Background Image
Previous Page  18 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2017

16

I

n Maart vanjaar is daar weer by Graan SA se Kongres gebruik

gemaak van elektroniese stemapparate. Dit het elke afgevaar-

digde die geleentheid gebied om sy stem te laat tel, maar ook

om ‘n gevoel te kry van hoe die graanomgewing lyk.

Kongres het ‘n vol program en dié tegnologie bied aan afgevaar-

digdes die geleentheid om deel te neem en hul opinies te laat hoor.

Die inligting word nie net by Kongres gebruik nie, maar is vir die

bestuur van die organisasie ook belangrik in terme van strategiese

beplanning en sluit ook by die tema van Kongres, naamlik “‘n goeie

roetekaart”, aan.

‘n Paar interessante feite en tendense

Die meerderheid van die afgevaardigdes (

Grafiek 1

) was vanaf die

Vrystaat (41%) en Noordwes Provinsie (23%). Alhoewel Mpuma-

langa ‘n belangrike produksiestreek is, was slegs 13% van die afge-

vaardigdes van daar.

‘n Baie interessante tendens hierdie jaar was dat ‘n groot aantal

jonger produsente Kongres bygewoon het (

Grafiek 2

) – wat aandui

dat jongmense wel nog in georganiseerde

landbou belangstel. Graan SA sien uit

daarna om in die toekoms die jong leiers

spesifiek by Graan SA te verwelkom. In

2016 was slegs 77,1% jonger as 55 jaar. Dit

het egter in 2017 verhoog na 81,6%.

In terme van die drie belangrikste stra-

tegiese temas, naamlik winsgewend-

heid, mense en planeet (

Grafiek 3

) het die

afgevaardigdes bevestig dat die belang-

rikste oorweging om volhoubaar in graan-

produksie is om winsgewend te wees.

Die meerderheid van die afgevaardigdes

(92%) gee dit op ‘n skaal van belangrikheid

‘n tien uit tien. Die natuurlike hulpbronne,

naamlik die planeet, was ook belangrik

en die meerderheid (85%) het dit ‘n punt

van nege uit tien gegee wat volhoubaar-

heid betref.

Om meer spesifiek op winsgewendheid te

fokus, was die mees belangrike verander-

likes volgens Kongres produktiwiteit, inlig-

ting en navorsing (

Grafiek 4

). Dit is ook die

areas waarop Graan SA tans verskerpte

strategiese fokus het en waar ons projekte

en hulpbronne aanwend, soos:

Bewaringslandbou, navorsingsproewe,

kultivar en tegnologie-agent (eindpunt-

tantieme);

statutêre verslagdoening oor invoere

en uitvoere, markinligting, toewyding

van handelaarsverslae; en

navorsingskoördinering en konsortiums.

Wat die mense-afdeling betref, het

Graan SA die afgelope drie jaar baie tyd

aan herstrukturering en die vestiging van eenheid binne

Graan SA, maar ook binne die hele landbou-omgewing, spandeer.

Dit is by Kongres weer eens bevestig dat die afgevaardigdes dít,

sowel as landbou se beeld, as prioriteit beskou. Dit was interessant

om te sien dat die drie fokusareas prioriteitsgewys wel baie

naby aan mekaar is (

Grafiek 5

).

Produsente weet baie goed hoe belangrik natuurlike hulpbronne

vir enige boerdery is en die afgevaardigdes het baie sterk aangedui

dat water ‘n prioriteit bly, met 91% van Kongres wat water ‘n tien

uit tien gegee het. Die afgelope droogtes het net weer die fokus op

die onontbeerlikheid van dié kosbare hulpbron geplaas.

Wat wel kommerwekkend was, is die feit dat slegs 39% van die

afgevaardigdes hul opbrengs meet teenoor 1 mm reën ontvang.

Hopelik kan die nuwe Graan SA-toep produsente die geleentheid

bied om dit makliker te meet.

In terme van ander fokusareas was daar die volgende interessante,

dog belangrike aanduidings:

Produsente het baie sterk aangedui (90%) dat GMO-tegnologie

GRAAN SA

Kongres 2017

DR DIRK STRYDOM,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

– Deel 1

Grafiek 1: Afgevaardigdes vanaf verskillende provinsies.

Grafiek 2: Ouderdom van afgevaardigdes by Kongres.