Previous Page  27 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 27 / 108 Next Page
Page Background

25

July 2018

– en die ernstige, negatiewe langtermyneffek daarvan op

voedselproduksie en boerderywinsgewendheid, sal kalkverkope

na verwagting in daardie gebiede toeneem indien dit nie

mettertyd reggestel word nie.

Dit word aanbeveel dat produsente by kundiges betrokke raak

om hul bemestingsprogramme en -praktyke te hersien om

hierdie aangeleentheid aan te spreek vir volhoubare produksie in

die toekoms.

Die “grondonteiening sonder vergoeding”-bedreiging het ‘n

wesenlike negatiewe uitwerking op die boerderygemeenskap

se vertroue in die toekoms gehad. Dit is duidelik dat sterk leier­

skap en samewerking tussen die regering en sakeleiers nodig sal

wees om dit te bestuur.

Al die groot landbou-organisasies het die regering kennis

gegee van hul besorgdheid ten opsigte van hierdie kwessie. ‘n

Kalm, kollektiewe en beraadslagende benadering sal die beste

resultate oplewer.

Fertasa aktiwiteite

Gedragskode-voldoeningstelsel

Sedert die inisiëring van hierdie program, het 19 lede ‘n vol­

doeningsertifikaat verwerf in vergelyking met die tien in dieselfde

tyd die vorige jaar.

Lidmaatskap

Op 1 April het die Fertasa lidmaatskapsgetal op 70 gestaan, teenoor

die 52 van vorige jaar. Voortgesette pogings sal aangewend

word om meer lede te werf.

As gevolg van die groeiende invloed van die biokunsmisindustrie,

sal meer aandag hieraan gegee word. Dit word gesien as ‘n

belangrike komponent van die bedryf vir die toekoms. Hierdie

fokusverandering word duidelik geïllustreer in die agenda van die

kongres en simposium, waar betreklik meer klem op die biologiese

aspekte van plantvoeding geplaas word.

Kunsmis-wetsontwerp

Daar is ‘n gesamentlike poging aangewend om konsensus binne die

kunsmisbedryf te bereik oor die beginsels wat in die wetsontwerp

ingesluit behoort te word. Hierdie poging het nie-Fertasa lede

ingesluit.

Die belangrikste beginsels wat deur die kunsmisbedryf afgekondig

is, is:

Misstowwe en nie entiteite nie, moet geregistreer word.

Kunsmisentiteite moet as vervaardigers gesertifiseer word.

Indien ‘n "raad" aangestel word om die Kunsmiswet te beheer,

moet dit nie te omslagtig en duur wees nie.

Selfregulering moet bevorder word.

Die beginsels is in die konsepwet deur die Departement van Landbou,

Bosbou en Visserye (DAFF) ingesluit. Die "raad"-opsie, wat deur die

lede verwelkom is, is nie ingesluit nie.

Volgens die voorgestelde wet moet kunsmisentiteite goedgekeur

word voordat hul toegelaat word om kunsmis te produseer. Dit is

in werklikheid ‘n verlenging van die huidige voldoeningsertifisering

wat vrywillig deur sekere Fertasa lede gedoen word.

Sodra die wetsontwerp in die Staatskoerant gepubliseer word, sal

dit ‘n wet word.

DAFF is tans besig met die sosio-ekonomiese impakstudie en ander

ontledings en openbare konsultasie ter voorbereiding van die

publisering van die wet.

Kunsmisregistrasies

Hierdie diens is uiters gewild en sal steeds deur Fertasa voorsien

word. Al die agterstande met registrasies van die verlede is groot-

liks uitgeskakel in terme van Groep 1- en Groep 2-registrasies.

Groep 3-registrasies bly ‘n uitdaging, maar vordering is onlangs met

nege Groep 3-produkte gemaak.

Registrasie van Groep 3-kunsmis sal gedurende die komende jaar

meer aandag geniet.

‘n Versoek van DAFF om bystand te verleen help met die ontwikkeling

van ‘n elektroniese bedryfstelsel en databasis vir die registrasie-

aansoeke, geniet die aandag van Fertasa se regulatoriese komitee.

Kunsmisregulasies

Fertasa het talle regstellings aan die 2012-kunsmisregulasies

voorgestel. Groep 3-regulasies is ook reggestel om onduidelike

vereistes uit die weg te ruim.

‘n Werkswinkel vir die finalisering van die regulasies sal in 2018

gehou word.

Sprekers

Sprekers tydens Fertasa se kongres het die volgende ingesluit:

Die belangrike tendense wat die toekoms van landbou dryf, is

deur dr John Purchase van Agbiz aangespreek.

Mnr Theo Aanhane van Nederland het oor hoë intensiteit-

voedselproduksie gepraat.

Prof Anne Grobler van die Noordwes-Universiteit het gefokus op

nanotegnologie en kunsmis.

Me Barbara Novak van Italië het ‘n voorlegging gedoen oor

die belangrikheid van kunsmisspesialiteite vir nou en in die toe­

koms in Europa.

Dr Hugo Opperman van MBFi het ‘n blik gegee oor spesiali­

teitsprodukte in ‘n Suid-Afrikaanse konteks.

Prof Nico Labuschagne van die Universiteit van Pretoria het oor

rizobakterieë se rol as bio-kunsmis gesels.

Dr Shamie Zingore van die Internasionale Plantvoedingsinstituut

het toeligting gegee oor rentmeesterskap en volhoubare kuns­

misgebruik.

Dr Erik Adriaanse (produkontwikkeling en tegniese ondersteuning,

Sasol) is tydens die kongres tot voorsitter van Fertasa verkies.