Background Image
Previous Page  15 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 116 Next Page
Page Background

‘n

Vriend van Graan SA en ‘n ambassadeur vir landbou,

mnr Manny da Costa van Nigel, is op 25 Januarie vanjaar

oorlede. “Graan SA sal altyd die herinneringe aan Manny

da Costa koester – ‘n lojale lid en ‘n uitstekende am-

bassadeur – nie net vir Graan SA nie, maar ook vir landbou in Suid-

Afrika,” het mnr Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder,

Graan SA) gesê. Da Costa het van 2004 tot 2012 op Graan SA se

Hoofbestuur gedien. Hy en sy broer, Johnny, is ook in 2003 as

Graanprodusent van die Jaar aangewys.

“Hy was die een op wie se knoppie ons kon druk wanneer inter-

nasionale gaste ‘n plaas in Gauteng wil besoek – ‘n diplomaat van

formaat. Ons sal hom in die BBP-lokaal by die NAMPO Oesdag

onthou, in die hoek agter die dienstoonbank – ál vier dae. Hy het

almal met die grootste nederigheid bedien – ‘n eienskap wat almal

bewonder het. Dit het nie saak gemaak of dit ‘n koning of ‘n pre-

dikant of net ‘n normale gas van Graan SA was nie: Almal is met

die grootste respek behandel. Vanuit hierdie perspektief was hy ‘n

onderwyser aan die belangstellende ‘studente’ wat na sy raad en

wysheid geluister het,” het De Villiers onthou.

Mnr Neels Ferreira (voormalige voorsitter van Graan SA) deel die

herinnering. “Ek sal Manny altyd onthou soos hy agter die toonbank

by die NAMPO Oesdag se BBP-lokaal almal met die grootste

respek behandel het. Ek sal hom onthou vir sy nederigheid en

behulpsaamheid. Hy het sy medemens altyd voor sy eie belange

gestel. Manny was van nature ‘n

gentleman

teenoor almal en ‘n

ambassadeur vir landbou in Suid-Afrika,” het Ferreira benadruk.

Da Costa het ‘n nuwe soort boerdery gemodelleer en die pad gelei

met bewaringslandbou en waardetoevoeging tot sy graanbesig-

heid. “Hy was van nature ‘n ongelooflike entrepreneur en was ‘n groot

voorstander vir bewaringsbewerking. Hy het sy seuns, wat saam

in die boerdery was, op ‘n mooi manier die leisels laat oorneem

onder sy unieke leiding,” het Ferreira bygevoeg. Ook De Villiers

noem dat hy ‘n uitstekende model was vir hoe opvolging moet

werk en hy het sy seuns op die voorgrond gehou en aan die woord

gestel wanneer produsente wou weet hoe dinge op Manjoh Ranch

gedoen word.

“Manny da Costa, ons salueer jou vir jou bydrae om van Suid-Afrika

en landbou ‘n beter plek vir almal te maak,” het De Villiers gesê.

“Ons het ‘n groot man vir landbou in Suid-Afrika verloor. Ek eer

Manny se nagedagtenis,” het Ferreira afgesluit.

‘n Groot boom

het geval

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

GRAAN SA

! "

# $ % &

' %(

) # $ % &

' %(

* +# + , ! " -" -.

/ 0 #

-

! " -" -.

12 3 4 2 15 3 531

)51 6 31

Manny da Costa, oud-

hoofbestuurslid van

Graan SA, is onlangs in ‘n

motorongeluk oorlede.