Previous Page  16 / 37 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 16 / 37 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႈ

Die uitvoer van mielies per skip.

produsente het ’n aanvanklike (voorskot) prys ontvang. Indien enige surplusse ge-

realiseer het, is dit by wyse van middel- en agterskotte aan die produsente uitbetaal.

Alle belangegroepe (soos die meulenaars, voerverwerkers en ander verbruikers-

groepe) is by die prysbepalingsproses betrek. Die prys wat na afloop van die

vergaderings bepaal is, is aan die Landboubemarkingsraad voorgelê, wat ’n aan-

beveling aan die Minister van Landbou gemaak het, wat die finale prys goedgekeur

en afgekondig het.

Weerstand

Met verloop van tyd het die gaping tussen die produsenteprys en die verbrui-

kersprys van mielies vergroot as gevolg van bemarkingsfaktore, soos ’n verswak-

kende geldeenheid (ZAR), ’n afname in wêreldpryse van mielies en ’n toename

in beskikbare mielievoorrade wat weens ’n oorskotproduksie teen lae pryse uit-

gevoer moes word. Hierdie faktore, gekoppel aan die afskaffing van die Regering

se subsidie op uitvoerkoste van mielies in die vroeë 1980’s, het daartoe gelei dat

die spesiale heffing verhoog moes word, wat die weerstand teen die eenkanaalbe-

markingstelsel vir mielies vergroot het.

In 1994 het ’n aantal van die grootste mieliekopers (die

Concerned Buyers Group

)

uit protes teen die hoë heffings ’n hofaansoek geloods om sekere van die bepa-

lings van die Somergraanskema ongrondwetlik te verklaar, tesame met ’n aansoek

om ’n interdik wat die Mielieraad sou belet om heffings op sekere mielietransaksies

te vorder. Die aansoek was onsuksesvol.

Die weerstand teen die Skema het egter nie verswak nie en sekere partye in die

mieliebedryf het die betaling van die heffings op allerlei wyses probeer omseil,

byvoorbeeld deur die sluiting van vennootskappe, dienskontrakte, huurkontrakte,

produksiekontrakte en oprigting van verskillende regsentiteite in baie ingewik-

kelde transaksies wat dit moeilik gemaak het om die ontduiking van die heffings-

verpligting vas te pen.

As gevolg van die omseiling van die stelsel het die mieliebedryf begin om te desta-

biliseer, die gaping tussen die produsente- en verbruikersprys het vergroot en die

Mielieraad kon nie altyd behoorlik vir uitvoere begroot nie. Die Mielieraad se bin-

nelandse verkope het gedaal, met ’n gevolglike groter uitvoersurplus. Die feit dat

die Mielieraad nie die heffings op die totale oes kon invorder nie, het wesenlike

finansiële implikasies ingehou.

1994/1995-bemarkingseisoen

Aangesien daar in die 1994/1995-bemarkingseisoen nie ’n ooreenkoms oor die

produsenteprys vir mielies bereik kon word wat vir al die rolspelers in die mie-

liebedryf aanvaarbaar was nie, is ooreengekom dat die Somergraanskema op

30 April 1995 beëindig en met ’n nuwe mieliebemarkingskema vervang sou word.

Die kerneienskappe van die vervangende skema was soos volg:

• Mieliepryse sou sonder statutêre inmenging in die markplek gevorm word;

• Die Mielieraad se funksies is aangepas en het hoofsaaklik die volgende behels:

Die bedryf van ’n eenkanaaluitvoerpoel, administrasie van ’n stabilisasieheffing

op aankope vanaf produsente sowel as ’n produsenteheffing, verskaffing van