Background Image
Previous Page  11 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 124 Next Page
Page Background

Jan Boshoff Boerdery

Delmas

1: Jan Boshoff het in 1971, pas uit Matriek, saam met sy pa begin

boer. Met die toetrede van die ander broers tot die boerdery, is in ‘n

vennootskap as Boshoff Broers geboer. Ná sy pa se afsterwe in 1984

en die ontbinding van die familiebesigheid in 1994, het Jan en sy vrou,

Retha, die boerdery saam bedryf. Retha het later die bestuur van die

vee onder haar vlerk geneem en saam het hul die Bonsmaras met

behulp van kundiges uitgebou tot ‘n merkwaardige kudde. Dit op

sigself het Jan se seun, Chris en later sy dogter, Ester en haar man,

Barry, die geleentheid gegun om by die boerderybedrywighede in

te skakel. Ester se seuntjie is nou die sesde geslag op die plaas.

Jan se ander twee dogters bly onderskeidelik op Polokwane en

Delmas. Op die foto is (voor): Retha Boshoff en Ester Hertzog en

(agter) Jan en Chris Boshoff.

2: Saaiboerdery was altyd Jan se sterk punt en ‘n stroom water sy

droom. As ‘n gevolg daarvan, was die bou van damme en die opgaar

van water ‘n prioriteit en is aartappels, koring, ertjies, droëbone,

sojabone en mielies aanvanklik onder besproeiing verbou. Verder

word onder meer tefgras, raaigras en ander graskultivars gevestig.

Die verdeling van lande in terme van potensiaal fokus op droëland-

mielies, besproeiingmielies, besproeiingsojabone en droëlandsoja-

bone onderskeidelik.

3: Die boerdery se veefaktor behels Bonsmaras in ‘n stoetboerdery, kommersiële beeste en ‘n voerkraal en

Vleismerinoskape vir wol, ‘n voerkraal en aanwas. Omdat daar ‘n melkery was, is die bestaande infrastruktuur

genoegsaam om in die behoefte te voorsien. Voorheen is op ‘n gras-basis gevoer, maar kuilvoer is dié jaar vir die

eerste keer op 55 ha gesny, wat beide spilpunt en droëland om die spilpunt ingesluit het.

Foto: André Pretorius

1

3

2

9

September 2017