< 116
www.nampo.co.zaSAAD
NAMPO 2017
1: DKC68-58BR – een van Monsanto se nuwe geel basters in die Dekalb-stal.
2: Jako Benade, Monsanto-landboukundige, by een van ons nuwe basters.
Saadmaatskappy streef
na oplossings
L
andbou word voortdurend gekon-
fronteer met uiteenlopende uitda
gings. Die klimaatsomstandighede
van die afgelope paar seisoene en
die onverwagse uitbreek van die herfskom-
mandowurm is goeie voorbeelde hiervan.
Die gebruik van beskikbare tegnologie kan
‘n groot rol speel in die suksesvolle hante
ring van uitdagings en risiko’s. Toerusting
soos trekkers, geïntegreerde presisieplan
ters en -stropers met komplementerende
programme word jaarliks verbeter. Data-
wetenskap kry al meer prominensie, want
nuwe tegnologie maak die deur oop vir die
insameling van meer data. Daar word voor-
sien dat die gebruik, toepassing en stoor
van landbou- en produksiedata die bedryf in
sy geheel gaan verander.
Monsanto is op hoogte van nuwe tendense
en bewus van die uitdagings wat aan die
produsent se deur kom klop. In ons produk
ontwikkeling soek ons na oplossings wat dit
vir die produsent makliker kan maak om hier-
die uitdagings beter en makliker te bestuur.
Ons is verbind tot die ontwikkeling van ‘n
wye reeks geïntegreerde oplossings om
produsente te ondersteun en ons navorsing
fokus op die verbetering van die produkti-
witeit van produsente – ongeag die grootte
van hul ondernemings of die maniere waarop
hul verkies om voedsel te produseer.
Volhoubaarheid is die basis waarop ons ons
besigheid bou en die beginsel word toege-
pas in die breë omgewing en ons maatskap-
py. Ons fokus op werkbare oplossings om
produsente se boerderybestuurspraktyke
aan te vul en ons produkte word ontwikkel
om ‘n bydrae te lewer tot die vermindering
van die landbouvoetspoor in die omgewing,
maar fokus ook op die beskerming van die
bestaande hulpbronne in die omgewing
deur die impak van omgewingstoestande
te verminder.
Die maatskappy is baie trots op die
nuwe Dekalb-produkte wat ons vanjaar
bekend gestel het. Hierdie basters vul ons
bestaande reeks produkte uitstekend aan en
is beskikbaar vir die komende plantseisoen.
By Graan SA se NAMPO Oesdag het be-
soekers wat by die saadplotte aandoen die
geleentheid om meer oor die nuwe basters
uit te vind. Die produkte in die geelreeks is:
DKC74-20, DKC74-24B, DKC74-26R, DKC74-
74BR, DKC71-42, DKC71-44B, DKC 68-50,
DKC68-54B, DKC68-56R, DKC68-58BR,
DKC65-52BR en DKC64-54BR en in die
witreeks is dit: DKC76-61B, DKC76-67BR,
DKC75-65BR en DKC63-53.
Kom maak ‘n draai by ons stalletjie in die
Roodebank Saadkompleks of gaan loer gerus
in by die saadplotte. Wees ook op die uitkyk
Magda du Toit,
bestuurder: Korporatiewe Skakeling en Kommunikasie, Monsanto SA
Produk-inligting
Graan SA/Grain SA
vir die Dekalb publieke vervoerwaentjie wan-
neer die bene en voete moeg geloop is.
Monsanto is ook een van die trotste borge
van die
Nasie in Gesprek
-program wat
tydens NAMPO verfilm word.
1
2