Previous Page  26 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 26 / 108 Next Page
Page Background

D

ie Fertilizer Association of Southern Africa (Fertasa) het

hierdie jaar op 19 April hul 58ste jaarkongres in Kempton

Park gehou. Die kongres is besonder goed bygewoon en

het met sprekers van heinde en verre gespog, wat veral

oor nuwighede in die kunsmisbedryf gepraat het. Die tema was

“Die toekoms van kunsmis”.

Fertasa se voorsitter, mnr Adriaan de Lange, het die kongres afge­

skop met Fertasa se voorsittersverslag. Hier is ‘n paar hoogtepunte

uit sy verslag:

Internasionale kunsmispryse het in die verslagperiode gesta­

biliseer soos wat produksiekapasiteit internasionaal toegeneem

en die vraag konstant gebly het.

Die rand het ook in die verslagdoeningsperiode versterk, wat

tesame met die tendens in internasionale pryse, ‘n afwaartse

effek op plaaslike kunsmispryse gehad het.

Wat egter in ag geneem moet word, is dat afleweringskoste van

die plaaslike mark afgelei word.

Die eskalasie van koste as gevolg van Suid-Afrikaanse uit­

dagings soos inflasie, verhoogde belasting en heffings,

gebrek aan behoorlike infrastruktuur en basiese dienste

soos doeltreffende spoorvervoer, duur elektrisiteit en duur

en onproduktiewe arbeid, lei tot plaaslike koste wat nie

altyd tred hou met die internasionale grootmaatkunsmis-

indeks nie.

Invoere van kunsmis na

Suid-Afrika

Die invoer van kunsmis het aansienlik toegeneem van

1,9 miljoen ton in 2016 tot 2,2 miljoen ton in 2017.

Uitvoere het toegeneem vanaf 0,75 miljoen ton in

2016 tot 0,83 miljoen ton in 2017.

Netto invoere het dus altesaam met 26% in 2017

gestyg, hoofsaaklik as gevolg van netto in-

voere van 14% meer ureum en 39% meer in­

voere van MAP.

Totale kunsmisverbruik in Suid-Afrika vir

2016/2017 is ongeveer 2,2 miljoen fisiese

ton kunsmis, wat 446 000 ton stikstof (N),

110 000 ton fosfaat (P) en 103 000 ton kalium

(K) verteenwoordig. (Hierdie syfers is Fertasa

se berekeninge uit gewasaanplantings.)

Invoere van hoender

‘n Groot bekommernis wat verlede jaar geopper is, is

die groot hoeveelheid hoenderinvoere na Suid-Afrika

en die impak daarvan op die plaaslike pluimveebedryf

– en indirek, die kunsmisbedryf. Die Suid-Afrikaanse

Pluimveevereniging (SAPA) het later hul kommer

uitgespreek omdat Suid-Afrika steeds ongetoetste

meganies-ontbeende hoendervleis (MDM) uit Brasilië

invoer.

Vooruitsigte vir 2018

Klimaatstoestande was ongunstig vir someraanplantings

(2017/2018) vroeg in die seisoen.

Dit het gelei tot laat aanplantings van die meeste somergewasse.

Oesskattings vir die meeste somergewasse is laer as die vorige

jaar. Mielies is laer: 12,2 miljoen ton teen 16,8 miljoen ton verlede

jaar.

Ramings vir sojabone is effens hoër teen 1,4 miljoen ton,

vergeleke met 1,3 miljoen ton in 2017. Daar word verwag dat die

totale graanproduksie op 14,6 miljoen ton te staan sal kom. Dit is

aansienlik laer as die 19,3 miljoen ton van die vorige jaar.

Daar kan dus verwag word dat die kunsmisverbruik vir 2017/2018

laer sal wees as vir die 2016/2017-seisoen.

Presiese syfers vir verkope van landboukalk is nie beskikbaar

nie. Indien die wydverspreide en ernstige aard van on­

dergrondsuurheid in ag geneem word – veral in die Vrystaat

Fertasa-kongres fokus op

toekoms van kunsmis

Corné Louw,

senior ekonoom, Graan SA

Fokus

Bemesting

Julie 2018

24

Adriaan de Lange, voormalige voorsitter van Fertasa en dr Pieter Haumann,

hoof uitvoerende beampte, Fertasa.