Previous Page  17 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 108 Next Page
Page Background

Twee lede van die Bothaville Studiegroep, Ben Sitshe en Edward

Tsoene, het boerderysake met Johan Kriel (ontwikkelingskoör-

dineerder van Graan SA in die Vrystaat) gesels.

Albert Makoae (agter), ‘n produsent van Ventura Mission Farm in

die Ladybrand-area, het drie laerskoolleerders en ‘n groep landbou­

studente wat landboubestuur aan die Sentrale Universiteit van

Tegnologie studeer, met hul eerste besoek aan die NAMPO Oesdag

vergesel. Die studente is Lerato Khiba, Masello Mokhoro,

Lerato Mahloane en Khodani Nembambula.

Terugblik

Graan SA/Grain SA

Karina Muller,

SA Graan/Grain

medewerker

N

a ‘n dosyn jare in die hittige masjienkamer van die steeds

groeiende NAMPO Oesdag, wil mnr Cobus van Coller

(uittredende voorsitter van die Oesdagkomitee) in 2019

“agter in die bus sit”; lekker aan’t kuier met vriende uit

landbougeledere…

Van Coller het gedurende sy tyd op die Oesdagkomitee (waarvan

agt jaar in die voorsitterstoel) beleef hoe dialoog oor verskeie ge­

meenskaplike sake ontwikkel het, hoe besoekergetalle jaar na jaar

sterk gestyg het en hoe meer en meer buitelandse uitstallers na

NAMPO gekom het.

“NAMPO het in ‘n sterk handelsmerk ontwikkel. Ons het byvoor­

beeld navrae van Italiaanse en Franse sakelui gehad wat die han­

delsmerk wou koop,” vertel hy. “Dit word nie verkoop nie. Ons het

wel streeksgewys uitgebrei met NAMPO Kaap wat in September op

Bredasdorp aangebied word.”

Wat hy wel besef het, is dat NAMPO ‘n “ongelooflike familieverband”

skep. “Produsente kom hierheen ook om mekaar te bemoedig in tye

wanneer dit sleg gaan. Landbou het ‘n besonder sterk ondersteu­

ningstelsel.”

Van Coller en sy span was altyd druk besig wanneer die Oesdag-

wiele aan die rol was. Daar was nie veel tyd vir plesier nie, maar

hy dink tog met nostalgie aan die “inlywing” van nuwe komiteelede

– wat vir groot pret en skaterlag gesorg het.

As hy moet terugdink, hoeveel fiasko’s was agter die skerms

aan’t afspeel? “Mense moenie weet van hierdie dinge nie, maar

daar was dié jaar toe die Eskom kraglyn (wat die krag aan NAMPO

voorsien) ‘n probleem gehad het en ons vinnig moes spring om

bystandkrag aan die gang te probeer kry. Sonder krag gaan staan

alle netwerke op NAMPO. Of dié keer toe daar fout was met die

voorsiening van die nodige 60 000 liter water per uur.”

Vanjaar het betogings in dele van Noordwes, wat toegangsroetes

versper het, ook vir hoofbrekens gesorg.

Pad vorentoe

Van Coller wil hom nou veral op bewaringslandbou – ‘n saak

waaroor hy baie sterk voel – toespits. Hy pas dit op sy eie grond

toe, maar gaan ook praatjies hieroor aanbied.

“Ek hoor gereeld by ander mense hoe my kinders

presteer; ek wil dit nou eerstehands beleef.”

Cobus en sy vrou, Magdel, het twee kinders

– Johané (16) en Janico (14). Magdel het die

leisels tuis bekwaam vasgehou in die tye wat

hy met NAMPO-sake besig was. Sy pas ook pre­

sisieboerdery op hul skaapkudde toe.

Die bestuur van Graan SA bedank

Cobus graag vir sy positiewe insette

oor die afgelope twaalf jaar wat van

NAMPO so ‘n uitstaande geleent­

heid gemaak het.

Hy wil nou agter in die bus sit

Cobus van Coller het vanjaar na

afloop van die Oesdag die leisels

as voorsitter van dié landbou­

tentoonstelling neergelê.

15

July 2018