Background Image
Previous Page  10 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 124 Next Page
Page Background

2017 Graanprodusent van die Jaar-ϐinaliste...

Almal is dit eens: Dit is vasbyt in dié tyd!

d

ie 2017 Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die

Jaar het ons weer kruis en dwars deur die land geneem

en die opwinding wat dié besoeke gepaard gaan, het

nie teleurgestel nie. Die paneel van beoordelaars het

ietwat later by die genomineerde graanprodusente

besoek afgelê en het hierdie jaar op Bultfontein,

Porterville en Delmas gaan draai.

Die 2017 toekenningsaand vind plaas op Vrydag, 13 Oktober. Die

titel van Graanprodusent van die Jaar sal vir die 18de keer toegeken

word aan dié mees effektiewe en doeltreffende Suid-Afrikaanse

graanprodusent, wat bo en behalwe ‘n ware rolmodel in die

gemeenskap te wees, ook die kuns bemeester het om voortdurend

winsgewende en volhoubare graanproduksie te bevorder. Sedert

die daarstelling van dié gesogte toekenning, ontvang Graan SA

steeds lof vir die wyse waarop produsente se uitkyk tydens die

leersame nominasie- en beoordelingsproses verryk word.

Beoordeling behels ‘n besoek aan elke genomineerde produsent

deur ‘n kundige paneel van beoordelaars, wat onder meer ‘n

agronoom, ‘n landbou-ekonoom en ‘n grondkundige insluit, asook

graanprodusente wat op Graan SA se Hoofbestuur dien. Alhoewel

van die finaliste diversifiseer, word klem gelê op effektiewe en

doeltreffende verbouing van graan en word die primêre beoorde-

ling uitsluitlik op graanproduksie gedoen. Produsente se doeltref-

fendheid en effektiwiteit word gemeet aan verskeie kriteria, wat

onder meer agronomie, hulpbron-, finansiële- en bemarkingsbestuur

insluit. Verder word produksiepraktyke, plaag- en onkruidbeheer,

meganisasie en arbeidsbestuur ook geëvalueer.

Ons bedank hiermee ook ons borge, Syngenta (die hoofborg) en

Ford (die voertuigborg), wat bydra tot die sukses en voortbestaan

van die gesogte toekenning en stel met trots ons 2017 finaliste

aan jou voor.

www.agritechnica.com

facebook.com/agritechnica made by DLG

MORE INFORMATION:

Almut Schmidt

Hotline: +49 69 247 88-265

E-Mail:

expo@dlg.org

JOIN US AT THE WORLD’S LARGEST

AGRICULTURAL MACHINERY TRADE FAIR!

2,900 exhibitors from 52 countries

452,000 visitors from 115 countries

394,000 m

2

exhibition area in 23 halls

2017

WHERE INNOVATION MATTERS.

12–18 NOVEMBER, HANOVER, GERMANY

I

PREVIEW DAYS 12/13 NOVEMBER

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite