Background Image
Previous Page  90 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 90 / 92 Next Page
Page Background

88

Beste Grootneef

d

ie suidewindjie jaag vanoggend die stowwe in sulke

bondels oor die plaaswerf. Die somer is oplaas verby

en die eerste ryp sal nou enige stil nag val...Ou Neef,

dis wrintiewaar tyd om te gaan kyk waar die biltong-

hakies verlede jaar gebêre is!

Kyk, dis nie net die natuur wat sê dis ‘n nuwe seisoen nie. Dit is asof

‘n koeler wind van verandering ook gesindhede in die land deurme-

kaar waai. Die kirpatse in die parlement is nou al ou nuus, maar dis

asof die vrot gesindhede daar, nou deursuur na al wat leef en beef.

Dis een ding as jou naaste vir die Blou Bulle skree en jy by jouself

dink dat die man geen trots in hom het nie. Dis ‘n ander ding om

jou naaste met 'n vuvuzela oor die kop te slaan omdat hy vir die Bulle

skree. Dit is asof ‘n gees van straffelose aggressie soos ‘n veldbrand

op loop is en mense mekaar baie maklik te lyf gaan indien iemand

anders as hul lyk of doen. Dit is nie ‘n goeie plek om te wees nie.

Buurman vertel ook van die moles in Pretoria se middestad, toe ‘n

groep beelde met verf betakel is. Ná die tyd het dit egter geblyk dat

die “beelde” ‘n klomp munisipale werkers op staking was! Buurman

sê in dié geval het hy nogal baie simpatie

met die verfgooiers. Volgens hom is dit nie

altyd heeltemal duidelik of daar nou gestaak

of gewerk word nie.

Hy sê wat hom ook heel verwar met die

stakery en werkery, is die Medupi-plek.

Drie jaar nadat nuwe strome krag al

Eishkom

se probleme moes oplos, is die

eerste turbine onlangs eers aan die draai.

En toe eis die werkers ‘n bonus omdat hul

werk net drie jaar laat gelewer is...En toe

word die span werkers ontslaan...En toe

word die span werkers weer aangestel,

alles binne ‘n paar dae. Buurman sê

terwyl alles nou herdoop word, moet

Medupi dalk ook verander word na “Drie-

jaar-lank-nie-‘n-vonkie-uit-een-turbine-fon-

tein”. Of so iets. Want ‘n plek van innovasie

is dit nie meer nie.

Ou Neef, en dit bring my by die kort trek in

jou eie kop. En hoe jy anders oor goeters

moet dink. As jy gaan wag dat “iemand”

van die munisipaal óf die staat dit beter

of anders gaan maak, is dit tyd vir die kort

trek in eie gedagte na die nuwe land van

selfdoen, om ‘n verskil te maak.

Gooi maar die gate op pad dorp toe, self toe. Deel ‘n skraper en

diesel met jou bure om die grondpad weer te ontrimpel. Laat

skoffel maar die begraafplaas so elke ses maande met jou eie span.

Jy gaan buitendien beter oor die resultate voel, as om hope briewe

te stuur en deur vergaderings met die owerstes te worstel.

En doen dinge sonder ‘n ophaal van woorde. Doen dit net, want

niemand anders as jy en jou gemeenskap gaan daardie verskil

maak nie. “Privatiseer” in jou eie kop.

Ou Neef, dit is nou die tyd om met ‘n kopskuif oor te stap na ‘n

nuwe normaal. Want dit is nie noodwendig meer normaal dat

Eskom se ligte gaan werk nie. Of dat robotte se flikker herstel word

nie. Of dat die skool se boeke voor die eindeksamen afgelewer word

nie. Of dat daar petrol in die ambulans is nie.

Dis egter nou beslis die tyd vir koel koppe en sterk harte.

Groete op die Oosgrens.

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Die kort trek na die nuwe normaal

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Mei 2015