Previous Page  14 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 14 / 108 Next Page
Page Background

...rekords wat spat!

12

Terugblik

Graan SA/Grain SA

By die Graan SA NAMPO Belewenissentrum kon besoekers die

organisasie se fokusareas besigtig – soos wat Chris Boshoff (Delmas)

en Melanie Duminy (Volksrust) saam met Jean-Marie en Japie Breedt

(Bapsfontein) en Jan Breedt (ook van Bapsfontein) gedoen het.

Hierdie lede van die Ottosdal Studiegroep was by NAMPO en

het laatmiddag op die stoep by die ledelokaal bymekaargekom.

Voor: Jacques Foster sr en Jaco Bamberger. Agter: Jaco Pienaar,

Louwrens du Plessis, Tobie Maartin en Jacques Foster jr.

Al die pad van die Overberg: Nelius Otto en Anel Lambrechts (albei

van Napier) saam met Schalk en Landi Viljoen (Riviersonderend).

Eersdaags spog die Overberg met NAMPO Kaap wat in September

op Bredasdorp aangebied word.

Van Amersfoort: Aloné, Liezel, Reinhardt en Theané Arnoldi. Met ‘n

koppie koffie agter die blad, sien ‘n mens weer kans vir die baie stap

wat sinoniem is met die Oesdag.

Thomas de Wet (Hopetown), Carl Durow en Pieter Nel (albei van

Clocolan) het by die ledelokaal aangedoen om te kom kyk watter

vriende en ander bekendes hul daar raakloop.

‘n Landbou-afvaardiging vanuit Oos-Afrika word ingelig oor

Graan SA se landbou-ontwikkelingsprogram.

Julie 2018