Background Image
Previous Page  89 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 89 / 92 Next Page
Page Background

87

Nuwe Volkswagen Touareg is prima

‘n

Verbeterde weergawe van die Volkswagen Touareg

is einde 2014 in Suid-Afrika bekend gestel. Vier

modelle is nou beskikbaar met ‘n keuse van twee

dieselenjins en een petrolenjin. Al vier die modelle

het permanente vier ielaandrywing.

Die Volkswagen Touareg kan beskryf word as ‘n groot, premium-

sportnutsvoertuig (SNV). Die woord “premium” word deesdae in

die motorbedryf gebruik om aan te dui dat dit nie ‘n “hierjy”-kar is

nie. ‘n Premium-voertuig word spesiaal en met sorg gebou vir ‘n

gesofistikeerde mark.

Die eerste Touareg is alreeds in 2002 bekend gestel. Die Touareg,

die Audi Q7 en die Porsche Cayenne is die eindresultaat van ‘n

gesamentlike projek tussen Volkswagen, Audi en Porsche om ‘n

viertrekvoertuig te bou met sportmotorkwaliteit.

Hierdie drie voertuie gebruik basies dieselfde onderstel, maar

elkeen van die vervaardigers het hulle eie verstellings en tegnologie

bygevoeg, sodat as jy in elk van die drie voertuie ry, jy ‘n ander

ry-ervaring sal beleef. Van hierdie drie voertuie is die Touareg die

mees geskikte om in die veld mee te ry.

Met só ‘n onderstel en die uitstekende boukwaliteit, kan die

VW Touareg met reg aanspraak daarop maak dat dit ‘n premium-

voertuig is. Dit is daar tussen die manne met die duur Kubaanse

sigare: Die Porsche Cayenne, die Range Rovers, die Mercedes-Benz

M-Klas en die BMW X5-manne.

Die drie kragbronne is die petrolaangedrewe 3 liter V6 Volkswagen

FSI-enjin, wat ‘n kraglewering van 206 kW teen 6 200 omwentelinge

lewer en ‘n wringkrag van 360 Nm reeds teen 3 200 omwentelinge

bied, dan is daar die twee uiters kragtige dieselenjins: Volkswagen

se 3 liter V6 TDI-enjin wat 180 kW teen 4 000 omwentelinge en

550 Nm vanaf 2 000 omwentelinge lewer en laaste, maar nie die

minste nie, die groot sigaar: Die 4 134 cc V8 TDI met ‘n kraglewe-

ring van 250 kW teen 4 000 rpm. Hierdie enjin het ‘n maksimum-

wringkra van 800 Nm tussen 1 750 en 2 750 omwentelinge. Die

gemiddelde brandstofverbruik van hierdie monster is ‘n baie aan-

vaarbare 9,1 liter/100 km. Net vir interessantheid: Sy topspoed is

242 km/h en hy kan vanaf ‘n stilstaande posisie binne 5,8 sekondes

versnel tot 100 km/h.

Al vier die Touareg-modelle kom met die agtspoed outomatiese

ratkas. Behalwe vir stileringsveranderings om die Touareg steeds

aantreklik op die oog te maak, het dit ook nuwe tegnologiese toe-

voegings om die voertuig veiliger te maak en beter klouvermoë op

die pad te gee. Een van dié nuwighede is byvoorbeeld ‘n “na-

botsing remming”, wat geaktiveer word as die voertuig iets tref.

Dit sal die voertuig dadelik laat rem en tot stilstand bring. Daar is

ook waarskuwings ingebou, soos om aan te dui as ‘n ander motor

in die Touareg se blinde kol is.

Hy is besonder ruim binne en bied uitstekende rygehalte op die

oop pad. Dit is egter in die veld wat die Touareg tot sy reg kom.

Alhoewel ‘n gesofistikeerde sportnutsvoertuig, is hy toegerus

om bogemiddeld slegte paaie – selfs teen skerp hellings – uiters

gemaklik te hanteer.

Die Touareg het ‘n driejaar/120 000 km waarborg en ‘n vyfjaar/

100 000 km onderhoudsplan. Diensintervalle is elke 15 000 km.

Pryse

3.6 V6 FSI Elegance: R709 100

3.0 V6 TDI Luxury: R796 500

3.0 V6 TDI Escape: R822 100

4.2 V8 TDI Executive: R990 600

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

Die nuwe Volkswagen Touareg-reeks is besonder goed toegerus om enige pad in

die beste moontlike gerief kaf te draf.

May 2015