vroueprogram spog met aanbiedings deur die

kunstenaars Marion Holm en Rocco de Villiers, terwyl

die kosredakteurs Herman Lensing en Arina du Plessis

hul slag met kosmaak kom wys.

NAMPO-handelsmerkklere- en -promosie-items word in

die NAMPO-saal te koop aangebied.

8

Graan SA/Grain SA

NAMPO-visier

ingestel

op effektiwiteit met tegnologie