Background Image
Previous Page  12 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 124 Next Page
Page Background

LEDE-LANDSKAP

4: Gewaskeuses word gebaseer op proewe met verskeie saadmaat-

skappye wat optimaal in die area se spesifieke omstandighede kan

funksioneer. Presisieboerdery word toegepas as ‘n samestelling van die

jongste beskikbare tegnologiese produkte. Grondmonsters word vol-

gens ruitverwysings geneem en oesmonitors word in stropers gebruik.

Veranderlike toedieningstegnologie word, in samewerking met Omnia,

ingespan en die Delta T-meter word gebruik vir die berekening van opti-

male weerstoestande tydens beplande onkruid- en plaagdoderbespui-

ting. Presisieboerdery stel die boerdery in staat om groot hoeveelhede

data in te win, wat optimale funksionering moontlik maak.

5: Kultivarkeuses berus op eie proewe, wat duidelike rigtingwysers in

die boerdery se spesifieke omstandighede bied en slegs BT-vrymielies

word geplant. Die Boshoffs gebruik omgewingsproewe as ‘n goeie

maatstaf en nasionale proewe, wat verskillende weersomstandighede

oor die lang termyn aandui, aangesien stabiliteit van kultivars oor ver-

skillende weersomstandighede heen as betreklik belangrik geag word.

Sojaboonsaadproduksie (vermeerdering en pre-basissaad) word op die

spilpunte gedoen en kultivars word uit eie saadproewe gekies.

6: Gewasverbouing behels lande wat na stroop lig bewei en met ‘n

rolmoer opgevolg word. Geenbewerkingspraktyke vir plant word op

sojaboonlande toegepas. Die grondhulpbronne word bestuur deur

jaarliks selektiewe grondmonsters te neem. Grond word, soos nodig,

met kalk en kunsmis aangevul waarvolgens die chemiese regstellings

gedoen word. Wisselbou word toegepas met mielies, sojabone en

ertjies. Wisselbou werk verhoging van opbrengs in die hand en breek

die onkruiddodersiklus. Hierdie jaar gaan die Boshoffs sojaland-op-

sojaland plant – ‘n eerste – maar met die hoop om tarentaalgrasse baas

te raak. Mielies en sojabone word op dieselfde tyd geplant – wat die

Sclerotinia-risiko bykans uitskakel.

7: Plaagbeheerstrategieë vereis ‘n bietjie kreatiwiteit van die Boshoffs,

aangesien muise in die lande groot skade aanrig. Alhoewel die uitsit

van plaagdoders wel in die verlede toegepas is, het hul nou die fokus na

‘n meer natuur-vriendelike oplossing verskuif. Die gebruik van grond-

boontjiebotter en waterbakke as lokaas werp goeie vrugte af. Verder

is ‘n groot hoeveelheid uilhuise gebou om die voortbestaan en aanwas

van uile te bevorder en as ‘n gevolg die muisbeheer op dié manier ‘n

hupstoot te gee.

8: Die finansiële sukses van die boerdery verbeter toenemend en kan

aan beter rekordhouding en personeelvermeerdering toegeskryf word.

Daarbenewens dra daaglikse rekordhouding, beplanning en inten-

siewe begrotingspraktyke by tot beter besluitneming. Begrotings vir

die volgende seisoen word met groot sorg saamgestel en bestuurs-

inligting word deurlopend gemonitor. Graan word tans in Afgri se silo’s

opgeberg, maar die Boshoffs is in proses om ‘n eie silo op die plaas

Brakfontein op te rig – hoofsaaklik vir die voerkraal.

9: Die Boshoffs weet die vraag na voedsel sal nooit stop nie en daarom

is hul as produsente se toekoms daarin verseker. Aangesien politieke

skommelinge altyd sal voorkom, bly landbou steeds ‘n basiese behoefte

wat sal bly oorleef. Jan glo die graanbedryf se winsgewendheid is

gesetel daarin om meer doeltreffend en meer produktief te wees.

Markgerigte produksie, sowel as verwerking van produkte in die

waardeketting, sal winsgewendheid bevorder. Beplanning vir die nabye

toekoms sluit verdere diversifikasie in om sodoende meer waarde tot

die voedselketting te voeg.

10: Met die voorreg om bietjie tyd tot sy beskikking te hê, is Jan dit

eens dat as jy hande in die ysters het, jy nie tyd kry om te beplan nie. Hy

glo daarin om mense te kry wat take kan verrig om sy tyd vry te maak

om die mense te bestuur – sodoende gee ‘n mens ook aan ander die

geleentheid om hande in die ratte te steek. Die Boshoffs se langtermyn-

beplanning sluit uitbreiding in, maar nie noodwendig in terme van

grond nie – eerder om dít wat daar is, optimaal te benut en in die proses

mense te verryk en op te bou. Uitbreiding en groei behels ook die

inbring van afdelings sonder om bestaande afdelings te benadeel.

7

8

9

10

5

6

4

September 2017

10