Background Image
Previous Page  6 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 84 Next Page
Page Background

4

i

n die 1838 het daar ‘n beweging gekom vanuit die Kaap na

die onbekende binneland – amper blindelings weens omstan-

dighede wat so sleg was dat die onbekende beter sou wees.

In my Standerd 2 Geskiedenisboek is dit die Groot Trek ge-

noem. Vandag lees ons in die Nasionale Ontwikkelingsplan

(NDP) daarvan: Die verstedeliking van die mensdom. Die omstan-

dighede in die platteland raak op plekke so sleg dat daar blinde-

lings na die stede getrek word op soek na ‘n beter toekoms.

Volgens die NDP woon 60% van alle Suid-Afrikaners tans in stede

en daar word verwag dat dit tot 70% kan styg teen 2030. Die im-

plikasies daarvan vir stedelike infrastruktuur is massief, maar vir

kommersiële landbou is dit eintlik ‘n wonderlike geleentheid!

Hoe meer mense verstedelik, hoe meer mense moet kos koop en

kan nie vir hulself produseer nie. Die toekoms van bestaansboer-

dery is twyfelagtig teen hierdie tempo van verstedeliking. As ek so

om my kyk, lyk dit asof die spoed van verstedeliking ook die spoed

van grondhervorming oorskry.

Die een faktor wat ons egter fyn moet dophou, is die groei in pro-

duktiwiteit van graanproduksie wat vinniger moet bly as die spoed

van verstedeliking, sodat voedselsekerheid gehandhaaf kan word.

Dit op sigself is nie ‘n vulletjie nie.

In Suid-Afrika het ons ‘n groot afname in die

getal mense in die armste kategorieë van ons

bevolking gesien en ‘n amper gelyke toename

in die middelklas – meestal stedelinge. Die

groep mense wat uit die armer kategorieë

gemigreer het, eet beslis nie meer pap en

brood in dieselfde hoeveelhede as tevore nie.

Hulle eet hoender, eiers, suiwel en vleis (en

drink bier!). Alles produkte wat vereis dat

meer graan geproduseer word – waarskynlik

nie deur bestaansboere nie, maar wel deur

kommersiële produsente. Die “Groot Trek”

van verstedeliking en klasmigrasie bied dus

puik geleenthede vir kommersiële landbouers.

Wat egter tot kommer lei, is dat die gaping

tussen ryk en arm oral in die wêreld aan die

vergroot is. Dit lei tot meer en meer konflik

en geweld. Mense wat soos destyds in 1838 ‘n onbekende toekoms

ingetrek het, doen dit vandag nog: Daar was onlangs selfs meer

mense wat die Middellandse See of elders in die wêreld ‘n oseaan

probeer oorsteek het, roekeloos, in ‘n soeke na ‘n nuwe toekoms.

Hulle vlug van armoede, geweld en onveiligheid.

Die xenofobiese geweld in Suid-Afrika was ‘n reuse-verleentheid

vir ons land. Dit bly egter ‘n simptoom van probleme in ons samele-

wing wat verband hou met verstedeliking, armoede, swak infra-

struktuur en swak dienste.

Ek luister die ander dag na ‘n leierskapsvideo waarin die spreker

drie dinge uitlig wat nasies tot niet laat gaan: Die gaping tussen

ryk en arm wat groter word; rassehaat; asook geweld/oorlog. Dit is

amper asof hy van Suid-Afrika gepraat het. Hierdie probleme is be-

sig om ons land te verinneweer.

Die vraag is wat landbou daaromtrent kan doen?

Die oplossings hiervoor is groot uitdagings, maar terwyl ons daar-

na soek, moet mense aanhou eet. Dit is ons behoud. ‘n Mens kan

maklik skouers optrek en sê: “Dit is nie my verantwoordelikheid

nie,” maar volstruispolitiek het nog nooit permanente oplossings

vir ‘n mooi toekoms gebied nie.

Die tweede Groot Trek

– implikasies vir landbou

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Die een faktor wat ons egter fyn moet

dophou, is die groei in produktiwiteit

van graanproduksie wat vinniger moet

bly as die spoed van verstedeliking,

sodat voedselsekerheid gehandhaaf

kan word.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Junie 2015