Background Image
Previous Page  10 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 84 Next Page
Page Background

8

Junie 2015

tERUGBLIK

NAMPO 2015

Spesiale

Kyk na dié amateur

video-opname wat

vanuit ‘n helikop-

ter gemaak is wat

oor NAMPO Park

gevlieg het.

SA Graan/Grain

redaksie

Graan SA tevrede met

suksesvolle NAMPO 2015

‘n

Kombinasie van die nuutste

landboutegnologie, produkver-

skeidenheid, innovasie, gespreks-

voering,       netwerkgeleenthede,

landbou-gasvryheid en ideale weersom-

standighede het gesorg dat NAMPO 2015,

wat van 12 tot 15 Mei buite Bothaville in die

Vrystaat plaasgevind het, sy reputasie ge­

stand gedoen het as Suid-Afrika se vertoon-

venster van landbou.

Graan SA, organiseerder van die NAMPO

Oesdag, is tevrede met hoe dié 49ste Oes-

dag afgeloop het en uitstallers se terugvoer

dui op goeie belangstelling deur vanjaar se

69 584 besoekers.

Nuwe toevoegings, soos die saadplotte,

tentehotel en die trekker-en-waentjie-

vervoerstelsel, was doeltreffend en het ‘n

positiewe bydrae gelewer. Ten spyte van

tandekryprobleme, het die elektroniese

toegangskaartjiestelsel uiteindelik goed

gewerk.

‘n Fondament is vanjaar gelê met die

NAMPO-rekenaartoepassing (

app

) wat

aan uitstallers en besoekers bekend ge­

stel is en wat verder ontwikkel en bemark

sal word. Graan SA was ook tydens die

Oesdagweek aktief op die sosiale media-

netwerke en dié medium is benut om in-

tydse foto’s en inligting te publiseer en

algemene navrae te beantwoord.

“‘n Mens verwag dat die droogte tans die

gemoedstemming van produsente bepaal.

Tog het ons meer kommervrae oor grond-

hervorming ontvang as oor die droogte,”

het mnr Jannie de Villiers, uitvoerende

hoofbestuurder van Graan SA, gesê.

Die Minister van Landbou, Bosbou en Vis-

serye, mnr Senzeni Zokwana, het NAMPO

2015 bygewoon om deel te neem aan ‘n

Nasie in Gesprek

-dialoog oor arbeidsver-

houdinge. Grondhervorming en finansie­

ringsmodelle, beskikbaarheid van natuurlike

hulpbronne en die waarde van tegnologiese

integrasie was die ander

Nasie in Gesprek

-

onderwerpe waaraan meningsvormers

deelgeneem het en met ‘n ander beeld van

landbou kon huis toe gaan.

“Minister Zokwana se teenwoordigheid

was ‘n pluimpie vir Graan SA en vir landbou

in die breë. Die graanbedryf het waarde­

ring daarvoor dat hy deurlopend moeite

doen om met kommersiële landbou

kontak te maak. Hy is waarskynlik die

eerste landbouminister sedert 1994 om

die Oesdag te besoek. Dit beklemtoon die

NAMPO Oesdag as ‘n gesaghebbende

platform vir dialoog, gespreksvoering en

netwerkvorming,” het De Villiers bygevoeg.

Graan SA het ook gesprekke gevoer

met hoofde van die kommersiële banke,

Land Bank en versekeraars oor die

herskedulering van graanprodusente se

produksieskuld asook insetfinansiering vir

nuwe era kommersiële produsente.

Die organisasie trakteer sy lede jaarliks as

‘n blyk van waardering vir hul volgehoue

ondersteuning. Die ledelokaal – wat verlede

jaar opgegradeer is – asook gratis toegang

en spesiale parkering, is weer eens effektief

deur lede van Graan SA benut.

“NAMPO Park se infrastruktuur is oor jare

geskep en uitgebrei om ‘n groot getal

besoekers met gemak te hanteer en om

uitstalgeriewe van ‘n hoë standaard aan

uitstallers te kan bied. Selfs die aanloop-

baan kon vanjaar ‘n totaal van 365 vliegtuie

en helikopters oor die vier dae gemaklik

hanteer. Graan SA is gerat om aanstaande

jaar die 50ste NAMPO Oesdag met trots aan

te bied,” het mnr Cobus van Coller, NAMPO

Oesdag-voorsitter, gesê.

Dié landbouhandelstentoonstelling vind al-

tyd gedurende die 20ste week van die jaar

plaas en sal dus volgende jaar van 17 tot

20 Mei duur.

‘n Arendsblik op die 49ste Graan SA NAMPO Oesdag.