Previous Page  105 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 105 / 108 Next Page
Page Background

103

June 2018

Die buitenste afmetings is dieselfde as voorheen, maar die asafstand is 5 cm langer as dié van sy voorganger en sy lang enjinkap en

besonder kort voorste oorhang, wat die volmaakte massaverspreiding van 50:50 na die voor- en agterasse beklemtoon, gee aan hom ‘n

voorsprong bo sy voorganger.

‘n Bakkie met glans én spiere

b

akkievervaardigers is nou almal besig om, of het

reeds onlangs, glansbakkies bekend gestel vir diegene

wat ‘n topbakkie wil hê met alle toebehore wat ‘n mens

in luukse sportiewe nutsvoertuie (SNV) sou verwag.

Die afgelope paar jare was daar ‘n neiging by motorko­

pers om van sedans na SNV’S te v rskuif. ‘n Bewys

hiervan is dat BMW SA byvoorbeeld hul fabriek in Rosslyn in

Suid-Afrika omgeskakel het van die vervaardiging van die BMW 3

sedan-reeks na die vervaardiging van die BMW X3 SNV.

‘n Nuwe neiging wat hand-aan-hand met die SNV-mode gaan, is

dat daar ook voorsiening vir luukse, robuuste dubbelkajuitbakkies

gemaak moet word. Ford, Mazda, Isuzu, Nissan en selfs Mercedes-

Benz het dit al gedoen en nou het Mitsubishi tot hierdie segment

toegetree met die bekendstelling van hul Triton Athlete, gebaseer

op die Triton-dubbelkajuitbakkie.

Hierdie model is op die Triton 4x4 met ‘n outomatiese ratkas geba­

seer en word in Mitsubishi se fabriek in Thailand vervaardig. Dié

model word in sy geheel na Suid-Afrika ingevoer en beskik oor

sewe lugsakke (twee voor, kantlugsakke, ‘n bestuurdersknielugsak

en ‘n lugsakgordyn), ISOFIX-hegpunte, syslagstawe en ‘n hoësterk­

te-staalrompstruktuur.

Onder sy ander veiligheidskenmerke tel ABS-remme met elektro­

niese remverspreiding en noodremhulp, aktiewe stabiliteits- en

vastrapbeheer en opdraande-wegtrekhulp.

Die Triton Athlete is in wit of grys beskikbaar en kan onderskei

word deur middel van oranje en swart binne- en buite-ontwerprig­

lyne. Onder die uitstaande kenmerke van die buitekant die voer­

tuig, is nuwe afwerking vir die voorste stamper, ‘n nuwe swart

sierrooster met heuningkoekafwerking en swart wielnisskerms.

Nuwe diamantgesnyde allooiwiele van 17 duim, wat met poeierverf

afgewerk is, ‘n sportstaaf, ‘n ingeboude stertdeur-lugskort,

donkergrys en oranje kentekens op die kanttrappies, deurspieëls,

deurhandvatsels, agterste stamper en nuwe stertdeur rond die

buite-ontwerp af.

Aan die binnekant is daar tweekleur-leersitplekke met oranje

insetsels. Die oranje tema word deurgetrek na die Athlete-weef­

werk om by die oranje stikwerk van die leersitplekke, die stuurwiel,

die ratkieser, die deurpanele en die middelkonsole te pas. Alles

besonder netjies.

Die Athlete, as ‘n volbloed-glansbakkie, spog verder met

Bi-Xenon-ligdiodekopligte, LED-dagryligte, ‘n veelfunksiestuurwiel,

ratspane vir die outomatiese ratkas, ‘n sleutellose toegang met ‘n

aansitknop, ‘n raakskerm van 6,5 duim met Bluetooth-verbinding

en die vermoë om MP3’s en DVD’s te speel en outomatiese twee-

sone-lugversorging. Bakseiltjies en verskeie ander fabrieksgoed­

gekeurde bykomstighede is by handelaars beskikbaar.

Die Athlete word toegerus met dieselfde turbo-aangejaagde

2,4 liter-dieselenjin wat ook in die res van die Triton-reeks gebruik

word. Hierdie enjin, wat net met ‘n outomatiese vyfgangratkas

en vierwielaandrywing beskikbaar is, het ‘n kraglewering van

133 kW teen 3 500 omwentelinge en ‘n wringkrag van 430 Nm teen

2 500 omwentelinge.

Mitsubishi Super Select-vierwielaandrywingstelsel is standaard­

toerusting vir die Athlete en daarmee saam beskik hy oor die beste

invalshoek (28°), vertrekhoek (22°) en oorbruggingshoek (25°) in

sy klas. Die Athlete beskik oor ‘n sleepvermoë van 3,1 ton, wat

hom geskik maak vir diegene met ‘n aktiewe leefstyl wat ‘n sleepwa

of ‘n woonwa sleep.

Triton Athlete se bekendstellingsprys is R559 995. Dit is heelwat

goedkoper as Mercedes-Benz se huidige reeks glansbakkies.

Die Athlete word gerugsteun deur drie jaar of 100 000 km-

fabriekswaarborg en ‘n vyf jaar of 90 000 km-diensplan. Dienstus­

senposes is 10 000 km.

Die Triton Athlete is nou by Mitsubishi-handelaars landwyd beskik­

baar.

Gerrie Smit,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

1: Die nuwe Mitsubishi Triton Athlete is gebaseer op die

Triton-dubbelkajuitbakkie.

2: Aan die bin ekant is daar tweekleur-leersitplekke met

oranje insetsels.

1

2

ly 2018