Background Image
Previous Page  6 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 124 Next Page
Page Background

4

e

k geniet nog altyd die gedeeltes van my werk wat te doen

het met landbou en ekonomie aansienlik meer as die

politieke deel. Wat ek wel vanwaar ek sit kan rapporteer,

is dat die politiek tans nie op ‘n goeie plek is nie. Die

basiese fundamentele vereistes vir ‘n gesonde demokra-

sie is besig om op elke politieke stoel se hittemeter al

nader aan die rooi te laat beweeg: Vryheid van spraak, deursigtig-

heid, privaat eiendomsreg, vrye media en dalk ook ‘n goeie kwota

logiese onderskeiding tussen goed en kwaad.

En dan luister ek na minister Zokwana se reaksie op die kerk se

kommentaar oor korrupsie in die parlement en hoe hy homself

verdedig deur aan te voer dat dit nie die rol van die kerk is om

mense na die opposisie te dryf nie. Dit is duidelik dat dié sakie

seergemaak het. Mense in die algemeen mag dalk nog groot besig-

hede se leiers ignoreer, maar as kerkleiers (swart en wit) al die staat

se foute vir die land se mense uitwys, neem senior politici kennis.

Ja, die rol van die kerk is om vir die owerhede te bid, maar beslis

ook om die ware Noord aan te wys wanneer politici hul morele kom-

passe verloor het. Dít kan die politici die kerk nooit ontneem nie.

Hitte het egter die inherente vermoë om alles se vorm te verander

as dit net lank genoeg gekonsentreerd op een plek gehou word.

Dit kan en sal die politieke speelveld permanent verander.

Terwyl die suide se produsente nog op reën wag en die noorde nog

besig is om te stroop, bekruip die volgende somerseisoen ons met

‘n spoed. Die nat mielies het hierdie jaar ingemeng met heelwat

manne se jagprogramme. Augustus en September is egter terug-

betaaltyd en ook tyd vir aansienlike moeilike besluite oor die ko-

mende seisoen.

Ek luister na hoe onseker die produsente is oor die kombinasie van

wat en hoeveel hulle moet plant. Die breë skuif moet meer geel- en

minder witmielies wees en meer sojabone en sonneblom in plaas

van mielies. Dalk is die verandering van ‘n seisoen ook ‘n bestiering

– in die sin dat 'n mens nie net bly tob oor die huidige seisoen en al

sy uitdagings nie.

Winsgewendheid is oral in die graanbedryf onder groot druk. Daar

is nie ‘n manier dat ons nog ‘n seisoen op hierdie prysvlakke sal kan

deurgaan sonder groot permanente veranderinge aan die same-

stelling van ons boerdery-eenhede nie. Wat hierdie verandering

teweeg gaan bring, is nog onseker, maar die klimaat in Suid-Afrika

en die res van die wêreld gaan beslis ‘n groot rol daarin speel.

Die wiel van navorsings- en tegnologie-ontwikkeling draai stadig,

maar dat dit draai is seker. Die vraag is net of dit betyds gaan wees

om ‘n groot slagting te vermy. Ek is betreklik positief dat dit wel ‘n

groot bydrae in die nabye toekoms kan maak.

Een groot positiewe verandering is die verwikkelinge by Agri SA.

Die Agri SA-leierskap het nuwe planne goedgekeur wat gedurende

die Kongres in Oktober vanjaar voorgehou word. ‘n Kleiner, meer

buigsame direksie word aanbeveel en die nuwe personeel se kwali-

fikasies is ‘n duidelike aanduiding dat georganiseerde landbou gerat

is om ‘n hele paar hofsake op elke terrein te kan voer.

Die nuwe korporatiewe lede wat by Agri SA aangesluit het, is ‘n

duidelike boodskap dat groot besighede gereed staan om hul tjek-

boeke uit te haal as dit kom by die verdediging van sake wat almal

– en nie net die produsente van die land nie – raak. Hulle is nie be-

sorg oor stemreg nie, maar eerder oor hulle bates en die waarde

van hulle aandeelhouers. Dit is regtig bemoedigend.

Die verandering van ‘n seisoen

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Hitte het egter die

inherente vermoë

om alles se vorm

te verander as dit

net lank genoeg

gekonsentreerd op

een plek gehou word.

Dit kan en sal die

politieke speelveld

permanent verander.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

September 2017