Previous Page  3 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 3 / 108 Next Page
Page Background

1

July 2018

Medewerkers

vir hierdie uitgawe

Dr Erik Adriaanse, dr Danie Beukes, Willem Botes, Jan Botha, Pietman Botha, Hentie Cilliers, Luke Collier, Jannie de Villiers, dr Jan du Preez, Hertz Eiselen, dr Annemie Erasmus,

dr Jaco Erasmus, Stephan Erasmus, Sinelizwi Fakade, Petru Fourie, Juan Gimenez, Alzena Gomes, ds Koos Kirsten, Ben Krog, Louise Kunz, Leon Lotz, Corné Louw, Karina Muller,

Charné Myburgh, Dave Payne, Leo Pistorius, Owen Rhode, Tyla Rogers, Werner Rossouw, dr Chris Schmidt, Gerrie Smit, dr Hendrik Smith, Elrine Strydom, Adri Theron,

Coretha Usher, Luan van der Walt, Kobus van Zyl, Andrew Wilmot en Larissa G Zerbatto

d

ié wintervakansie wil ek die kinders ‘n paar dae plaas

toe vat om die koue Vrystaat en die stroopseisoen in al

sy glorie te beleef. Ek wil hê hulle moet saam met die

stroper ry, op die wa vol mielies speel en onder die mie­

lies stort wanneer dit in die wa getap word; saamry silo

toe en sien hoe die mielies afgelaai word.

Hulle moet vroegoggend oor die spierwit gerypte gras loop en

hoor hoe dit kraak; die dik yslaag bo-op die krippe uitbreek en

daarop probeer skaats en pampoenspoke uit karkoere maak – net

soos ons as kinders gedoen het. En natuurlik Ouma se melkkos,

boontjiesop en souskluitjies eet. Net jammer die ou lemoenboom op

die plaas dra nie meer nie – ek was altyd dol oor die suur, vars-uit­

gedrukte sap.

Sien, hier in die Laeveld het ons mos nie regte egte winters nie

(maar wel lemoene!). My kinders trek regdeur die jaar somersklere

aan – in die wintermaande trek hulle net vroegoggend ‘n langmou top

bo-oor aan. Hulle gaan kortbroek skool toe en trek slegs skoene aan

as daar nou regtig die oggend ‘n byt in die lug is. Die oumas wil altyd

die stuipe kry as ek foto’s van die kinders vir hulle

WhatsApp

, omdat

hulle nie truie aan het nie. (Tipies ouma; nie waar nie?)

Ek hoop uit my hart dat ons produsente wat klaar gestroop is of tans

nog stroop, ‘n fantastiese oes het en mag die Wes-Kaap geseën wees

met

‘n

oorvloedige reënjaar.

Nuwe seisoen

Produsente in die binneland is klaar besig om hul potlode skerp

te maak en beplanning vir die nuwe seisoen te doen. Corné Louw

(Graan SA) gee juis op bladsy 76 die nuwe saadpryse van die maat­

skappye weer. Hy verduidelik ook aan die hand van ‘n grafiek oor die

prysindeks van mieliesaad en produsenteprysindeks van mielies waar­

om Graan SA-lede bekommerd is oor stygende saadpryse.

In Deel 2 van ons nuwe reeks

Effektiwiteit lei na doeltreffendheid

– bladsy 84 – word die Vrystaat onder die loep geneem en word

maandelikse reënvalsyfers en opbrengsinligting per seisoen vir elke

spesifieke streek ontleed. Aan die hand hiervan word die hoeveelheid

graan per millimeter reën geproduseer, bereken.

Verder kan lesers uitsien na ons stampvol spesiale fokus op bemes­

ting waarin jy onder andere meer kan lees oor:

Wat jy moet weet

oor die nuwe P-riglyne vir mielies

(bladsy 26);

Optimalisering van

stikstofbehoeftes en -benutting

(bladsy 32);

Kunsmiskwaliteit weer

getoets

(bladsy 35);

Gunstige mikrobes in volhoubare landbou

(bladsy 42);

Voordelige makrofauna in landboupraktyke bekyk

(bladsy 48),

Is oorbemesting werklik ‘n sonde?

(bladsy 52); en

Só ver-

beter jy grondvrugbaarheidsbestuur

(bladsy 57).

Groetnis tot aanstaande maand.

Estie de Villiers,

redakteur

voorpunt

Ontmoet ons

medewerkers...

O

p

bladsy 42

ondersoek

OWEN RHODE

(LNR-Graangewasse) die voordele wat

grondmikrobes vir volhoubare landbou inhou.

Mikrobes speel ‘n sleutelrol in onder andere

stikstofbinding, opname van voedingstowwe,

siektebeheer, asook bevordering van grondstruk­

tuur. “Gunstige mikrobes in die grond is nie net

verantwoordelik vir die afbreking van organiese

materiaal nie, maar bind en stel ook belangrike

plantopneembare voedingstowwe vry.”

V

erlede jaar is daar weer ‘n volledige kunsmis­

kwaliteitmoniteringsprojek van stapel gestuur.

Dié projek is in samewerking met die Departement

van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), Fertasa,

die Sasol Landboutrust en Graan SA gedoen. Die

doel van die projek was om vas te stel of kuns­

mis- en kalkkwaliteit aan die regulasies van die

kunsmiswet voldoen. Kyk op

bladsy 35

wat

CORNÉ LOUW

(Graan SA) van die resultate sê.

G

rondmakrofauna bestaan uit ‘n wye

verskeidenheid organismes wat op die

grondoppervlak, sowel as in die grond, leef.

Hierdie organismes se lewenswyse en aktiwiteite

het ‘n direkte en indirekte invloed op hul habitat

en ander organismes. Op

bladsy 48

bespreek

CHARNÉ MYBURGH

(LNR-Graangewasse) die

voordelige makrofauna in landboupraktyke.

E

lke plantseisoen het sy unieke uitdagings.

Volgens

KOBUS VAN ZYL

(Omnia) was die

2017/2018-seisoen geen uitsondering nie. “Geen

seisoen is dieselfde nie, maar langs die pad vind

jy dikwels dieselfde uitdaging as wat jy al in die

verlede getrotseer het. Hoe beplan ‘n mens dus

jaarliks vir die onvoorspelbare? Bloot deur bedag op

uitdagings te wees.” Op

bladsy 70

deel hy van die

lesse wat hy die afgelope plantseisoen geleer het.

w

ILLEM BOTES

is gebore

en getoë op Grabouw,

waarna hy BScAgric met

Genetika, Biochemie en

Plantpatologie by die

Universiteit Stellenbosch

studeer en ‘n MScAgric-graad in Genetika

aldaar gedoen het. Hy het ook ‘n nagraad­

se program aan die Universiteit van Wageningen se International

Agricultural Centre voltooi. Sy loopbaanpad het as navorsings­

assistent by die Departement Genetika ‘n aanvang geneem, waar

hy gevorder het tot planteteler en lektor. Tans is hy hoof van die

planteteeltlaboratorium op Welgevallen-proefplaas en navor­

singsleier vir die DST-Graan SA Nasionale Koringteeltplatform.

Wat geniet hy van sy werk? “Die formulering van ‘n nuwe projek,

die kruisings wat volg en uiteindelik die produk daaruit. Dit is ver­

al bevredigend om hierdie nuwe kultivars in ‘n produsent se land

te sien. Die ander groot genot wat ek het, is om ‘n voorgraadse

student se paadjie saam met hom/haar te stap tot op die vlak

waar hy/sy ‘n nuwe kollega word.”

Hy is getroud met Annelise en hulle het ‘n dogter, Nicola. “Verder is

ek verslaaf aan my motorfiets en gaan soek ek grondpaaie en agter­

paaie by elke beskikbare geleentheid,” sluit hy af.

Op

bladsy 96

skryf hy oor

Wheat: Breeding the future.