Table of Contents Table of Contents
Previous Page  100 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 100 / 116 Next Page
Page Background

98

1.4 Finansiële instrumente

AANVANKLIKE METING

Finansiële instrumente word aanvanklik gemeet teen die transaksie-

prys (insluitend transaksiekoste, behalwe in die aanvanklike meting van

finansiële bates en laste wat gemeet word teen billike waarde deur wins

of verlies) tensy die ooreenkoms, in effek, ’n finansieringstransaksie uit-

maak in welke geval dit gemeet word teen die huidige waarde van die

toekomstige betalings verdiskonteer teen ’n markkoers van rente vir ’n

soortgelyke skuld-instrument.

FINANSIËLE INSTRUMENTE TEEN GEAMORTISEERDE KOSTE

Hierdie sluit in lenings, handelsdebiteure en handelskrediteure. Daardie

skuld-instrumente wat voldoen aan die kriteria in Artikel 11.8(b) van

die standaard, word daarna teen geamortiseerde koste gemeet deur

gebruik te maak van die effektiewe rente-metode. Skuld-instrumente

wat as bedryfsbates of -laste geklassifiseer is, word gemeet teen

die onverdiskonteerde bedrag van die kontant wat verwag word

om ontvang of betaal te word, tensy die ooreenkoms effektief ’n

finansieringstransaksie uitmaak.

Op elke verslagdoeningsdatum, word die drabedrae van bates wat

in hierdie kategorie gehou word hersien om te bepaal of daar enige

objektiewe bewyse van waardedaling is. Indien daar objektiewe

bewyse is, word die verhaalbare bedrag beraam en met die drabedrag

vergelyk. Indien die beraamde verhaalbare bedrag laer is, word die

drabedrag verminder na sy beraamde verhaalbare bedrag, en ’n

waardedalingsverlies word onmiddellik in wins of verlies erken.

HANDELSDEBITEURE

Handelsdebiteure word met aanvanklike erkenning teen billike waarde

gemeet en daarna teen die geamortiseerde koste bereken deur die effek-

tiewe rentekoersmetode te gebruik. Toepaslike voorsiening vir beraamde

onverhaalbare bedrae word in wins of verlies erken wanneer daar objek-

tiewe bewys is dat die bate oninbaar is. Beduidende finansiële probleme

van die debiteur, die waarskynlikheid dat die debiteur bankrot verklaar sal

word of finansiële herorganisasie sal ondergaan en wanbetaling of agter-

stalligheid van betalings word as aanduiders beskou dat die handels-

debiteure aan waardedaling onderhewig is. Die erkende voorsienings

word bereken as die verskil tussen die bate se drabedrag en die huidige

waarde van die beraamde toekomstige kontantvloei, verdiskonteer teen

die effektiewe rentekoersmetode met aanvanklike erkenning.

Die drabedrag van die bate word verminder deur die gebruik van

’n voorsieningsrekening en die bedrag van die verlies word in die

wins of verlies in bedryfskoste erken. Wanneer ’n handelsdebiteur

oninvorderbaar is, word dit afgeskryf teen die voorsieningsrekening

vir handelsdebiteure. Bedrae wat voorheen afgeskryf is en daarna

ingevorder word, word as ander inkomste erken.

KONTANT EN KONTANTEKWIVALENTE

Kontant en kontantekwivalente bestaan uit kontant voorhande en

aanvraagdeposito's en ander hoogs likiede korttermynbeleggings wat

geredelik in ’n bekende kontantbedrag omskepbaar is en aan nietige

risiko's ten opsigte van waardeverandering onderhewig is. Dit word

aanvanklik en daarna teen billike waarde erken.

FINANSIËLE INSTRUMENTE TEEN BILLIKE WAARDE

Alle ander finansiële instrumente word deur wins en verlies teen billike

waarde gemeet.

HANDELSKREDITEURE

Handelskrediteure word aanvanklik teen billike waarde gemeet en

daarna teen geamortiseerde koste bereken deur die effektiewe

rentekoersmetode te gebruik.

1.5 Hure

’n Huur word as ’n bruikhuur geklassifiseer as dit aansienlik al die

risiko's en belonings verbonde aan eienaarskap aan die huurder

oordra. Alle ander hure is bedryfshure.

1.4 Financial instruments

INITIAL MEASUREMENT

Financial instruments are initially measured at the transaction price

(including transaction costs except in the initial measurement of

financial assets and liabilities that are measured at fair value through

profit or loss) unless the arrangement constitutes, in effect, a financing

transaction in which case it is measured at the present value of the

future payments discounted at a market rate of interest for a similar

debt instrument.

FINANCIAL INSTRUMENTS AT AMORTISED COST

These include loans, trade receivables and trade payables. Those debt

instruments which meet the criteria in Section 11.8(b) of the standard,

are subsequently measured at amortised cost using the effective

interest method. Debt instruments which are classified as current

assets or current liabilities are measured at the undiscounted amount

of the cash expected to be received or paid, unless the arrangement

effectively constitutes a financing transaction.

At each reporting date, the carrying amounts of assets held in this

category are reviewed to determine whether there is any objective

evidence of impairment. If there is objective evidence, the recoverable

amount is estimated and compared with the carrying amount. If

the estimated recoverable amount is lower, the carrying amount is

reduced to its estimated recoverable amount, and an impairment loss is

recognised immediately in profit or loss.

TRADE RECEIVABLES

Trade receivables are measured at initial recognition at fair value and

subsequently calculated at amortised cost using the effective interest

rate method. Appropriate provisions for estimated irrecoverable

amounts are recognised in profit or loss when there is objective proof

that the asset is unreachable. Significant financial problems of the

debtor, the likelihood that the debtor will be declared bankrupt or

undergo financial restructuring and default or arrears of payments are

considered as indicators that trade debtors are subject to impairment.

The recognised provisions are calculated as the difference between

the asset's carrying amount and the present value of the estimated

future cash flow, discounted at the effective interest rate method with

initial recognition.

The carrying amount of the asset is reduced by the use of a provisioning

account and the amount of the asset loss is recognised in profit or loss

in operating expenses. When a trade debtor is irrecoverable, it becomes

written off against the provisioning account for trade debtors. Amounts

previously written off and thereafter are recognised as other income.

CASH AND CASH EQUIVALENTS

Cash and cash equivalents include cash on hand, demand deposits

and other short-term highly liquid investments with original maturities of

three months or less. Initial and subsequent measurement at fair value.

FINANCIAL INSTRUMENTS AT FAIR VALUE

All other financial instruments are measured at fair value through profit

and loss.

TRADE PAYABLES

Trade payables are recognised initially at the transaction price and

subsequently measured at amortised cost using the effective interest

rate method.

1.5 Leases

A lease is classified as a finance lease if it transfers substantially all

the risks and rewards incidental to ownership to the lessee. All other

leases are operating leases. A lease is classified as an operating lease

if it does not transfer substantially all the risks and rewards incidental

to ownership.