Previous Page  29 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 29 / 108 Next Page
Page Background

27

July 2018

So byvoorbeeld het Farina

et al

. (1993) bevind dat P-optima laer

vir gronde met ‘n hoë klei-inhoud is en dat dit toeneem soos wat

die klei-inhoud afneem. Dieselfde is deur Schmidt (2003) bevind,

behalwe dat die slik-inhoud by die klei-inhoud ingesluit word.

Konsepte hiervan is in

Maize in Natal

(uitgegee deur KwaZulu-Natal

Landbou-ontwikkeling) en die

Mielie-inligtingsgids

(uitgegee deur

die LNR-Graangewasse) uiteengesit. Meer as twaalf jaar nadat die

LNR-projek afgesluit is, het Fertasa besluit dat die tyd aangebreek

het om die hele

Bemestingshandleiding

te hersien. Een van die

veranderinge was dat die mieliebemestingshoofstuk ook opgeknap

is. Dit het behels dat die bevindinge van die LNR-projek (dus die

PhD-studie deur Schmidt) as die P-riglyngedeelte geïnkorporeer is

(Fertasa, 2016).

Verskille tussen die ou en nuwe riglyn

Die grootste verskil tussen die vorige en die nuwe P-riglyn vir

mielies is die basis waarop dit bepaal en saamgestel is. Met die

opstel van die nuwe benadering is gevind dat gronde se optimale

P-waardes vir mielieverbouing verskil omdat sandgronde betreklike

hoër drempelwaardes het (byvoorbeeld ±30 mg/kg in die bo-grond)

teenoor swaar kleigronde (byvoorbeeld ±17 mg/kg in die bo-grond).

Die groot verskil is dus daarin geleë dat die nuwe riglyn ook, aan

die hand van die grond se slik-plus-klei-inhoud, in terme van

hoeveelhede P wat toegedien behoort te word, onderskei. Hierdie

werk wat deur die LNR-Graangewasse gedoen is, stem ooreen met

werk wat deur dr Mart Farina in KwaZulu-Natal gedoen is, in dié

opsig dat tekstuur bepalend is.

Riglyn (verduidelikende aspekte)

Grondmonsters tydens die PhD-studie is geneem om in te pas

by moderne praktyke, wat insluit bandplasing en breedwerpige

toediening van P (verrykte sones as gevolg van bandplasing en

onverrykte sones tussen rye is in ag geneem, asook gevalle waar

kunsmis breedwerpig uitgestrooi is). Die riglyn is daargestel volgens

die Bray 1-ekstraksiemetode en bestaan uit vier tabelle (Fertasa,

2016).

Tabel 1

Die eerste tabel dui die drempelwaardes vir die boonste 200 mm-

grondlaag aan. Hieruit kan dus ‘n duidelike beeld verkry word van

hoeveel P in die grond behoort te wees. Die verwagte opbrengs,

die mielieprys, die hoeveelheid P benodig en die prys van P sal

gesamentlik die ekonomiese regverdiging van toedienings wat

nodig mag wees om die drempels te bereik, bepaal sowel as die

periode waaroor die toedienings versprei moet word (in die nuwe

Bemestingshandleiding

Tabel 5.4.4.4).

Tabel 2

In dié tabel word die hoeveelheid P wat benodig word om die

grond onmiddellik tot die drempel op te bou, aangedui. Ekonomies

kan dit onder hoë produksie-omstandighede sin maak om dié hoë

toedienings wat by lae P-vlakke oor ‘n kort periode in die grond nodig

is (een tot drie jaar) toe te dien, maar dit sal gewoonlik nie by lae

produksie-omstandighede sin maak om sulke groot hoeveelhede

P algeheel oor ‘n kort periode toe te dien nie – moontlik wel oor ‘n

veel langer periode (vier tot 25 jaar; in nuwe

Bemestingshandleiding

Tabel 5.4.4.5).

Tabel 3

P-hoeveelhede wat by bepaalde ontledings in die grond vir lae

produksietoestande (2 t/ha - 12 t/ha) tydens plant gebandplaas

behoort te word, verskyn hier. Hiervolgens word slegs verwagte

verwydering van P toegedien wanneer die drempel bereik is en

meer as die verwagte P-verwydering wanneer grondontledings laer

as die drempel is (in nuwe

Bemestingshandleiding

Tabel 5.4.4.6).

Tabel 4

P-aanbevelings vir grondregstellings tesame met verwagte

P-verwydering by opbrengste van 7 t/ha - 20 t/ha verskyn in dié

tabel. Hoe hoër die verwagte opbrengs, hoe meer sal eenmalige

P-regstellings geregverdig wees (in nuwe

Bemestingshandleiding

Tabel 5.4.4.7).

Samevatting

Die LNR-studie het nie die rol van mikorisa (mycorrhizaes) en ander

biologiese aspekte op die mielieplant en P-opname vervat nie.

Die studie ontken geensins die biologiese bydrae tot die grond-

plantinteraksie nie. Die riglyn dien as ‘n zero-basisstelsel vanwaar

verdere aanpassings deur ‘n kundige persoon gemaak kan word.

Die nuwe Fertasa P-riglyn behoort ‘n bydrae te lewer om die

wanpersepsie van een optimale P-waarde oor alle gronde en alle

gronddieptes heen uit die weg te ruim. Vir ‘n lang tyd is ‘n algemene

P-syfer oor gronde heen as genoegsaam aanvaar. Dit is nou

duidelik uitgewys dat dit ‘n fundamentele fout is om so ‘n siening

te handhaaf en dat die grond se tekstuur, sowel as die diepte van

grondmonsterneming, die drempelwaarde dikteer.

Verder is dit noodsaaklik om te besef dat die hoeveelheid P wat

benodig word om ‘n bepaalde tekort aan te spreek, ook deur die

tekstuur dikteer word. In wese gaan die nuwe riglyne oor baie

meer akkurate gronddrempelwaardes, wat met inagneming van

produksiestelsels, verwagte P-verwyderings en ekonomiese

regverdigbaarheid, ingefaseer behoort te word.

Die uiteindelike netto-effek hiervan behoort in die verbetering

van rendement op alle produksie-insette te realiseer. In geval van

enige navrae hieroor, kontak dr Chris Schmidt by 082 885 8134,

chriss@sidip.co.za

of

chrisschm@icloud.com

.

Verwysings

Barber, SA. 1995.

Soil nutrient bioavailability: A mechanistic approach

. John Wiley

& Sons, Inc.: New York, USA.

Farina, MPW. 1989.

Economics of fertiliser use – myths and facts

. Fertiliser Society

of South Africa Journal (1) 17 - 24.

Farina, MPW and Channon, P. 1987.

Season and phosphorus age effects on the

relationship between maize yield and phosphorus soil test on a highly weathered

soil

. South African Journal for Plant Soil 4(1) 21 - 25.

Farina, MPW, Manson, AD and Johnston, MA. 1993.

Fertiliser guidelines, Maize in

Natal. Co-ordinated extension

. Natal Maize 6. University of Natal: Pietermaritzburg,

KwaZulu-Natal, South Africa.

Farina, MPW, Mapham, W and Channon, P. 1975.

Fertiliser response surfaces and

economic optima for maize in three soil-bioclimatic systems

. Crop Production (IV)

109 - 114.

Farina, MPW, Channon, P and Minnaar, S. 1980.

Nitrogen and phosphorus economic

optima for maize on a Msinga clay loam

. Crop Production (IX) 12 - 16.

Fertasa. 2016.

Bemestingshandleiding

. Agtste hersiene uitgawe. Pretoria, Suid-

Afrika.

Möhr, PJ. 1972.

Stikstof- en fosforbemestingsnorme vir mielies op sekere gronde

van die Avalon- en Huttonvorms

. Crop Production (1) 47 - 53.

Möhr, PJ. 1974.

Handleiding vir mielieproduksie en gebruik van die mielierekenaar

.

MVSA Publikasienr. 36.

Möhr, PJ. 1975.

Optimum soil P levels for series of the Avalon and Hutton forms

.

Fertiliser Society of South Africa Journal (1) 11 - 16.

Möhr, PJ. 1975. Unpublished internal FSSA report.

Möhr, PJ. 1977.

Mielieproduksie en die mielierekenaar

. MVSA Publikasienr. 61.

MVSA, 2007.

Bemestingshandleiding

. 7de uitgawe. Pretoria.

Nienaber, TF en Groenewald, JA. 1979a. S

ekere ekonomiese aspekte betrokke by

fosforbemesting van mielies

. MSc.-Verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Nienaber, TF en Groenewald, JA. 1979b.

Finansiële aspekte van grondfosforop­

bouing in mielieproduksie

. Fertiliser Society of South Africa Journal (1) 9 - 14.

Schmidt, CJJ. 2003.

Changes in the phosphorus status of soils and the influence on

maize yield

. PhD-thesis. University of the Free State, Bloemfontein.

Soil Classification Working Group. 1991.

Soil classification – a taxonomic system

for South Africa

. Department of Agriculture and Water Supply: Pretoria.