Background Image
Previous Page  9 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 9 / 116 Next Page
Page Background

7

KANTLYN

Op die

Gee gerus jóú mening van die kantlyn af:

estiedv@mweb.co.za

083 490 9449

March 2017

CLIMATE CHANGE IN A NUTSHELL

It’s warming.

It’s us.

It hasn’t stopped.

The heat is mainly in the sea.

Sea level is rising.

Ice is shrinking.

CO

2

makes the sea more acidic.

CO

2

in the air is up 40% since the 1800s.

It’s now the highest in millions of years.

Cumulative emissions set the warming.

Reducing emissions limits the warming.

Climate change will last for centuries.

– Source: Intergovernmental Panel on Climate Change.

Visit

https://www.ipcc.ch/index.htm

Beste Kleinneef

Die jaar het nou al ver gevorder en almal is terug in die tuig na ‘n

heerlike ruskansie. Sommige van ons het mos die bure se huise en

honde opgepas of miskien familie onthaal.

Ja-nee Kleinneef, oor

Boereverneukers

, waarna jy tereg verwys in

SA Graan/

Grain

van

Januarie 2017

, wil ek nou nie juis my mond uitspoel nie, want dalk

beland ek saam met my woorde – en dalk ook my tande – in die sop, maar wat

darem te erg is, is te erg. Sal ons dit ooit kan stopsit?

Natuurlik moet ek saamstem: Boerdery is ‘n geloofsdaad. Net vanoggend staan

en kyk ek oor die heining na waar ons skoonseun, in die bloedige hitte, besig

is om te pars. Vroegoggend is monstertjies na die kelder geneem, die

okay

is

gegee en die parsmasjien is ingestoot. Die eerste vrag se suiker is toe perfek,

die tweede heelwat laer en die derde nóg laer en dít van dieselfde wingerd wat

vroeër vanjaar onder die ryp deurgeloop het – en nou is die tonnemaat ook heel-

wat minder. Nou vra ek jou, Kleinneef: “Hoe lank kan mens aanhou en uithou?”

My man het by geleentheid gesê: “Na regte moet boerdery as misdaad verklaar

word, want dit klink regtig baie na ‘n dobbelspel.” Alles wat in die boerdery

ingesteek moet word – in watter bedryf jy ook al is – doen die produsent met

geduld, hoop, liefde en swaarverdiende geldjies...en wag...en wat is die uit-

einde? Wag maar en sien?

Maar produsente maak planne en hou aan en hoop dit sal beter gaan – miskien

vanjaar? Dit kan mos nie net slegter gaan nie...Miskien eendag...?

Ons moet regtig ons produsente bewonder, ondersteun, gedurig op ons knieë

gaan en dankie sê vir hierdie manne én vroue wat ons spense en koskaste vul.

Net jammer hulle moet die harde werk doen en bitter min beland in hul sakke.

Kom, laat ons saamspan en glo dat die Here ons boerderygemeenskappe, groot

of klein, sal seën sodat ons voorspoed in hierdie wonderlike land van ons sal hê.

Groetnis vanuit die warm, droë Boland.

Ria van Wyk

Worcester

DS KOOS KIRSTEN

WOORD

Uit die

t

oe ek nog ‘n kind was, was een van die eerste gedeeltes wat

ons by die huis, kerk en skool uit die Bybel geleer het,

Psalm 23: Die Here is my Herder. Dit is ook een van die

redes waarom dit so ‘n bekende en geliefde Psalm is. Daarby

is die inhoud van Psalm 23 ook van besondere waarde vir

ons as gelowiges.

As Herder beweeg die Here voor ons uit om ons te versorg met

alles wat ons vir hierdie en die ewige lewe nodig het. Niks sal ons

ontbreek nie. Op aarde gee Hy vir ons wat ons nodig het om van

te lewe.

Hy het ook sy Seun, Jesus Christus, gegee sodat ons deur Hom

die ewige lewe kan hê. In Christus het ons alles wat ons nodig het

vir die ewige lewe. Verder lei Hy ons ook op die paaie van die lewe,

sodat ons Hom kan dien en liefhê. Hy is dus altyd voor ons.

Wanneer ons regtig in diep en donker tye inbeweeg, is Hy by ons.

Christus het ons immers in Mattheus 28:20 belowe dat Hy met ons

sal wees tot die voleinding van die wêreld. Die Heilige Gees het

ook in ons kom woon. Deur die Gees gee die Here aan ons die krag

om die bose te oorwin. In die hiernamaals sal ons saam met Hom

aan Sy tafel sit om die oorwinning te vier. So is Hy altyd by en in

ons. Laastens sal die goedheid en guns van die Here ons altyd

volg; in werklikheid agtervolg. Waar ons in hierdie lewe gaan, sal

Hy ons volg om aan ons goed te doen, of om die slegte dinge tot

ons beswil te verander. Die Here is voor ons, by ons en volg ons

met sy goedheid en welwillendheid.

Al wat die Here van jou verwag, is om Hom te volg, na sy stem te

luister en jou aan Hom toe te wy deur Hom te dien en lief te hê met

alles wat jy is en het.

Baie geluk aan

Johanna Itumeleng van

Jouberton wat vir die

Februarie-uitgawe van

SA Graan/Grain

die

gratis Bybel gewen het.

Omkring op jou kalender

16 - 19 Mei 2017

Graan SA se NAMPO Oesdag