Previous Page  8 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 37 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

1935 – Mieliereëlingswysigingswet

Die maatreëls wat ingevolge die Mieliereëlingswet van 1931 ingestel is, is as

gevolg van die bogenoemde probleme vanaf 3 Mei 1935, met die inwerkingtreding

van die Mieliereëlingswysigingswet (Wet 59 van 1935), aangepas. Hierdie Wet het

voorsiening gemaak vir die daarstelling van die Raad van Beheer oor die Mielieny-

werheid, die voorloper van die Mielieraad. Dié Raad is aanvanklik as ’n adviesraad

ingestel, na aanleiding van die aanbevelings van die Kommissie van Ondersoek na

Samewerking en Landboukrediet in 1934 wat die instelling van eenkanaalbemar-

king vir mielies ten sterkste afgeraai het.

Vanaf die inwerkingtreding van die Bemarkingswet van 1937 het die Mielieraad in

terme van daardie Wet gefunksioneer en het sy status verander vanaf ’n adviesraad

na ’n volwaardige beheerraad.

Die probleme wat met die kwotastelsel ondervind is, het in 1937 aanleiding gegee

tot ’n wysiging van die wetgewing daaroor, na aanleiding waarvan die Mielieraad,

onder andere, ’n klaringshuis vir kwotasertifikate teen vaste pryse geword het.

Sodoende is spekulasie met die kwotas uitgeskakel en beter beheer oor uitvoer

van mielies bewerkstellig.

Terselfdertyd het die Raad “volmag gekry vir die bepaling van die mielieprys en die

uitvoer en opberging van mielies”. Die hoofoogmerk van die Raad was om besten-

digheid in die mieliebedryf te bewerkstellig deur die uitskakeling van buitensporige

wisseling in pryse, die bevordering van produksiedoeltreffendheid, die behoud

van grondvrugbaarheid en die skepping van ’n gebalanseerde verhouding tussen

die belange van die produsente en ander rolspelers in die mark.

Die besluit om die Mielieraad te magtig om eenkanaalbemarking vir mielies af te

dwing, is voorafgegaan deur ’n lang, uitgerekte en moeilike proses. Reeds met die

Raad van Beheer oor die Mielienywerheid se eerste vergadering wat op 12 Julie

1935 ondervoorsitterskap van dr PR Viljoen, die Sekretaris van Landbou, gehou is,

is ’n subkomitee op versoek van produsente aangestel om die moontlikheid van

eenkanaalbemarking te ondersoek. Hoewel die eerste gedagtes hieroor in die kiem

gesmoor is, het dit nie van die toneel verdwyn nie en het dit herhaaldelik weer ter

tafel gekom. Telkens is verskeie argumente ten gunste van sowel as teen die instel-

ling van ’n eenkanaalbemarkingstelsel aangevoer.

Terwyl die debat oor eenkanaalbemarking voortgeduur het, het mielievoorrade van

jaar tot jaar geweldig gewissel. In sommige jare, byvoorbeeld die 1938/1939-seisoen,

is groot surplusse geproduseer, terwyl wesenlike tekorte in ander jare ondervind is.

Dit het drastiese maatreëls deur die Regering tot gevolg gehad, in die vorm van ’n “tus-

sentydse” Mieliereëlingskema wat die volgende magte aan die Mielieraad gegee het:

• Die beheer oor uitvoere deur middel van ’n permitstelsel;

• die instelling van ’n heffing om te verseker dat binnelandse pryse hoër as in-

voerpariteit bly en terselfdertyd fondse op te bou om vir die finansiering van

uitvoerverliese voorsiening te maak;

• die reg om mielies en mielieprodukte vir eie rekening aan te koop; en

• die reg om enige persoon wat in mielies of mielieprodukte handel dryf, te verplig

om maandeliks aan die Mielieraad verslag te doen van transaksies.

Gedurende 1941/1942 het die verbruik van mielies in Suid-Afrika begin toeneem,

wat handelaars daartoe beweeg het om voorrade terug te hou in afwagting van

prysverhogings as gevolg van die verhoogde vraag. Dit het daartoe bygedra dat

die Mielieraad vanaf November 1941 kragtens ’n magtiging deur die Minister ver-

leen, die verkooppryse van mielies en mielieprodukte vasgestel het. In Januarie

1942 is die Raad kragtens oorlogsmaatreël 20 van 1942 ook gemagtig om mielies

op te eis van persone wat meer mielies opgeberg het as wat nodig was om in hulle

onmiddellike behoeftes te voorsien. Terselfdertyd is die Mielieraad gemagtig om

agente aan te stel om mielies namens hulle te ontvang en te versprei – alles stappe

in die rigting van groter beheer.

Gedurende 1942 is verwag dat die mielie-oes van die volgende seisoen baie swak

sou wees en is ’n vaste produsenteprys vir mielies afgekondig – die eerste in die

geskiedenis van Suid-Afrika. Die Regering het ook maatreëls afgekondig rakende

Mielies is geweeg op ’n platformskaal.

’n Tipiese toneel van mielies wat by ’n

Suid-Afrikaanse hawe verskeep word.