Background Image
Previous Page  87 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 87 / 92 Next Page
Page Background

Welkom in my plaaskombuis

Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp

by 018 468 5689 of 072 804 9841.

ABRIE COETZEE,

onthaal- en dekorspesialis

KUIER SAAM MET

Abrie

v

ir my is my kombuis die hart van my huis. ‘n Gunsteling

plek om te onthaal. Hier word herinneringe uit die ver-

lede herroep.

Ons sit aan by die lang Oregonhout-kombuistafel. Gedek

soos ‘n outydse skildery. Ek meng emaljeware, blou

Delft en silwerware. In die middel van die tafel is ‘n keramiekhouer

vol pronkertjies en rooi en geel papawers. ‘n Egte vrugteslaairang-

skikking – sommerso, natuurlik ingedruk.

Elke gas kry ‘n sopkommetjie met stomende boontjiesop en ‘n

murgbeen. Dit word uit ‘n ou sopterrien met ‘n swaar silwerlepel

opgeskep. Varsgebakte brood staan eenkant op ‘n tamaai geelhout-

kas. ‘n Fyn takkie pietersielie, geel plaasbotter en heel vyekonserf

vir dié wat dekadensie die oorhand wil gee hier in my kombuis.

Binne die groot kas is ‘n versameling groenware wat soos koolblare

lyk. Teen die mure, onder ‘n fluitjiesrietplafon, hang skilderye van

kapokhaantjies met rooi kuiwe wat kordaat vir die gaste loer.

Almal eet aan die hoofgereg: ‘n Hoenderpastei met veerligte kors,

kleurvolle groente, soetpatats en geelrys. Gesellige samekoms met

atmosfeer, om ‘n glasie rooiwyn wat vonkel in kerslig. Die verras-

sing van die aand is die nagereg: Melkkos met kaneelsuiker en ‘n

klontjie botter, so reg uit Ouma se resepteboek.

Dankie Ouma, dat ek van jou kon leer.

85

May 2015