< 122
www.nampo.co.zaSAAD
NAMPO 2017
Promosie-artikel
Graan SA/Grain SA
Agricol se produkreeks
bereik nuwe hoogtes
A
gricol is oor die jare gevestig as dié saad-
maatskappy met die grootste verskei-
denheid kwaliteit produkte in Suid-Afrika. Hul
produkreeks bestaan uit akkerbou-, weiding-
en dekgewasse, asook turfgrasse en nismark-
produkte soos voëlkos en gesondheidsade.
“‘n Produk vir elke boer” is die leuse wat hul
volg om in elke produsent se behoeftes te
voorsien. Kwaliteit weidings vir beespro-
dusente wissel van geharde somergrasse vir
die droër dele tot wintergrasse vir die koel
en natter gedeeltes van Suid-Afrika. Graan-
produsente kan voordeel trek uit Agricol se
bekende akkerboureeks, wat oor vele sei-
soene bewys is as van die kompeterendste
produkte in Suid-Afrika.
Wildprodusente sal waarde tot hul boer
dery kan toevoeg met die beste weiding-
mengsels, wat geskik is vir alle soorte wild.
Produsente wat biologiese of geenbewer
kingspraktyke volg, kan hul doel vinniger
bereik met Agricol se uitstekende reeks
dekgewasse en dekgewasmengsels.
Die NAMPO saadplot-aanplantings is ‘n
inisiatief om produsente bekend te stel aan
saadmaatskappye se wye reeks produkte.
Hierdie produkte kan besigtig word sodat
produsente ‘n ingeligte besluit oor ‘n produk
kan neem met die oog op aanplanting.
Agricol is trots om weer vanjaar betrokke
te wees by Graan SA se NAMPO Oesdag,
waar ‘n groot gedeelte van sy produkreeks
weer uitgestal sal word. Ons volledige reeks
somerweidings en somerweidingmengsels
sal deur produsente besigtig kan word.
‘n Aantal winterweidings, soos raaigras en
swenkgrasse, word ten toon gestel, terwyl
‘n wye reeks dekgewasse en dekgewas-
mengsels uitgestal word – wat produsente
vir verskeie doeleindes kan aanwend. Ons
Joubert Swanepoel,
Agricol
kundiges staan gereed om enige vrae by die
uitstalling te beantwoord.
Die volgende Agricol produkte sal by van-
jaar se NAMPO demonstrasie-aanplanting
gesien kan word:
Winterdekgewasse
Japannese radys
Voerbeet
Voerraap
Wit mosterd
Somerweidings
Borseltjiegras
Bloubuffelsgras
Kleinbuffelsgras
Witbuffelsgras
Oulandsgras
Rhodesgras
Smutsvinger
Voersorghumreeks
Peulgewasse
Lusern
Soetwitblomklawer (
Melilotus alba
)
Dolichos
Akkerbone
Winterweidings
Raaigras
Hawer
Stoelrog
Swenkgras
Akkerbougewasse
Mielies
Graansorghum
Sonneblom
Sojabone
Agricol is trots om aan te kondig dat ons uit-
stalruimte by NAMPO geskuif het. Ons sal in
die toekoms slegs te sien wees by die saad-
plot-afdeling waar die stalletjie reg oorkant
die Agricol saadplot (op standplaas 269)
geleë sal wees. Die NAMPO-saadplotte is
geleë by die nuwe ontwikkeling van die ter-
rein aan die suidekant van die Caltex-saal.
Kom besoek ons gerus by die Oesdag.
Figuur 1: Kom besoek ons gerus by NAMPO.
V
SUIWELKOMPLEKS
DAIRYCOMPLEX
BEESKOMPLEKS •CATTLECOMPLEX
MEDIA
SENTRUM/
CENTRE
ROODEBANKSAAD-
KOMPLEKS/SEEDCOMPLEX
ROODEBANKHALL
DONKERHOEK-SAAL
64
33
65
66
67
68
69
34a
35a
36a
37
38
39
40
70a
71
12
1
2
72
41
73
18
91
90
92
93
94
96
112
107b
117
122
127 132
137
a b
a b
228
227
226
225
224
142
149a
149b
150
a
a
h
g
f
e
b
b
c
d
133
138a
138b
97
88a
89a
13
14a
V
V
CAL
CAL
A
a
a
SAADPLOTTE
SEEDPLOTS
247
240
a
a
223
222
230
229
241
239
242
243
238
246
248
245
244
243 a
244 a
249
250
251
237
236
274
261
a
a
258
257
262
260
263
264
259
277
278
273
275
272
271
265
270
268
267 266
276
TEX-SAAL
TEXHALL
HINTERLAND
SAAL/HALL
95
E F
G
D C
A
H
4X4 QUAD & SIDE BY SIDE DEMO AREA
B
269
Agricol sal in die toekoms slegs te sien wees by die saadplot-afdeling waar die Agricol-stalletjie reg oorkant die Agricol saadplot geleë sal wees.