SA Graan Junie 2014 - page 6

Junie 2014
4
g
raan SA se NAMPO Oesdag se
stof is uiteindelik tussen ons
tande uit en ons glimlag lekker,
maar beslis moeg! Dit is har-
de werk, maar definitief die
moeitewerd.
Die vriendskappe, glimlagte en milde-
like komplimente dra ons deur die tye van
hardewerk. Ek reken dit was ClaudeMöller
(motiveringspreker) wat opgemerk het dat
die Oesdag ‘n simbool van hoop is vir die
mense. Die optimisme van produsente
wat, ten spyte van al die natuurelemente
asook politieke en ekonomiese onstabiliteit,
steeds voortgaan om in landbou te belê en
aan te hou om voedsel vir die nasie te pro-
duseer, inspireer almal.
Elke pit wat ons in geloof in die grond sit,
is ‘n belegging teen armoede. Die opbreng-
stewat onsprodusentebehaal, isnienet tot
eie voordeel nie, maar ook ‘n gerusstelling
vir elkemenswat daagliks ‘n sukkelbestaan
voer en moet oorleef. Dit is hierdie tipe
geloof wat vir mense hoop gee. Die kollek-
tiewe uitleef van dít wat ons as produsente
doen, gee vir mense hoop. Kom ons doen
so voort!
Daar was dié jaar bitter min tyd vir my om
tussen die mense en die uitstallings te be-
weeg. Tog het ek ‘n paar dinge opgemerk
wat ekmet julle salwil deel: Eenmahetmet
haar seuntjie aan die hand na een van daar-
die groot trekkers gewys en vir hom gesê:
“‘nMensmoet baie intelligent wees om een
van daardie trekkers te bestuur.” Dit het
weer eensnet virmybevestighoebelangrik
behoorlike opleiding vir ons plaaswerkers
is vir die verantwoordelike werk wat hulle
moet doen.
Nog iets wat my tydens NAMPO opgeval
het wat ons plaaswerkers betref, is toe ek
‘n groep van hulle raakgesien het wat elk
‘n selfoon te voorskyn gebring het om ‘n
skaapskeerdery af te neem. Dit is ‘n bewys
dat ons werkers meer en meer bedrewe
raakmet die tegnologiewat ons gebruik om
voedsel vir die land teproduseer.
Een vandie sprekers tydens dieOesdagver-
rigtinge het na die 2,5% bydrae van land-
bou tot die bruto binnelandse produk (BBP)
verwys as die badprop van ons ekonomie.
Dit iswel ‘n klein deeltjie, maar dit is ‘n baie
belangrikedeel.Asdiepropuit is, gaandaar
baie verloregaan.
Dit gebeur soms dat ‘n mens net die be-
langrikheid van landbou vanuit ons eie
perspektief bekyk en dan besef ek dat ons
meestal subjektief is. As daar egter besoe-
kers vir die eerste keer by die Oesdag op-
daagenhulleonbeskaamd (bynaoopmond)
hulle vergaap aan dít wat hulle sien, dan
besef ekmaar net dat ons nie heeltemal so
subjektief is nie.
Terwyl ons in die noorde oestyd vier, is
die manne van die suide aan die plant. Dit
was lekker om vir Schalk Viljoen (oudhoof-
bestuurslidvanGraanSA) tehoor sêdat die
toestande nog nooit so gunstigwas nie. Dit
was ook lekker dat van ons oumanne, soos
Giel, Vic, Cerneels, Boetie, Crawford en Jub
asook ‘n groep oud-Oesdagkomiteelede
weer kom inloer het om seker te maak ons
blyop koers.
NAMPO het weliswaar ook sy ligte oom-
blikke. Ek het ‘n groep hospitaalpersoneel
van Pretoria raakgeloop wat my totaal oor-
bluf het toe hulle vra waar die stalletjie is
met ongetroudeboerewat nie skuldhet nie.
Dit is dalk ‘n nuwe uitdaging vir die Oes-
dagkomitee?
Een van ons personeel het ook ‘n skerp
opmerking gemaak toe hulle die selfie van
Victor Matfield en Wandile Sihlobo, een
vanGraan SA se (kort) ekonome, sien: “Die
byskrif bysó ‘n fotomoenie leesvan linksna
regs nie,maar vanbona onder!”
As die stof oor NAMPO 2014 gaan lê het,
gaan die werk egter voort wat tydens die
“Nasie in Gesprek”-sessies bespreek is. So
gaan dit gedurende die volgende klompie
maande maar moeilik gaan om grondher-
vorming waar almal wenners kan wees op
koers te kry, en om die beleggings in die
grond, toerusting en diemense kollektief te
kombineer om almal in die land van kos te
verseker.
Landbou gee hoop!
JANNIEDEVILLIERS,
uitvoerende hoofbestuurder/CEO
Een van die sprekers tydens
dieOesdagverrigtinge het na die
2,5% bydrae van landbou tot
die bruto binnelandse produk
(BBP) verwys as die badprop
van ons ekonomie.
STANDPUNT
POINTOFVIEW
GraanSA
1,2,3,4,5 7,8,9,10,11,12,13,14,15,16,...84
Powered by FlippingBook