Background Image
Previous Page  15 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 128 Next Page
Page Background

Graan SA/Grain SA

(Hopefield-saal) sal beslis ‘n glimlag op Manlief en Oupa se

gesigte sit. In die Sampi-saal Anneks bied Funky Ouma gesonde

braaisoute en ander speserye en braaisouse.

Vir familie en vriendinne wat hou van iets moois vir die huis, is

daar Montana Interiors (Caltex-saal) en die Hopefield-saal huisves

Niki’s Country Collections met die handgemaakte produkte van

Ventersburg Werkskepping, Liza-Mari van Wyk en Wilma Steyn.

Loer ook in by Chieppa Potteries vir pragtige mosaïekprodukte,

asook unieke items by Streepsak, Hartsgoed en Luvit in die Sampi-

saal Anneks.

Bedlinne, babaprodukte en ander interessante geskenkies kan in

die Sampi-saal Anneks gevind word by Eco Punk Kids Clothing.

Luukse lyf- en badprodukte van Matsimela en die verskeidenheid

produkte en geskenkies van Mademoiselle is ook in die Sampi-

saal te kry.

Oos wes tuis bes

Of jy nou belangstel in kuns, tafeldek of op soek is na ‘n mooi mat om

‘n teëlvloer ‘n bietjie warmer te laat voel hierdie winter, jy gaan dit op

NAMPO Park kry. Ander items vir die huis – van staanhorlosies tot

potte en panne – word ook jaarliks te koop aangebied.

Kunswerke:

Die Hopefield-saal huisves skilderye van Art de

Olivia, Crouse-kunshandelaars en Miemie Louw. Ken Maloney

Art and Pots stal soos gewoonlik in die Sampi-saal uit. In die

Sampi Anneks is Annamarie Janse van Rensburg.

Meubels:

Montana Interiors (Caltex-saal), Farmhouse (NAMPO-

saal), Vryheid Country Furniture (Hopefield-saal) en Môredou

Interiors (Santam-saal) kan almal help om jou kombuis se

voorkoms te verander.

Matte en beddegoed:

Anatolian Carpet Gallery (NAMPO-saal),

Modern & Tribal (Sampi-saal Anneks), The Alpaca Loom (Hope-

field-saal) en Makoti Donsprodukte en Emberdown (Sampi-saal).

Horlosies en ander dekoritems:

At Fourie Staanhorlosies en Design

by Q&A in die Sampi-saal. In die Sampi-saal Anneks bied Val du

Charron, Hyties Corner en in die Sampi-saal bied Fraai in sink,

HB Pewter asook Inge’s Dekor ‘n wye verskeidenheid dekoritems.

Pottebakkersware:

In die Hopefield-saal is die bekende Phuka Pot-

tery Studio, terwyl Limpopo Ceramics CC in die Sampi-saal uitstal.

Kombuisprodukte:

Home Supply demonstreer gedurende die

dag hul produkte in die NAMPO-saal. Energiebesparende kook-

ware van Snappy Chef SA en AMC Cookware kan in die Sampi-

saal opgespoor word.

Daar is ‘n groot verskeidenheid “dames”-stalletjies by die Oesdag, wat

verseker dat die dames ook al te heerlik by die Oesdag kan kom rondloop,

rondloer en inkopies doen.