Background Image
Previous Page  17 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 108 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2017

Spesiale

Vriendskapsbande word by die Oesdag versterk: Giepie Rossouw

(Bothaville), Stoffel Duvenage (Springs), Petru Fourie (navorsingskoör-

dineerder/produksiekoste-analis, Graan SA), Helen Duvenage (Springs),

Georgie Rossouw (Bothaville) en Janine Blaauw (Bothaville).

Johan Breytenbach, Andries Engelbrecht (albei van Ottosdal),

dr Hendrik Smith (bewaringslandboufasiliteerder, Graan SA) en

Hannes Otto (Ottosdal) – gesels by die Oesdag oor bewaringsbewer-

king. Graan SA het vanjaar by die Oesdag veral op bewaringsland-

boutoerusting en -tegnologie gefokus.

Die immergewilde Cheetahs-rugbyspan het oudergewoonte ook ‘n

draai by die ledelokaal gemaak en breed vir die kamera geglimlag

saam met van Graan SA se personeellede.

Lede is op hoogte gehou van die jongste markverwikkelinge met

die vertoning van lewendige Safex-markinligting. Takkels,

Adriaan, Esté, RéMari en Heste-Mari Bester van Vrede het die

Oesdag ook besoek.

15

July 2017

Kyk uit vir nog NAMPO-foto’s in die volgende uitgawe van

SA Graan/Grain

!

Droogtehulpprojek vir Kaapse produsente geloods

M

et die knellende droogte wat veral skaapboere in die

Noord- en Wes-Kaap beleef, het Graan SA op 1 Junie

‘n droogtehulpprojek geloods. Dit volg nadat ‘n groep

produsente in die Hoopstad-omgewing reeds aksies

van stapel gestuur het om mielieskenkings in te samel en na pro-

dusente in nood aan te ry.

“Dit is vir ons baie belangrik dat alle produsente in nood gehelp

moet word, ongeag ras, geslag of lidmaatskap van georganiseerde

landbou,” het mnr Jannie de Villiers (hoof uitvoerende beampte,

Graan SA) gesê. Graan SA het, in samewerking met verskillende

landboubesighede, toegewysde leweringsnommers geregistreer

om skenkings te ontvang. Die leweringsrekenings waarteen sken-

kings gelewer kan word (geen hantering- of storingsfooi), is:

TWK silo

s

: 820993

Suidwes Landbou

: Suidwes Landbou Droogtehulp 0326801

Senwes

: 427504

NWK

: Wes- en Noord-Kaap Droogtehulp – X980422WND

Afgri

: BP: 947183 AR: 330824 FOLIO: 152415 Buyerscode 1732

Vir meer inligting, kontak Graan SA se Hoofkantoor by 086 004

7246.

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA