Previous Page  12 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 12 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2018

10

Terugblik

Graan SA/Grain SA

NAMPO Oesdag

– dis net rekords wat spat!

Alzena Gomes,

skakelbeampte, Graan SA

en foto’s:

SA Graan/Grain

redaksiespan

D

ie optimisme wat in die landbousektor heers, spreek

boekdele nadat nóg ‘n rekordbywoningsyfer tydens

Graan SA se NAMPO Oesdag in Mei vanjaar aangeteken is.

82 817 pare voete het deur die week tougestaan om vroeg-

vroeg die hekke van 52ste NAMPO Oesdag binne te stroom – en die

746 uitstallers moes behoorlik bontstaan om almal te bedien.

Graan SA poog om jaarliks nie noodwendig ‘n groter nie, maar

meer positiewe ervaring aan lede te bied en die platform is gelê om

aan besoekers ‘n meer gebruikersvriendelike, tegnologie-gedrewe

belewenis te bied. Met dié visie in gedagte, is die eksklusiewe

Graan SA-ledeparkering en -toegangshek steeds topprioriteit

en die vraag na parkeerkaartjies getuig van dié ledevoordeel se

gewildheid.

Meer en meer lede raak vertroud met die elektroniese kaartjiestelsel

en skandeer hul toegangskaartjies direk vanaf hul slimfone om elek­

tronies en met gemak by die hekke in te kom. Dié elektroniese toe­

gang tot die park verseker ‘n vinnige en moeitevrye ondervinding.

Graan SA-lede word verder bederf met eksklusiewe gholfkarretjie­

ritte (geborg deur John Deere Financial en Absa AgriBesigheid)

en word met ‘n aangepaste roete na die ingang van die lede-

lokaal vervoer.

Die ledelokaal en uitstalruimte is verlede jaar as die Graan SA

NAMPO Belewenissentrum onthul en besoekers kan Graan SA se

fokusareas en vordering onder een dak besigtig. Graan SA het sy

werksaamhede as kommoditeitsorganisasie vir alle graanprodu­

sente ten toon gestel deur sy landbou-ontwikkeling, graanekono­

mie en bemarking, en navorsing en bewaringslandbou-aktiwiteite

uit te lig.

Graan SA-lede kon verder die Graan SA-ledevoordeelkiosk besoek

om sodoende te verseker dat hul registrasie op die Graan SA-toep

geaktiveer is.

Nou reeds deel van die Graan SA-familie, was die John Deere Finan­

cial-geborge koffie

baristas

reg vir aksie en meer as 3 000 stomende

cappuccino’s en warm sjokolades het lede deur die vroegoggend­

koue gesien. Lede het die gebruiklike kouer lafenis na middagete,

tesame met smullekker biltong en ligte versnaperinge deur die

dag, geniet en het netwerkgeleenthede met medeprodusente en

die Graan SA-span behoorlik benut.

Gefokus daarop om die beeld van landbou te bevorder, het

Graan SA en NAMPO hul sosiale mediaplatforms ten beste benut

om die Oesdag aan lede en die publiek te bemark. Inligting van en

promosie-reekse oor die Oesdag is ondersteun deur opvallende en

deelbare inhoud, gebeurtenisse, uitstallers en deelnemersinteraksie

uit te lig, te bevorder en te versterk.

Die immergewilde video's en kort tekste oor wat tydens die Oes­

dag gebeur, sowel as beeldmateriaal van landbouvennote, die

Graan SA-bestuur en ander gebeurtenisse, het groot byval gevind

en besoekers, sowel as diegene wat die nie Oesdag kon bywoon nie,

het sodoende niks misgeloop nie.

Die Graan SA

Facebook

-blad het ‘n rekordtotaal van 130 631 inter­

aksies, ‘n allemintige 185 894 videokyke, 3 479 306 indrukke en ‘n

1 290 toename in aanhangers tydens die week gehad. Graan SA

se

Twitter

-blad het 201 500 interaksies gehad, terwyl die organisa-

sie se

Instagram

-blad 11 601 interaksies op 156 398 indrukke ont-

vang het.

Nasie in Gesprek

-sessies, wat ook lewendig op die sosiale me­

diakanale gestroom is, was ‘n treffer onder gebruikers en met ‘n

somtotaal van 3 899 027 indrukke oor alle sosiale mediaplatforms

heen, het effektiwiteit met tegnologie ook hier geseëvier.

Die NAMPO-stalletjie het trots in die NAMPO-saal uitgestal en

verskeie NAMPO-handelsmerkklere- en -promosie-items is te koop

aangebied sodat elke besoeker sy/haar eie stukkie NAMPO huis toe

kon vat. Die aanbiedinge en reekse sal ook uitbrei soos die aan-

vraag groei en opwindende nuwe planne word reeds vir volgende

jaar gemaak.

Bekendes was weer eens volop in die ledelokaal en behalwe vir

die immergewilde Cheetahs-rugbyspan, het ons ook besoek van

Ivor Price, wat ‘n NAMPO-episode vir

Landbouweekliks

geskiet

het, ontvang sowel as die kykNET

Fiesta

-span wat NAMPO plat­

gestap het.

Indien jy enige van die gebeurtenisse misgeloop het, besoek

gerus die NAMPO Oesdag

Facebook

-blad of die Graan SA

YouTube

-rekening vir ‘n kykie na die video-opnames. Ons sien uit

om lede en nuwe lede volgende jaar, 14 - 17 Mei, in die ledelokaal

terug te verwelkom.

1: Lede het die netwerkgeleent­

hede met medeprodusente en die

Graan SA-span deeglik benut en

laatmiddag is daar kopstukke op

die stoep gesels.

2: Graan SA het vanjaar items in

die NAMPO-saal te koop aange-

bied. Lina Smit van Bothaville

(heel regs) het Jaco Viljoen van

Delareyville en sy dogters, Johané

en Carolien, gehelp om die regte

NAMPO-aandenkings te kies.

1

2