Background Image
Previous Page  18 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 116 Next Page
Page Background

FOKUS

Saad

Spesiale

Maart 2017

16

ONKRUIDSAAD

– ‘n suksesstorie

V

oortplanting is een van die belangrikste funksies van enige

biologiese organisme. Onkruide is een van die sukses-

volste plantspesies in terme van saadvermeerdering en

-verspreiding.

Alhoewel die meeste onkruidspesies slegs deur saad voortplant,

is daar ook ander voortplantingstrukture, insluitende risome

(wortelstokke), stolons (ondergrondse stingels), knolle en stingel- en

wortelsteggies wat die voortbestaan en verspreiding van onkruide

waarborg.

‘n Plant moet verskeie eienskappe ten toon stel voordat dit as ‘n

“onkruid” geklassifiseer kan word. Een van die eienskappe is die

vermoë om oorvloedig saad te produseer – selfs al is die plantjies

(onkruide) nog nie volwasse nie.

Nog ‘n belangrike eienskap van ‘n onkruid is dat die meeste on-

kruidsaad vir lang periodes lewensvatbaar kan bly. ‘n Goeie voor-

beeld van só ‘n onkruid, is olieboom, waarvan 91% van die saad

nog kiemkragtig is nadat dit vir 38 jaar in die grond oorleef het.

Die suksesvolle voortplanting van onkruidspesies kan geïllustreer

word deur uintjies (geel uintjies [

Cyperus esculentus

] en rooi uintjies

[

Cyperus rotundus

]) as ‘n voorbeeld te gebruik. Onder gunstige om-

standighede waar ander plante nie ook kompeteer nie, kan rooi uin-

tjies binne vier tot sewe dae ontkiem.

Knolvorming begin vier tot ses weke nadat die saailinge opgekom

het en kan teen ‘n tempo van tot 200 knolle per vierkante meter per

week vorm. Teen 20 weke na opkoms, kan daar meer as 3 000 knolle

per vierkante meter geproduseer word.

Fisiologies-volwasse uintjies produseer ook saad bogronds. Een

geel uintjie kan 1 900 saailinge en 6 900 knolletjies produseer. As

die uintjies onder besproeiing handuit ruk, kan die getalle verdubbel.

Die Bengaalse wandelende Jood is nog ‘n voorbeeld waar saad-

getalle onder en bo die grond ‘n merkbare bydrae tot suksesvolle

voortplanting lewer. Ondergrondse blomme op die risome begin

ses weke na opkoms te vorm en produseer tot 800 sade per vier-

kante meter. Bogrondse blomme kan soveel soos 12 000 sade per

vierkante meter produseer.

Saadproduksie van eenjarige breëblaaronkruide soos porselein

(

Portulaca oleracea

) en wit hondebossie (

Chenopodium album

) is

nog meer indrukwekkend. Waar hierdie onkruide ongehinderd kan

ELBÉ HUGO,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

1: Die gewone misbredie (

Amaranthus hybridus

).

2: Gewone misbredie (saadpakkies en saad).

3: Blomaar met saadpakkies van die gewone misbredie.

4: Wandelende Jood (

Commelina benghalensis

) – ‘n bogrondse

saadpakkie.

5: Die wandelende Jood (ondergrondse saad).

6: Bo-grondse saadhuid met saadjies van die wandelende Jood.

1

4

2

5

6

3