Background Image
Previous Page  10 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 116 Next Page
Page Background

Streeksvergaderings 2017 skop af

g

raan SA se streeksvergaderings, wat jaarliks voor Kon-

gres plaasvind, het op ‘n positiewe noot op 24 Januarie

op Delmas, Middelburg, Frankfort en Reitz afgeskop.

Verskeie vergaderings is daarna weekliks in die onder-

skeie streke gehou. Die ervarings tydens die byeen-

komste is oor die algemeen uiters positief en die goeie

reën wat in die somerreënvalgebiede geval het, die beginpunt van

menige besprekings.

Produsente is tydens die vergadering ingelig oor die volgende:

Graan SA se visie met betrekking tot volhoubare graanproduk-

sie, winste/verliese, navorsing, produktiwiteit en beleidsake;

markinligting en status van verkillende gewasse en vooruitsigte;

produksie-insetkostes; en

terugvoer oor die stand van heffings deur produsente in die

streke, asook maniere om die heffings te betaal.

Daar was groot belangstelling onder produsente rakende die be-

kendstelling van die nuwe Graan SA-toepassing (

App

) wat uitsluitlik

en eksklusief inligting aan opbetaalde Graan SA-lede gaan verskaf.

Die toepassing kan gebruik word as ‘n bestuursinstrument waar-

mee die produsent sy boerdery teen ander boerderye in sy streek,

landwyd of teenoor ander streke in die land, kan meet. Alle inlig-

ting op die toepassing is privaat en een produsent kan nie ‘n ander

se inligting besigtig nie.

Tydens die streeksvergaderings is lede ook ingelig oor die verande-

ring in Graan SA se grondwet met betrekking tot die verkiesing

van ‘n tweede visievoorsitter vir Graan SA se bestuurspan, wat vir

goedkeuring tydens Kongres 2017 voorgelê gaan word.

Produsente het verder die geleentheid gekry om knelpunte in die

bedryf onder Graan SA se aandag te bring. Na afloop van die ver-

gadering het produsente en Graan SA-personeel ook die geleent-

heid gehad om mekaar beter te leer ken.

Streeksvergaderings het steeds ten doel om belangrike inligting aan

produsente in die streke oor te dra.

...en die Wes-Kaap-streeksvergaderings

motiveer nuwe denke

Die Wes-Kaap-streeksvergaderings van streke 26 en 27 het onder-

skeidelik op 31 Januarie by Rietpoel buite Caledon en op 1 Februarie

by die Hut op Moorreesburg plaasgevind.

Die opkoms van produsente en rolspelers van die bedryf was

uitstekend met ‘n totaal van 185 belanghebbendes gesamentlik.

Sprekers tydens hierdie geleenthede het ingesluit mnre Jannie

de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder), Andries Theron (vise-

voorsitter, Graan SA), Jaco Minnaar (voorsitter, Graan SA), Dirk

Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA),

Toit Wessels (assistent-bestuurder: NAMPO en Bemarking) asook ‘n

spesiale gasspreker, mnr Thinus van Schoor van AB InBev.

De Villiers, Minnaar en Theron het produsente ingelig oor Graan SA

se werksaamhede die afgelope jaar, insluitend die vordering wat

gemaak is, uitdagings wat hul teëgekom het, asook ‘n blik op die

veranderinge wat in die bedryf verwag word.

Wessels het produsente ingelig oor die vrywillige heffings wat per

streek ingevorder word, asook presies hoe ledegelde aangewend

word. Produsente is gemaan om bewus te wees daarvan dat hul elke

jaar toestemming aan hul graankoper of invorderingsagent moet

verleen om hul vrywillige Graan SA-heffing oor te betaal – asook in

die geval van ‘n produsent wat meer as een koper het of van koper

verander.

Produsente is ook ingelig oor die Graan SA-toepassing wat afgelaai

kan word en waar pryse wat hul vir produkte betaal met dié van

ander produsente binne en buite hul area en streek vergelyk word,

om sodoende uitermatige prysverskille te monitor en aan te spreek.

Dit is belangrik dat soveel moontlik produsente deelneem om die

inisiatief te laat werk.

Strydom het op sy beurt ‘n deeglike oorsig in terme van die plaas-

like en internasionale mark- en prystendense voorsien en ook lig

gewerp op hoe gebeurtenisse op beide vlakke die wisselwerking

tussen die twee en die uiteindelike pryse op plaasvlak beïnvloed.

Die gasspreker, Van Schoor, het aan die vergaderings inligting

voorsien rakende SAB se oorname deur AB InBev, asook die toe-

komsplanne wat die maatskappy vir die Suid- en Wes-Kaap se gars-

bedryf het.

Groot investering waarna produsente kan uitsien, word op pro-

duksievlak asook in die waardeketting beplan. Dog het Van Schoor

produsente ernstig gemaan om bemagtiging op hul plase toe te

pas, siende dat hierdie investering grootliks daarvan sal afhang.

Daar is ook tydens hierdie vergaderings terugvoer verskaf oor

die werksaamhede van die Wes-Kaapse Ontwikkelingsafdeling,

asook erkenning gegee aan nuwe era-boere wat by die 250 Ton

Klub aangesluit het en aan produsente wat in ‘n kategorie in terme

van tonne gelewer, opgeskuif het. Verder is daar sertifikate aan

‘n handvol kursusgangers, wat tydens die Graan SA-opleidings-

kursusse uitgeblink het, uitgedeel.

Ten slotte wil ons graag die produsente bedank wat vrymoedig-

heid geneem het om beskrywingspunte wat van kardinale belang

vir die bedryf is, tydens hierdie vergaderings te opper. Hierdie punte

sal by die Graan SA Kongres in Maart ter tafel gelê word.

Graan SA wil graag alle borge van hierdie streeksvergaderings

bedank vir hul betrokkenheid en bydrae om van die geleenthede ‘n

sukses te maak.

LIANA STROEBEL,

ontwikkelingskoördineerder: Wes-Kaap, Ontwikkelende Landbou, Graan SA

en

DIRK KOTZÉ,

ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA

Maart 2017

8

ALZENA GOMES,

skakelbeampte: Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite