Background Image
Previous Page  98 / 100 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 98 / 100 Next Page
Page Background

96

Beste Grootneef

b

uurman sê ‘n gebraaide skaaptjop in Gauteng en ‘n

ongebraaide skoolgebou in Limpopo raak nou ewe

skaars. Kyk, dit is nou een ding wat ons klompie in

die Suidland goed kan doen – en dit is om iets aan die

brand te steek. Of dit nou ‘n braaivleisvuur of ‘n skool

is. Dit moet een of ander rekord wees om 23 skole in

een nag af te brand!

In my jong dae was al wat by die skool gebrand het, ons agterente

– veral op ‘n Maandag as die huiswerkies maar halfhartig gedoen

was. Ou Jan Plank Fourie sou nie aan sy skool laat brand het nie!

En kom die ellendige matriekuitslae teen jaareinde, kan niemand

verstaan wat fout gegaan het nie. Ai!

Ou Neef, behalwe dat die jongetjies in

Limpopo dit verkeerd verstaan, sal bring-en-

braai nooit weer dieselfde wees nie. ‘n Bon-

deltjie Bosveldhout raak nou ‘n eksotiese ding

– soos ‘n swart rooibok: Skaars en duur!

Die dorpenaars ry die hele Bosveld leeg en

op elke hoek staan ‘n houtmakelaar met die

handelsmerk, “Sikilbos” – maak nie saak

watse houtjies in die sakkie gepak is nie. Die

kontantmark vir hout beloop so om en by

R17 vir agt stompies, waarvan sommige so

kort gesaag is dat dit eintlik net die sakkie vol

laat lyk. Die resultaat – ten minste twee sak-

kies sekelbos om ‘n paar tjoppies gaar te kry.

Wat nog te praat van ‘n skaaptjoppie op die

kole. Die anderdag sien ek in die dorpslag-

huis vier eensame, maer skaaptjoppies in ‘n

pakkie vir R199/kg! Ek onthou nog hoe my

pa ‘n ou ooi vir R20 uit die hand verkoop het.

Ek wonder wat hy sou sê as hy toe kon weet

dat ‘n pakkie skaaptjops 40 jaar later ‘n hele

trop ooie werd sou wees!

Teen hierdie pryse sal ‘n braaivleisie oor die

kole eersdaags net iets wees wat ons ver-

langs onthou. En waarvan ons die kleinkin-

ders sal vertel – met

Google

-foto’s van hoe

dit gelyk het. ‘n Gebraaide skaaptjop raak nog

in ons tyd ‘n bedreigde spesie.

Dan kla ek nog nie eers oor die pryse van brandewyn nie. Met al

die sondetaks en die vervoerdifferensiaal van die Kaap tot hier in

die noorde, raak dit nou lelik. Dit is nogal die een # wat ek volg:

#brandypricesmustfall

”!

Buurman vertel van sy jongste telg wat anderdag so oor die braai-

vleisvuur ‘n happie van sy brêndie en Coke gaps. Die jongeling se

gesig trek toe op ‘n knop met ‘n “siesa” en ‘n “gagga” wat uitrol.

Buurman gee hom toe terstond ‘n lewensles: “Ja, gaan vertel jou ma.

Sy dink mos dit is lékker om die goed te drink!”

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

‘n Bedreigde spesie

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Julie 2016