Background Image
Previous Page  13 / 128 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 13 / 128 Next Page
Page Background

< 11

www.nampo.co.za

Landbou-algemeen

NAMPO 2017

1: Die Lady Leero beskik oor ‘n

waterdigte membraan wat jou in die

reënseisoen beskerm en droog hou.

2: Die Altitude Chelsea Ultra is een

van Hi-Tec se uitskieters by NAMPO.

3: Die Santorini Chelsea is sopas in

die winkels bekend gestel.

Produk-inligting

Vastrap,

staatmaker-skoene weer by Oesdag

Andrea Engelbrecht,

Hi-Tec

H

i-Tec lewer al vir meer as 40 jaar kwaliteit en vakmanskap

in alles wat hulle doen. Die maatskappy is in 1974 deur

mnr Frank van Wezel in die Engelse dorpie met die toe-

paslike naam van Shoeburyness (ook genoem Shoebury)

gestig. Mense, natuur, sport en kwaliteit was, en is tot vandag toe,

die inspirasie van die handelsmerk en hul produkte. Dit is egter Van

Wezel se passie vir die natuur en ‘n aktiewe leefstyl wat die maat-

skappy se huidige sukses teweeggebring het.

Vanjaar kan besoekers aan die jaarlikse Graan SA NAMPO Oes-

dag die Hi-Tec-stalletjie in die Zest Weg Groep-saal besoek vir

staatmaker-skoene teen billike pryse – iets wat elke Oesdagganger

sal waardeer.

Hierdie een is vir die man met ‘n plan

Die Altitude Chelsea Ultra is een van Hi-Tec se uitskieters by NAMPO.

Die ontwerp is gebaseer op die bekende Altitude Chelsea – net nog

beter. Die bostuk is gemaak van egte leer wat langtermyngemak verse­

ker. Die aanglip-snit is perfek vir die bedrywige produsent se leefstyl en

is geskik vir ‘n wye verskeidenheid geleenthede: Vanaf modderlande tot

besoeke aan die koöperasie.

Hoewel verskeie tegnologieë aangewend is in die ontwerp van die

Altitude Chelsea Ultra, word die Ortholite Impressions® en MDT-

tegnologieë as die basis vir dié skoen gebruik. Dit verseker dat voete

gemaklik bly, beskerm word en verseker uitstekende vastrap op

enige terrein.

Ietsie mooi vir die NAMPO-nooi

Die Santorini Chelsea is sopas in die winkels bekend gestel. Hierdie

egte leerskoen is modieus, gemaklik en die perfekte bykomstigheid

vir enige uitrusting: Vanaf die plaas tot op die dorp. Die aanglip-snit

is vlyend saam met jeans, kortbroeke of ‘n somersrokkie. Dié Chelsea

is deel van Hi-Tec se nuwe Carrick-reeks, wat geskik is vir ‘n wye ver-

skeidenheid aktiwiteite – wat kan wissel van ‘n buiteluguitstappie tot

‘n besoek aan die stad.

Dames kan ook op die uitkyk wees vir Hi-Tec se nuwe “tegnologiese”

klere wat spesiaal ontwerp en vervaardig is met materiaal van die

beste gehalte. Dit is duursaam, modieus en perfek vir wintersaande,

berguitstappies of besoeke aan die stad. Die Lady Leero beskik

oor ‘n waterdigte membraan wat jou beskerm en droog hou in die

reënseisoen. Dit is ‘n 3-in-1, met ‘n verwyderbare

fleece

-baadjie. Die

bo-kleed is 100% nylon en die voering 100%

fleece

poliëster. Dit is

tegnologies-gevorderd, dog prakties en veelsydig. Lady Leero is

beskikbaar in die nuutste modekleure en is in pas met nuutste mode­

neigings in die buitelewe-industrie.

Die NAMPO Oesdag is ‘n heerlike gebeurtenis op die jaarlikse land-

boukalender en Hi-Tec wil dit so feestelik as moontlik maak. Daar

sal elke dag om 15:30 ‘n prystrekking wees vir ‘n gelukkige Oesdag-

ganger (om deel te neem moet R1 000 of meer by die Hi-Tec-stalletjie

bestee word).

Kom vier fees op die Hi-Tec-manier tydens NAMPO Oesdag in die

Zest Weg Groep-saal, stalletjie 22.

2

1

3

Graan SA/Grain SA