Background Image
Previous Page  11 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 84 Next Page
Page Background

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) en

Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) in ‘n ligte luim.

Die Franse Handelskommissie het NAMPO weer hierdie jaar besoek.

Hier staan Daniel Lecamp (Silo Farmer), Guillaume Hugoet (MX),

Valerie Lescaut (AXEMA), Maarten Tromp (SIMON) en Malo le Meste

(Business France/Franse Handelskommissie) by hul banier.

9

June 2015

TERUGBLIK

NAMPO 2015

Spesiale

Fotobeeld

van die

Graan SA NAMPO Oesdag 2015

– Deel 1

Die saadplotte was ‘n nuutjie en Monsanto het hier ‘n spoggerige ver-

sameling mielies en saad aan besoekers vertoon. Cliff Cawood (agent:

Dekalb, Senekal/Winburg), Peet la Cock (verteenwoordiger: Dekalb,

Middelburg), Hannes Kriel (tegniese adviseur: Dekalb, Weste) en

Johan Bibby (areahoof: Dekalb, Weste) meen die saadplotte is ‘n goeie

bemarkingsgeleentheid en maak die demonstrasie van die uitwerking

van verskillende bewerkingsmetodes ook makliker.

Johan Loxton (bestuurder: Kommersiële Dienste, Graan SA) en

Cobus van Coller (voorsitter van die Oesdagkomitee) op hulle pos en

gereed vir die 49ste Graan SA NAMPO Oesdag wat van 12 tot 15 Mei

vanjaar op NAMPO Park gehou is.

Luisteraars kon weer eens inskakel op Graan SA Radio tydens die

NAMPO Oesdag. Voor: Yolanda Maartens (stasiebestuurder) en

Christie Hansen (omroeper). Agter: Charonike Nel (vervaardiger) en

Pieter Möller (omroeper).

Nasie in Gesprek

is weer vanjaar tydens die Oesdag aangebied. Sleu-

telrolspelers het aan die gespreksforum deelgeneem wat daagliks

verfilm is. Onderwerpe wat aangeraak is, het ingesluit: Arbeidsver-

houdinge, grondhervorming en finansieringsmodelle, hulpbronne

en tegnologiese integrasie. Tydens die opname van 13 Mei was teen-

woordig: Theo Vorster (gespreksleier), Francois Strydom (besturende

direkteur: Senwes) – wat die gaste verwelkom het, dr Marlene van

der Merwe Botha (wetenskaplike: Water Group Holdings),

Gawie van Heerden (bemarkingsdirekteur: Konsortium Opera-

tions), prof Johann Kirsten (hoof: departement Landbou-ekonomie,

Voorligting en Landelike Ontwikkeling, Universiteit van Pretoria) en

Boeta du Toit (uitvoerende hoofbestuurder: Agri Noordwes).

Vervolg op bladsy 10

Estie de Villiers, Elmarie Helberg, Louise Kunz en Adri Theron,

SA Graan/Grain

medewerkers